Jongste aktiwiteit:

DIE WEERWRAAK MOORD HFSTK 3

HOOFSTUK 3

Langs die Vaaldam het dit vroeg oggend begin reën en besluit die hengelaars om op te pak en huis toe te gaan toe dit heeltemal lig word en hulle sien dat die lug swaar bewolk is en die blitse begin slaan. Papnat klim Herman ook in sy bakkie nadat hy sy hengelgereedskap opgelaai het en begin huiswaarts keer. Dit reën hard en neem dit hom n rukkie om by die huis te kom in die swaar oggend verkeer.

Toe hy nege uur by die huis kom en sy bakkie in die motorhuis trek is hy verbaas om te sien dat Irene se Jetta nie in die motorhuis is nie. Hy skakel die alarmstelsel af en gaan in die huis in, onder die indruk dat sy dalk net gou supermark toe is. In haar kamer sien hy die bed is netjies opgemaak met haar skootrekenaar op die bed. Toe hy in die kamer rondkyk kom hy stadig tot die besef dat sy nie by die huis geslaap het nie. Van haar goed wat altyd op die spieëlkas staan is nie daar nie en toe hy in die stort kyk sien hy die stort is droog, sy het dus ook nie vanoggend gestort nie.

Sy oog vang haar skootrekenaar op die bed en maak hy dit oop om die boodskappe aan Armand te ontdek.
Hy begin teruggaan op haar boodskappe aan Armand en dan begin die woede op hom toesak toe hy besef dat sy vrou n minnaar het en dat hulle saam is.

Vir n paar oomblikke weet hy nie wat om te doen nie maar dan besluit hy om haar in te wag as sy huis toe kom en haar dan te konfontreer. Hy gaan kombuis toe en maak vir hom n koppie koffie terwyl hy die situasie oordink.

Aan die een kant voel hy skuldig omdat hulle nooit meer seksueel verkeer het nie en hy weet die fout is by hom, impotensie. Hy was nog altyd te skaam om die te erken en hulp te kry maar aan die anderkant voel hy dit het Irene nie die reg gegee om n minnaar aan te skaf nie

Nadat hy sy koffie gedrink het gaan hy motorhuis toe om sy hengelgereedskap aft e laai en dan vir Irene te wag.

……………..

Alhoewel hy niks kan doen nie is Armand nie tevrede met Irene se houding nie. Hy besluit om die onderwerp wat hom lankal pla nou aan te roer: “Irene ons kan nie so aangaan nie. Ek wil jou hê en gaan my vrou skei. Skei jou man dat ons altyd saam kan wees”.

Irene is besig om haar kamerjas aan te trek en slaan Armand se woorde haar soos n vuishou. Sy draai om en kyk vir Armand: “Vergeet dit Armand. Daar is nie n manier hoe ek alles wat ek het gaan opoffer ter wille van n egskeiding nie. Dit sal in elk geval my loopbaan ernstig benadeel as ek Herman moet skei. Ek het ook my oog op Maryna Vosloo se pos wat binnekort aftree en n egskeiding sal my aansoek vir haar po ernstig benadeel”.

Armand raak heftig: “Irene as jy my lief het sal ons dit doen maar ek gaan nie langer so aan nie. Jy moet n besluit neem en ek stel jou nou voor n keuse, of ons skei of dit is die einde van ons pad saam”.

“Vergeet dit Armand en as dit die einde van ons paadjie is dan is dit nou maar so. Ek sê weer, ek gaan nie alles opoffer nie. Jy is in elk geval tien jaar jonger as ek en dit was goed om jou as lover te hê maar as lewensmaat nee”,
antwoord Irene met n harder stem as wat goed is.

“Met ander woorde Irene jy het nog al die tyd net misbruik gemaak van my. Jy is natuurlik nou moeg vir my en wil aanbeweeg na jou volgende lover toe”, antwoord Armand net so heftig terug.

“Ek gaan nou stort, aantrek en ry huis toe Armand. Ek is nie lus vir n rusie nie en as jy so daaroor voel dan moet jy maar so daaroor voel. Dan is dit nou die einde van ons paadjie saam”, en met die woorde verdwyn Irene in die stort. Sy hoor net Armand agterna skree: “Hiervoor sal ek jou kry. Hy sal jou ook nie kry nie”.

Wat hulle nie weet nie is dat Rosie Cronje toevallig in die gang af gekom het en verbaas vasgesteek het toe sy die rusie hoor. Sy hoor feitlik die hele rusie maar toe dit stil raak beweeg sy aan.

Toe Irene uit die stort uit kom is Armand nie in die kamer nie. Sy trek haastig aan en sonder om te grimeer gryp sy haar tas en gee pad uit die kamer uit. Sy gaan by Rosie verby sonder om te groet en staar Rosie haar verbaas agterna.

Armand het n draai gaan loop om af te koel en toe hy terug kom is Irene reeds weg. Woedend gaan stort hy, trek aan en gooi sy klere ook in sy tas nadat hy aangetrek het. Net voor hy die kamer verlaat stuur hy vir Irene n boodskap: “Jy gaan nie wegkom hiermee nie. So laat ek my nie verkleineer nie”.

Irene hoor die boodskap deurkom maar die verkeer is swaar en dit het met mening begin reën. Sy kan dus nie haar aandag van die pad afhaal om die boodskap te lees nie en vergeet sy naderhand die boodskap.

Sy kom eers tien uur by die huis en toe sy in die motorhuis intrek en Herman se bakkie in die motorhuis sien sak haar moed dadelik. Haar gedagtes begin jaag om n verskoning uit te dink en sit sy n hele rukkie in die motor in die motorhuis voordat sy uitklim en in die huis ingaan met die wete dat hier nou moeilikheid is. Sy kan nie sê dat sy by een van die kinders of n vriendin gaan oorslaap het nie want dan gaan Herman hulle bel om te hoor of dit so is en haar uitvang.

Sy loop Herman in haar kamer raak waar hy met haar rekenaar sit. Die manier wat hy opkyk en haar aankyk laat haar dadelik tot die besef kom dat hy haar boodskappe aan Armand gelees het wat sy nooit uitgevee het nie.

Sonder om n woord te sê draai hy die skoot rekenaar na haar toe en kyk haar beskuldigend aan.

“Ek wag op jou kommentaar oor wat hier aan die gang is. Duidelik het jy n minnaar aangeskaf”, kom dit ysig van sy kant af.

Irene besef dat sy uitgevang is en gaan tot die aanval oor: “Jy is die een wat my daartoe gedryf het Herman. Jy is die een wat jou van my onttrek het en toe ek met jou daaroor wou praat het jy net eenvoudig in jou eie kamer ingetrek en nou wil jy my kom verwyt. Wat het jy van my verwag. Jy weet ek is n warm vrou Herman”.

Herman word wit van woede toe hy antwoord: “Dit het jou geen reg gegee om n minaar aan te skaf nie. Vrou in jou posisie, dit is mos ongehoord. Jy is mos nou besig om alles op die spel te plaas, jou huwelik, jou werk, alles wat ons hier het, die kinders alles, en dit terwille van skelm seks met n minnaar. Hoe lank gaan dit nou al aan Irene”.

Irene swyg en kyk Herman net aan maar antwoord later: “Seker so drie maande maar ek het die verhouding gestop vanoggend. Herman ek is jammer maar ek belowe jou nooit weer nie”.

Irene bars in trane uit en gaan bitterlik aan die huil. Herman kyk haar net aan en klap die rekenaar toe voordat hy die kamer uitloop met die rekenaar onder sy arm met die woorde: “Hier gaan ek dit nie los nie Irene, ek gaan jou wêreldjie vir jou hoog in die lug inblaas sodat dit ontplof soos n seepbel”

Lank sit Irene haar situasie en oordink want sy besef dat Herman die hef in die hand het. Naderhand besluit sy dat sy sal moet gaan mooi praat met hom wanneer hy afgekoel het.

Toe sy later met hom probeer praat ignoreer hy haar net. Toe van die kinders die middag kom kuier voel hulle dadelik die koue atmosfeer aan maar ry gou omdat die atmosfeer so koud is. Hulle wil ook nie inmeng in hulle ouers se sake nie. Toe hulle by hulle tuistes kom skakel hulle mekaar om die koue atmosfeer te bespreek maar kom tot die slotsom dat dit seker maar net n meningsverskil is tussen hulle ouers en dat hulle nie verder gaan peuter daaraan nie.

Dit is n doodse stilte wat die middag en die aand tussen Irene en Herman heers. Hulle praat nie n woord met mekaar nie. Elkeen maak sy eie aandete en vermy hulle absoluut om in mekaar se teenwoordigheid te wees.Hulle sê mekaar ook nie nag toe hulle na hulle kamers toe gaan nie. Irene gaan sit moedeloos op haar bed maar dit is of haar gedagtes net nie kan koers kry nie. Sy kyk lank na haar skildery maar is dit of die skildery haar geen vertroosting bied nie. Dit begin weer sag reën en voel dit vir haar skielik koud. Paar keer oorweeg sy dit om met Herman te gaan praat maar bsluit dan daarteen. Sy wil hom eers laat afkoel voordat sy met hom praat.

Sy sit naderhand die telivisie aan en spring van kanaal tot kanaal, daar is niks wat haar aandag werklik vasvang nie en sit sy later die televisie af.

Sy trek uit en gaan klim in die stort maar ook die warm water wat oor haar liggaam spoel bring geen verkwikking in haar gemoedsrus nie en besluit sy om haar slaapklere aan te trek en in die bed te klim. Dalk kan sy dan rustig haar posisie oordink en tot n besluit kom hoe sy Herman gaan benader as hulle oor die gebeure begin praat.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed