Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Dit Roer in my Hart

Deur Amazon
Datum gepubliseer: 18 Augustus 2019 Aantal woorde: 418 52 Kere gelees 1

sagkens voel ek die trane
wanneer een voor my staan
en jy sien die hart se ruk
met ‘n stem wat breek
en jy weet hierdie mens
se seer lê dieper as wat jy dink

jy beleef jou eie seer van die verlede
reeds lankal verby verwerk in vrede
en vra jouself af in jou binneste
hoekom doen mense dit met mekaar
jou hande is werklikwaar afgekap
want rus en vrede is daar

ondervinding was die beste voorraad
getrou was my Skepper se antwoord
net een klein haakplekkie “jou gemoed”
en dit roer in my hart, jou verstaan
is nie my verstaan, van kalm wees
waar God sê ek is hier vir jou

jy staan hier voor my en ek word stom
‘n drukkie help meskien vir nou
maar daardie alleen wees met die seer
dit is wat knaag diep binne in jou siel
ek weet, ek was daar, diep alleen
terwyl daar tog mense aan my voete was

wanneer liefde in jou gesig gegooi word
terwyl alles in jou vermoë gedoen is
en keer op keer, en oor en oor
die seerkry moet herleef deur mense
jou selfbeheersing raak op
geduld word getoets aan die maatstaf

dit ruk aan jou siel wanneer ander se geluk
voor jou verbygaan en eensaamheid
vreet jou op van binne en buite
ek beleef jou siel en ek verstaan
terwyl ek weet, jy verstaan nie
die vrede wat ek raak geloop het nie

besef ek weereens elke mens
se diepste seerkry, is net jouself
gee jouself vir God Hy wil jou help
niemand kan die pyn vir jou dra
soos God alleen dit vir jou kan dra nie
vrede in my seerkry is by God gevind

dit roer in my hart, want jou verstaan
is nie my verstaan van God se verstaan nie
en huil my siel saam met jou
want hoe dra ek dit oor aan jou
dat God wel verstaan sonder dat jy dink
dat ek dalk deur my nek praat

ek verstaan dit want ek verstaan jou seer
God is in beheer, jou pad wat jy stap
roer in my siel want hier binne weet ek
Jesus het daardie pad gestap aan die kruis
en word Sy kruis, nou ook jou kruis
om te kies tussen mens en God

Ek het God gekies,
en my vrede lê in Jesus nou
daarom roer dit in my hart
nog ‘n kind is geraak
om Jesus te ontmoet
in jou seerste seer..

weet ek, Hy het jou baie lief.

©Louisa van Vliet




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 110
Kommentaar telling: 26

Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 102 gaste aanlyn

Bydrae Totale