Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: DIE WINkENDE DOOD HFSTK 6

Deur neels
Datum gepubliseer: 15 April 2016 Aantal woorde: 1547 870 Kere gelees 9

Sondagoggend doen Catherine baie moeite met haar voorkoms en trek sy n keurige swart baadjiepak aan om saam met Jaap kerk toe te gaan. Sy kies haar juwele met oorleg en beskou sy haarself met genoegdoening in die spieël toe sy die klop aan die voordeur hoor.

Voor die deur staan Jaap. Hulle groet mekaar en kom sy dadelik uit om saam met hom te gaan. Al geselsend stap hulle saam af na die motors onder die gebou om in Jaap se Mercedes te klim. Ewe galant hou hy die deur vir haar oop om in te klim en stap hy om om self in te klim. Hy trek sy motor uit en is hulle oppad kerk toe.

Catherine luister aandagtig na die preek maar is sy ook heeltyd intens bewus van Jaap langs haar. Dit is al of die man vlinders in haar maag veroorsaak wat sy nie wil erken nie. Sy vervies haar naderhand vir haarself maar liefde is n snaakse ding en toe hulle by die huis kom met sy erken dat sy verlief is. Sy gaan trek gou ander klere aan en is net betyds klaar toe Jaap weer terug is, geklee in n kort broek en n oopnekhemp. Al geselsend begin hulle saam kos maak en is dit vir Catherine net n plesier om Jaap by haar te hê. Na ete help hy haar met die skottel goed en gaan kuier hulle verder in die sitkamer en luister na n laserskyf wat Jaap saamgebring het.

Die musiek voer Catherine weg en dit is toe dit haar byval dat sy Dalene nog nie met n oog gesien het nie. Sy is dadelik bekommerd en vra dat Jaap haar net n paar oomblikke moet verskoon, sy wil gou gaan kyk of Dalene nog reg is en nie iets oorgekom het nie.

Sy klop aan Dalene se deur en moet n rukkie wag tot Dalene die deur oopmaak. Catherine skrik toe sy Dalene sien. Haar oë is verwilderd en sy bewe. Toe Catherine haar vra of sy reg is knik sy haar kop en draai om terwyl sy die deur toe stoot, duidelik is Catherine nie welkom nie en gaan Catherine terug.

Op Jaap se vraag anwoord sy: “Ek is bekommerd oor Dalene. Sy was duidelik nou verwilderd en baie senuweeagtig. Sy het op my vraag of sy reg is net haar kop geknik en weer die deur toegestoot. Jaap sy is onder die invloed van n sterk dwelmmiddel”.
Jaap antwoord haar: “Sy gaan haarself vernietig met die dwelms. Sy kan nie so aangaan nie. Ons bly nou al n jaar hier langs mekaar en ek kom agter dat sy nie net dagga en ander goed rook nie. Sy gebruik naweke sterker dwelms ook maar sy gaan in die week ook daarmee begin. Ek word koud vir haar part oor wat sal gebeur as dit haar werk begin benadeel”.

Dit is toe Catherine besluit om haar storie vir Jaap te vertel. Sy vertel Jaap alles en wat aanleiding gegee het tot haar dwelm verslaafdheid en hoe sy uitgevang is.

Jaap swyg n rukkie en toe antwoord hy haar: “Catherine jy is so n mooi meisie. Jy moet nie weer aan dwelms verslaaf raak nie. As jy voel die drang begin jou baasraak kom dadelik na my toe. Ek sal jou help net waar ek kan, dit belowe ek jou. Jy is nog nie so ver heen dat jy jouself nie meer kan help nie. Die grootste oorwinning het jy alreeds behaal deur te erken dat jy n probleem het en bereid is om iets daaraan te doen”.

Catherine kyk hom dankbaar aan en verseker hom dat sy na hom toe sal kom as dinge te veel raak vir haar want sy voel veilig by Jaap. Toe Jaap later die middag groet wens sy hy wil langer bly maar wil sy haarself nie te veel opdring nie en laat sy hom gaan.

Hy is net weg toe sy omstap na Dalene toe want sy is bekommerd oor Dalene. Op haar klop maak Dalene oop en nooi haar in. Sy is weer haar ouself en gaan maak sy vir hulle koffie. Toe hulle in die sitkamer gaan sit merk Catherine op: “Ek was baie bekommerd oor jou. Toe ek vroeër vandag hier was om te kom hoor wat jy doen was jy so anders. Jy het net die deur oopgemaak en toe ek jou vra of jy reg is het jy net jou kop geknik en die deur weer toegemaak asof jy nie met my wil praat nie”.

Dalene lyk uiters verbaas toe sy antwoord: “Ek weet niks daarvan nie. Was seker maar bietjie deur die blare”.

Catherine kan nie glo wat sy hoor nie, duidelik het Dalene vergeet dat sy daar was want sy was baie sterk onder die invloed van een of ander dwelm. Catherine besef dat sy met Dalene sal moet praat maar laat dit eers daar, sy moet eers gaan dink hoe sy Dalene gaan benader. Dalk moet sy Jaap se raad ook vra.

Haar kans om eers met Jaap te gesels kry sy Vrydagaand toe Dalene se vriend by haar is. Catherine besluit sy gaan haarself nooi om bietjie by Jaap te gaan kuier en doen sy weer moeite om op haar beste te lyk voor sy omstap na hom toe met die hoop dat hy dit nie as voorbarig sal beskou dat sy na hom toe kom vir die aand nie.

Toe sy klop maak hy dadelik die deur oop en kan sy op sy gesig sien dat hy werklik verras is en nooi hy haar in met: “Jy sal my nie glo nie maar ek was nou net oppad daar na jou toe en hier verras jy my met n kuiertjie. Ek is n bevoorregte man vanaand”.
Catherine bloos bloedrooi en stap in om saam met Jaap in die sitkamer te gaan sit.

Dit is nie lank nie of Jaap vra vir haar hoe dit met haar stryd teen die dwelms gaan. Sy kan met n eerlike oop gemoed antwoord dat sy besig is om te wen. Sy gebruik nie meer dwelms nie en is dit net die onttrekkins simptomes wat soms nog daar is Sy is egter baie bekommerd oor Dalene wat nog steeds haar dagga/mandrax sigarette rook. Sy vertel ook vir Jaap dat dit vir haar wil voorkom of Dalene besig is om agteruit te gaan en dat sy voel dat sy met Dalene moet praat maar sy weet nie hoe om Dalene te benader nie.

Jaap se antwoord is dat Catherine haar kans baie goed sal moet afwag. Dit sal nie help om met haar te praat as sy sy onder die invloed is nie. Sy sal dit nie inneem nie en kan sy dalk agressief raak want dwelms het die neiging om mens agressief te laat raak.

Catherine en Jaap kuier die aand weer heerlik saam en vir Catherine voel dit of Jaap al dieper in haar hart inkruip. Jaap het n dvd wat hy die aand vir hulle wys en sit Catherine langs hom op die bank terwyl hulle die dvd kyk. Catherine is intens bewus van sy nabyheid en wens sy dat die aand nooit omgaan nie maar gaan slaap later die nag in haar woonstel met n verliefde hart.

Catherine is die volgende dag hele dag besig in haar woonstel en word sy die middag verras met n besoek van Jaap net toe sy die materiaal vir die rok wil begin sny. Sy is net in n oorjas geklee en maak sy eers vir hulle koffie voordat sy aangaan met die snywerk. Op haar vraag wat hom daar uitwaai antwoord hy: “Ek het gesien dat Dalene vanoggend alleen stad toe is en was maar net bietjie bekommerd dat daar dalk iets verkeerd is met jou”.

Catherine antwoord hom: “Nee wat ek het woonstel skoongemaak, wasgoed gewas en ek gaan nou hierdie materiaal sny vir n rok wat ek Maandag moet maak vir n werksopdrag”.

Jaap gaan sit in n stoel en Catherine is op haar knieë op die mat om die materiaal te begin sny. Toe sy klaar is gaan sit sy met n : “So ja ek is klaar, Maandag aanmekaar werk en kan ons bietjie kuier”.

Met die klop Dalene aan haar deur om te kom vra of Catherine die aand saam met haar wil uitgaan. Catherine wys die aanbod van die hand met die verskoning dat sy werk het.

Dit is toe Dalene weg is wat Jaap opstaan om te loop: “Laat ek gaan, ek wil nie die meisie uit die werk uit hou nie want dan kry sal Maandag raas as haar werk nie gedoen is nie”.

Catherine glimlag toe sy antwoord: “Dit was sommer n verskoning. Ek wil nie saam met haar na haar wilde kuierplekke te gaan nie. Sy sal wil drink en van my verwag om saam te drink en ek is nie lus daarvoor nie. Dit wakker net die drang na dwelms aan en ek het myself voorgeneem nooit weer nie. Eenkeer deur daardie hel van onttrekking was genoeg, ek sien nie weer kans om deur daardie hel te gaan nie”.

Jaap kyk haar lank aan en antwoord dan: “Ek is trots op jou Catherine, kom ek en jy gaan eet uit vanaand”.




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Anze

    15 April 2016

    Neels hierdie verhaal is en bly boeiend… heerlik gelees

  2. neels

    15 April 2016

    Baie dankie Anze waardeer opreg

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 214
Kommentaar telling: 1107

Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 139 gaste aanlyn

Bydrae Totale