Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: DOGTERTJIEMENSE IS ANDERSTERS

Deur GhwarriegatQueen
Datum gepubliseer: 11 Februarie 2020 Aantal woorde: 742 117 Kere gelees 5

DOGTERTJIEMENSE IS ASPRIS ANDERSTERS
Ter versagting kan ek darem sê dat die meeste van julle noual weet dat my hart baie wise-ass is en dat my vrouweesgemaak honor bright baie cheeky is; en dat my kop nie loop daar waar ‘n voetpad alreeds oopgetrap is nie.
Ek was van klein dogtertjiegewees al agterstevoor-om en het anders oor dinge gevoel en dinge anders gedoen as ander normale kinders. Dis waarom ek seker is my mams het skoonskip gemaak van al wat Hemeltrofee of medalje is – verlang na jou, mamma. En die dogtertjie het net so ‘n anderster-om en onortedokse groot dogtertjie geword….Jaag vanoggend se vroeg-teedrinkery (waar daar tee is is daar hoop) my toilet toe; enne terwyl ek piepie kan ek nie help om te onthou hoe die klein dogtertjie-ekke die hele-ganske misterie ontrafel het van waarom my Hero dogtertjiemense anderster as seuntjiemense gemaak het. Hy’t dit eers aspris gedoen – cause why omdat en oordat Hy ‘n paar desertlepels (en per dalks nog so ‘n halwe skeutjie) liewer is vir dogtertjiemense. En oordat ‘n dogtertjiemens ‘n stukkie van Sy hart is wat buite rondloop. Is eers waar. Honor bright; ek jok nie – kyk: al 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 vingers.
Kyk, ekke praat al van kleintyd af van ‘n vagina as ‘n piepiegaatjie – eintlik is ek rêrig vertraag; want ek praat vandag nog steeds so. 😀Maar sien; nê, Hero het vir ‘n dogtertjiemens ‘n piepiegaatjie gegee sodat sy altyd se ewig moet onthou van die gaatjies wat daai kroekouens in Sy hande en voete gekap het omdat Hy eers die liewerste lief gewas het vir haar en nie wou gehad het elcheappo moet haar in sy gatsak kom druk nie. Maar dat sy moet Hemel toe gaan.
Enne toe ek vir die eerstekeer agtergekom het dat piepie rêrig-êrig geel is, het dit my vreeslikbaie laat wonder. Cause why omdat en oordat dit kon mos groen of pers of oranje gewees het; waarom juis geel? En toe onthou ekke: My Hero se huis se strate is mos van goud en goud is mos geel. EN Sy Hart is van suiwerste goud, so….So; nê, wanneer Hy met mens dans of jou ‘n drukkie gee of jou hooooooog in die lug opgooi sodat jy amper kestamper jou kop teen ‘n wolkie (partykere ‘n sterretjie) stamp; dan skaaf daai goud aan jou af en; en dis waarom en hoekom piepie eers geel is. Daarom – oor die strate en oor Sy Hart.
En Hy’t vir dogtertjiemense aspris tieties gegee – sodat hulle altyd kan onthou van Sy spesiale berge: Sinai en Horeb.
En ‘n dogtertjiemens se neus moet haar altyd se altyd laat dink aan daai plek wat hulle die Skedelkopplek genoem het, oordat dit is waar Hy aspris vir haar doodgegaan het.
En; haar sagte oë moet haar altyd herinner dat Hy altyd vir haar hart, siel en gees en lyf sal water gee as sy dors het. Is! Hy sal tog eers….Die een oog moet haar herinner aan daai put met die naam van El Roi (Die God wat sien); toe Abraham vir Hagar en Ismael eers weggejaag het die woestyn is en hulle sou morsdood gegaan het as Hy nie net daar ‘n waterput gemaak het nie. Is, ek jok nie – jy kan maar self gaan lees. En die ander oog moet haar laat onthou van daai put waar Hy vir die Samaritaanse vrou met die eina in haar hart lewendegewende water geskep het. En sy oralster van Hom gaan getuig het.
En ‘n dogtertjiemens se hare is sagter en beterder as ‘n seunskindmens s’n – oordat en omdat dit Hom altyd sal laat onthou van Sy liefling-kombersie toe Hy nog ‘n klein seuntjiekind op aarde gewas het. Daai kombersie het Hom altyd veilig laat voel en aan die Hemel laat dink……enne daai kombersie het nooit-ooit, nimmerimmer enige gatjies ingeval nie – nie eers toe Hy al klaar groot gewas en terug gewas het by my Meneer in die Hemel nie. Sien, dis waarom seuntjiemense bles word en gate in hulle hare kry en dogtertjiemense tog nie.
EN dis waarom ek altyd my vrouweesgemaak sal celebrate (al is die pligte en plesiere en einas van vrouwees soms bietjie erg) en altyd dankbaar sal wees dat my Hero dogtertjiemense aspris anderster gemaak het as seuntjiemense.
Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en mag jou wees vandag geanker wees binne-in die sloep van Sy omgee.
©Liza Daniells




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Anze

    11 Februarie 2020

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2020 Limeriek projek

  2. GhwarriegatQueen

    12 Februarie 2020

    Sterretjiebaie se baie dankie, waardeer jou stilstaan en saamlees honor bright baie. Hoop nie ekt verkeerd geplaas nie; was nie bewus van die limeriek projek nie – wil nie my naam 2sent maak nie 😊 Mag passie drentel in die mistieka van Sy volmaakte Wees, laf joe ☕🌹💝

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 78
Kommentaar telling: 24

Vergun my net so n skeutjie se agtergrond; seblief - Ek sal dit kort hou. Ek was vir 26 jaar (van ouderdom 8 jaar) vasgevang in prostitusie, delms, satanisme; ens. Ek sal jou nie opsaal met die detail nie. Ek is nou al 21 jaar deur God se genade vrygemaak van daai boeie van die verlede; maar ek ervaar steeds baie vervolging en verwerping van kerk en Establishment. En - verloor om n laaang storie kort te maak, ek het net mooi ALS - letterlik en figuurlik verloor. Hoeveel maal in die winter moes ek fisies op straat slaap; enne is nou een keer gegangrape......nou sit ek met serviks kanker. Maar dis nie die punt nie. Nie nou nie, in elk geval. Ek wil nie chemo of n hospitaalbed he nie. Ek wil weer die seesand onder my voete voel; die see sien. Ek is onherroeplik mal vir die see; vir mooi, ou Kaapland. Ek wil waag om te glo in die gebeur van n wonderwerk. Weer geluk vind; liefde. Ek wil LEWE!!!

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 28 gaste aanlyn

Bydrae Totale