Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Die voetval van my ink

Deur Anze
Datum gepubliseer: 17 Julie 2019 Aantal woorde: 137 50 Kere gelees 2

in die tydmasjien van my hart
lê ontelbare herinneringe
drome wat geruisloos
op naaldekokervlerke swerf
tot daar waar die sterre
in die wye oseaan sak

die geklap van engelvlerke deur my denke
bou wonderkastele
en die ink van my stem
plant lelies
tot by die oewers van die hemel
waar die son halflyf
in die water hang

onder die asemhaling van my hart
vul skadu’s op papier
maar
aan die einde van ‘n duisend tree
bly daar net die eggos van ‘n vergete sprokie
wat smekend wag
op ‘n finale wals

deur die kraaispore van my hart
skulp ek my trane en lag
in die drywende dialek
van swye
waar my vrygees kleef
breek ‘n donkermaan
wat in inktrane
huil

onder die voetval van my ink
is waar my woorde
doodbloei
op my tong

© Anzé Bezuidenhout




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 230
Kommentaar telling: 2534

Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 85 gaste aanlyn

Bydrae Totale