Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Digter

Deur Koos Elsum
Datum gepubliseer: 12 Januarie 2021 Aantal woorde: 44 16 Kere gelees 1

in die kreukels van my kop
onverwoord of verwerk
dwaal beelde.

in die voue van my maag
grom onverwoord
biltong emosies.

in die hart van my pen
krul en gly strepies
swart woorde.

dan skielik sonder wag
land dit alles
op papier.

© Koos Elsum




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 497
Kommentaar telling: 80

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 87 gaste aanlyn

Bydrae Totale