Jongste aktiwiteit:

Die yo-yo man

Yo-yo speel jy met dié vrou
Yo-yo speel jy met jou God
Breek jy elke tien-gebod
Dryf jy met al wat vrou is spot
Jy sê jy’t baie liefde
Maar die soet-stroop-suiker uit jou mond
Breek elke Godsverbond
Soos jou woordjies slinks laat glo
Jy is gestuur van bo
Hoe jammer is ek oor dit als
Vir jou die yo-yo man so vals
Want ek is jou verlies, nie jy myne
Ek is uitverkies, ek is Syne
Wat is jy behalwe die vrot druif
Waaruit Sy wyn nie kan vloei
Jy sê jy is die een
Geskroei deur die vrou
Maar jou verskonings is so flou
Vir elke vrou se bloei
Mag jy altyd onthou
Van elke vrou wat jou het vertrou
En mag dit jou die yo-yo man
Tot God se voete laat val
Wanneer Satan jou sy yo-yo maak…




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed