Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: DONDERSTORM

Deur Paula Paxton
Datum gepubliseer: 13 September 2019 Aantal woorde: 83 85 Kere gelees 2

Vanaf die horison, waar lyne verduister
bou hy geleidelik sy magtige fors.
Vul hy sy krop geluidloos, stil,
om te herkou met rype tyd.
.
Val hy aan met grou diep donker,
silver swaard in hand blits hy oorheersend neer.
Gerammel kom hy aangejae
gesyl op maat van wind se rug.
.
Lek sy waansin
van vraatsig
uit volgepropde wolk,
drup drup op droë aard neer.
.
Skeur die swanger vrug
met magtige kraak
en stort neer in trane,
waters wat weer vervulling bring.
PAULA PAXTON©




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 74
Kommentaar telling: 4

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 94 gaste aanlyn

Bydrae Totale