Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: DONKER PLEK

Deur VlooiBoynton
Datum gepubliseer: 5 Desember 2018 Aantal woorde: 351 18 Kere gelees 1

my hart is ʼn donker plek vol onrus
jy was veronderstel om net ʼn ma vir ons te wees
ʼn diep nag leeg, alleen en vol leë beloftes
het jy uitgestap en ons net so gelos
jy het die besluit gemaak
dat van jou vriende op sosiale media meer werd as jou gesin is
jy het besluit om ons alleen te los
sonder worstel of twyfel het jy net aan jouself gedink
sonder om te wonder hoe dit met ons gesin gaan mors
en wat die prys van liefde gaan kos

jy het die as van die reën in ons gesin se menswees daai dag begrawe
my gelos ek staan alleen, en smeek help my Hemelvader
met een voet in die dryfsand en die ander wat probeer om balans te vind
en in my hart weet ek Hy kan nie want al wat ek is toe jy uitstap
is ʼn verlore kind van die wind, wat probeer antwoorde vind
wat vingeralleen voel, benoud en swaar skielik skeur hierdie mens in my middeldeur
die eenvoud laat my koud jou onskuld bewys
‘n mors van my tyd in die stryd verinneweer, verlep en verskeur
die impulsiewe negatiwiteit en nou wil jy neer gee my koud laat jou spyt

maar het nou my eie gesin waaraan ek vashou
en om te weet dat ʼn ma veronderstel is om almal bymekaar te hou
maak die seer nie so swaar om saam my te dra
want op die einde van die dag maak dit my ʼn goeie ma

as ek kon kies sou ek niks besluit
ek sou dit kies sonder om my oë toe te knyp
en hier is ek gebreekte siel onvoltooid
my mens wees smeek ek myself hier uit,
uit hierdie storie uitgeskryf

dit was moeilik maar ek het geleer om jou te ignoreer
ons veg om oorlewing en bewys ons bestaan
ek het al oor en oor probeer, maar al wat jy ken is sleg, en seer
en jy maak seker as jy wegstap jy het voltooi in jou taak
dan sit dit vas soos dit was die onoorspronklikheid nes afgeleide selfverwyt

——-ooo000ooo——-

(© Kopiereg: Vlooi Boynton)




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. Anze

      Desember 5, 2018

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2018 projek

    2. VlooiBoynton

      Desember 5, 2018

      Dankie vir die geleentheid om deel te wees, en baie dankie vir die tyd wat in gesit is om my werk te lees.
      Dit word hoog op prys gestel.

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 13
    Kommentaar telling: 13

    Ek bedryf my lewe intuïtief, en het dadelik geweet ek moet my gedagtes in gedigte toonset Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Mag ons nog lekker saam lag en huil

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 44 gaste aanlyn

    Bydrae Totale