Jongste aktiwiteit:

Dié traliehek van jou hart

As dié akostiek van my klaroen –
strelend loei oor jou hart in sagte klank
kyk jy na die skakeer van ñ
allermooiste reënboog
wat kaats in die lokasie
van jou liggaam.

Met die triomfant van my trompet –
speel ek náák melodieë
en breek oop jou geslote
traliehek
ek plaas liefsliédere
in die metaalkoue ~
van jou smart.

En sóós jou lósbreek in liefde trék
hoor jy die klanke van my klåroen ~
inkruip deur jou hart
se traliéhek.

©Zebulon Kochk
Konnichiwa Gedigte
18 Augustus 2019




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed