Jongste aktiwiteit:

Die vryheid van liefde

Teleurstelling is ‘n onvolledige opgawe
van die prentjie wat voor my siels-oog afspeel
hier waar ek die skerp punt van jou tong
nou uit my vernielde rugwerwels
geduldig sit en uitbytel.

Jou lensiesop het ek soos ‘n wesie
vir soetkoek krummels opgeëet
alhoewel ek en jy mekaar vreugdevol
in ons ydel vryheid verkrag het
deur Salomo se wysheid
te verpand vir meer geleende tyd.

Die letsels op jou woorde
kraak kru kruipend
saam met die gletsertrane
oor die kruispad van my wang.

Miskien moet jy andersom-bid
om eendag ten volle te begryp
sonder liefde
kan vryheid nie bestaan.

© Caren Kearley
Kopiereg word voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed