Dis tyd
ek wens ek het nooit gewens
ek wens om op te hou wens
lewe is wreed
toon geen genade
ek wil nie meer wens nie
al my wense is sinneloos
wense steel my tyd
wense maak my blind
ek moet vat wat ek kry
sake hanteer soos grootmense
ek kan nie die wêreld
in ‘n beter plek wens nie
om te wens is verby
ek wens niks
realiteitskok
maar dis tyd om te hoop
©Roeline van Schalkwyk
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.