Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: dou

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 5 Junie 2020 Aantal woorde: 91 62 Kere gelees Hou van

vroeg aand
is my duin nat
sopnat gedou
fyn mis wat
drup

onder dekking
van die mistigheid
sweef oortjies uil
sag oor fynbos
en skreeu

geplaveide pad
is glad en sopnat
in die gleuwe
groei nuwe
gras lote

snags in my bed
luister ek na die drup
die drup van dou
war vergaar
en afdrup

by die see
is daar min reën
dikwels nat van dou
so saggies benat
dit die veld

vroeë oggende
begin met digte mis
wat alles skilder deur
gefiltreerde lig wat
glinster van dou

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 848
Kommentaar telling: 121

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 61 gaste aanlyn

Bydrae Totale