Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Die Sweedse nooi

Deur morne du preez
Datum gepubliseer: 29 Oktober 2019 Aantal woorde: 746 52 Kere gelees 2

Kom ons sê maar die lewe is selfs sy eie reisiger en ons noem hom “koos of jan” wat sou hy in sy trommel pak om mense orals in die wêreld meë te kon vermaak? Ek sal sê vreemde ontmoetings, nuwe avonture ‘n lied wat in jou gedagtes speel soos daai een ligstraal op ‘n koue klam dag jou wang vang in so ‘n eforiese oomblik, selfs glipsies en oopsies. Nou kom ons begin by die begin Koos het gedink dit is snaaks en belet my van die TV skerm wel eintlik Bloody Hell dankie Koos wie wil nou heeldag Kardashians kyk met hul opgepofte neuse en aangeplakte lippe, Giffff! Guess what Koos ek het myself meer vry in die stilte gevind my brein kon uiteindelik weer kreatief werk en so het Poësie my gegryp ja ek is ‘n bietjie abstrak en selfs soms lui maar die woorde moes eers uit jou trommel om my nek kom aksentueer en siedaar bliksemstrale, ou tannies wat poep van die lag en woerpse alles net uit belet … Wel so begin ek dig en nog meer dig, ek raak later versot en selfs ‘n sot(dans mos met toe oë op die dansvloer en spin myself dronk) dit alles terwyl ek tweerand inkopies by die bibloteek gaan doen voor ek nou twee werke doen een in die dag en een in die nag.Dus min afdae maar hulle word nou en dan weer bibloteek toe gesleep.As jy my dalk ‘n ander kaartjie uit jou trommel sou gee wie weet ooit wat van my dig sou word en al die heerlike digters werke wat ek ontdek het? Wel so kom ek af op ink seker na ek verban is op die Malherbe groep(jammer julle) en begin ek angstig met die hoop my manewales word nie weereens na ‘n afgelee eiland soos generaal Piet Cronje ge-ekskommunikeer nie. Maar dankie tog nie hier is hoop vir sotte soos ek en bevind myself vir die eerste keer in my liefste lewe wat ek kan van onthou op ‘n vliegtuig klim en swoooort so vinnig soos ‘n Coke blikkie sy gat sien is ek in Pretoria by Ink se gala aand en jippie-ka-yay dit was GREAT ons het die hyundai gevat op daai modder dwaalspoor wat baie van weet (lmga) tot ou Heino met sy honda agterna slip en slide slip en slide… terug gaste huis toe min slaap vroeg wakker en woerps daar gaan die hyundai weer lughawe toe.Snaaks weet nie nou of dit Vrystaat of noord Kaap se lapland wêreld wat ek bespeur het van bo af nie maar ja die bruin geplakte doek met sy ronde sirkels is nogals ‘n “site for sore eyes” en die blondie langs my het meeste van die tyd geslaap so sy het seker nie gemind ek wat so oor haar staar na die wêreld daar buite nie.”Die wolke wat in wit velle hang” daai stukkie in Saffrym het ek daar bo in die lug begin lag voor. Toe die vliegtuig oor die Kaap se bloue osean draai weet ek, ek is tuis en by die lughawe by die bagasie kolleksie punt sien ek die mooiste blom so ‘n Sweedse nooi met ferm bene en swart lang hare en groenblou oë maar voor ek dit geweet het was toe ek langs haar staan en haar rugsak bekyk met ‘n die Landswapen van Nieu-Seeland ek onthou toe sommer van die slae wat Engeland hulle gegee het die vorige dag maar wyl ek binnemonds lag oor dit sien ek nog ‘n landswapen van Indonesië en besef dadelik sy toer seker oor die wêreld, dus toe ek waag haar groet “Hi where are you from?” sy kyk my aan glimlag vir my en sê “Sweden and you?” ek voel my bloed kook sjoe die girl is mooi ek antwoord net so ‘n enkele blerie woordjie “here” sy kyk steeds vir my ek voel so klein mol wat wil onstap van die kwelling wat opjaag iewers binne my derms maar my brein jaag my aan “kyk die sak is nog nie eers in sig nie knoop nou ‘n geselsie poephol!” My tong voel droog my lippe bars seker al oop maar ek kry dit reg “so where are you heading next if I may ask?” Namibië sê sy toe, jis man ek is mos daar gebore gooi boeta gooi hou aan tot jy… ag dammit hier kom die trommel……

©Morné du Preez




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 70
Kommentaar telling: 44

n dromerkind van oud nuut in skryfkuns maar die woorde hou my snags wakker,kunstenaar. Leser,loper advontuurus,hengelaar. ek hou my asem op om die hemel te kan vind waar ek nie anders is nie maar een wat nie anders is as ek myself nie.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 80 gaste aanlyn

Bydrae Totale