Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: donkerblou gedagtes (brons)

Deur Marlene Erasmus
Datum gepubliseer: 27 Mei 2020 Aantal woorde: 120 50 Kere gelees 2

donkerblou gedagtes

met ʼn edele enkelgedagte dink ek aan jou
aan al die dinge wat ons nog wil en wou doen
dan trek die heimwee deur my so donkerblou
eensklaps bevind ons ons in snaakse seisoen

ʼn vae vrees vir virus so onbekend eis sy tol
maatreëls van inperking nou nuwe norm
die dodetal wat styg soos branders wat rol
paniek en verlies van inkomste aan die vorm

ek wens dat ek toe geweet het wat ek nou weet
dat ons tye kosbaar sou koester en kweek
vriende wat saam vergader en geluk meet
die samesyn wat nou woordeloos ontbreek

Vader – gee dat ons ook in hierdie tyd bly glo
ons hulp en krag kom verseker net van Bo …

©Marlene Erasmus
25/05/2020




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    28 Mei 2020

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2020 – Ek wens dat ek … projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 43
Kommentaar telling: 4

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 71 gaste aanlyn

Bydrae Totale