Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Dood, waar is jou angel? Deur Lynelle Clark

Deur Lynelle
Datum gepubliseer: 11 Julie 2019 Aantal woorde: 1066 115 Kere gelees 2

‘n Oor vertaalde stuk geskryf einde 2015 vir ‘n Londense tydskrif

Dood se angel los geliefdes lam en verslae lank na die afsterwe van ‘n geliefde. Die persoon se teenwoordigheid in die huis ‘n tasbare bewusmaking dat hulle daar was. Die nagte is gewoonlik die ergste. Dit is dan wanneer jy meer bewus is van hulle. Hulle skuil in die donker hoeke maar jy veilig voel, amper eufories.

Die angel is pynlik, dit is onbetwisbaar. Terselfdertyd ook gerusstellend. Dit herinner jou wie daardie persoon was en wat hy of sy vir jou beteken het.

Begrafnisblomme verwelk na ‘n tyd maar die persoon se plek nie. Dit bly by jou lank nadat die persoon weg is. Soos ‘n Monument bly dit staande in jou gemoed. Gebeitel in die kamers van jou geheue. In daardie plekkie waar net jy kan by kom.

Om ‘n geliefde te verloor bring jou eie lewe in perspektief. Dit is dan dat ons met die harde werklikheid moet deel asook die effek daarvan. Niks kan jou nader aan die realiteit van die lewe bring as dood nie. Daardie leë plekkie kan nie gevul word met materiële dinge nie.

Selfs om besig te bly, soos wat baie mense voorstel, neem nie werklik daardie gemis weg nie. Dit hou die gedagtes net tydelik besig en maak dit meer hanteerbaar. Maar die hart weier om te vergeet. Dit is in die stiltes van die nag wat die onthou kom. Dit is dan dat jy melankoliek word, terug dink en diep spore stap in jou gedagtes.

Ons elkeen ontvang die lewe as ‘n geskenk. Reg in die begin van bevrugting het jy die drang om te leef. Dit is diep ins ons gene gewortel en kan net deur dood geblus word.

Die oop graf, veral die van ‘n ouer, lig dit des te meer uit. Dit is dan wanneer jou eie frailty onder die vergrootglas kom en jy weerloos gelaat word. Alleenheid kom nie eers naby die gevoel wat jy dan ervaar nie. Dit meng met elke weefsel van jou lewe en jy voel verwyderd van die alledaagse bestaan.

Die belangrikheid van ‘n moeder kom skerp na vore in haar heengaan. Jy waardeer haar dan eers, lank nadat sy haar laaste asem uitgeblaas het. Daar is niemand wat soveel omgee vir jou soos jou ma nie. Haar liefde en onbaatsugtigheid plaas haar op ‘n hoër platform as enige ander mens. Soos ‘n pilaar staan sy, sterk en onwrikbaar in jou lewe. Sy bkoester en beskerm jou. Sy leer jou van die lewe en gee jou liefde wanneer die lewe jou ‘n wang draai. Sy is te ware jou buffer teen die koue aanslae daarbuite.

Wanneer sy weg is, voel jy alleen, kwesbaar en verwyder van alles om jou. Maak nie saak hoe besig jy is nie jou hart bly verlang en sit vas soos steekgras. Daar, in jou binneste, waar jy introspeksie doen in stilte. Als om jou verloor hul glans en betekenis. Jou ervaring van die lewe verander.

Nou waardeer jy die klein dingetjies meer. Soos die lag van ‘n nuutgebore baba. Die hand van vriendskap wat na jou uitgesteek word. Jy is meer bewus van mense se probleme en is bewus van hulle nietigheid. Dit is dan wat jy besef jy kan nie alleen bly nie. Jy is afhanklik van mense. Dit is ‘n helder gewaarwording wat jou verlig van binne.

Die dood is ‘n alledaagse gebeurtenis maar ons praat nooit daaroor nie. Nie totdat ons met dit gekronfronteer word nie.

Wanneer sterfte met ander mense gebeur dan raak dit jou nie so erg nie. Dit is dan wanneer ons wys is en dink ons weet al die antwoorde. Maar besef nie hoe daardie woorde vir agterblywendes klink nie. Ons stap eenvoudig weg sonder die vaagste benul watter dolke ons gelos het.

Dit is eers wanneer die dood aan jou eie deur klop dat realiteit insink. Dan verander jou perspektief. Jy gaan deur die emosies van verlies en alleenheid in die wete dat dood sy merk gelos het. Wanneer die graf toegegooi word moet jy aangaan en die emosies verwerk. Jy moet balans vind voor jou as finaal kantel. Dit is dan wanneer ‘n mens dit heeltemal kan verloor en jy in ‘n put van depressive kan verval.

Dood is bevrydend, veral vir ‘n persoon wat in knaende pyn verkeer het. ‘n Pyn wat niemand kon verlig nie. Pyn is ‘n stille martelaar wat ‘n persoon afbreek. Nie net liggaamlik nie, maar ook emosioneel. Selfs verstandelik ly die persoon. So ‘n persoon verloor dan die spel en die houvas op die lewe. Hulle kwyn weg en leer om te cope; ook maar net net. Hulle verloor hul statigheid en waarde in hierdie stryd. ‘n Stryd wat alles oorskadu.

Om te sien hoe ‘n geliefde deur so ‘n worstelinge gaan skuur jou eie onvermoë tot dun papier. Jy voel magteloos. Daarna wonder jy of jy nie meer kon gedoen het nie. Dit kla jou aan en jy is ongebalanseerd.

Jou gedagtes is daagliks met die persoon. Daar is tye wat jy wil uitroep na hulle toe. Dit is in die stilswye wat jy besef dat daar geen antwoord sal wees nie.

Nou is jy alleen. Nou moet jy jou eie pad na die kas vind, veral wanneer jy iets soek. Jou ma is nou op ‘n ander plek wat nie meer omgee oor die suiker en kos nie. Sy is nou in ‘n plek waar dit pynloos en vredevol is. Dan vee jy die verdwaalde traan af met ‘n glimlag omdat jy weet sy is beter af waar sy nou is.

Daardie wete is jou troos. Jy vind dan jou voete en beweeg aan. Dit gebeur so skielik, soos ‘n verligtende flits wat sy ligstraal oor jou skyn. Die dood word nou beskou as ‘n trappie. Dit het haar opgelig, bo die tydelike op ‘n hoër vlak. Die ewige lewe waar geen pyn meer is nie. ‘n Vrede wat haar nou omvou soos ‘n mantel met teerheid.

Dan besef jy dat die dood se angel ‘n berusting is. En die kriewel van verlange wat jy dan ervaar is haar voetspore wat sy agter gelaat het in jou. Dit los ‘n goue draad wat jy volg sonder moeite.

Dit is dan wat jy met bravado kan vra: “Dood, waar is jou angel?”
©Lynelle Clark 2019

In tere herinnering aan my moeder:
Engela Helena Engelbrecht
May 22, 1944 – September 04, 2015




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 65
Kommentaar telling: 12

Ek het my eerste boek in 2012 gepubliseer en my tweede in 2014. Ek hou van nuwe uitdagings en is gereeld besig om my skryfkuns te beoefen. Ek is woonagtig in Alberton, Gauteng.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 50 gaste aanlyn

Bydrae Totale