Titel: Domein
Deur Driekie
storms in die lewe
laat my blindelings rondtas
wanneer als uitrafel
en leed my siel belas
dan kleim ek my domein
perk my grense in
roep hulpsoekend na bo
vir uitkoms
vir ʼn nuwe begin
©Driekie Grobler (2020)
TEMAS
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2020 – OOP-projek