Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: die son

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 8 Augustus 2019 Aantal woorde: 96 164 Kere gelees 3

ry saam met die son
oor die wye oseaan
daar waar daar ewig lig is

ry saam met die son
oor die ronding van die aarde
na daar waar die son ewig opkom

ry saam met die son
van hier tot waar jy nie kan sien
waar daar groot stede en ander lande lê

ry saam met die son
deur blou verligte uitspansel
oor skepe en branders wat diep blou slaan

ry saam met die son
tot jy die land van Lig sou kry
daar waar jy sal lus kry om te gaan rus

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 673
Kommentaar telling: 105

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 57 gaste aanlyn

Bydrae Totale