Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Die skerminkels

Deur Palet
Datum gepubliseer: 17 Januarie 2020 Aantal woorde: 1103 52 Kere gelees Hou van

Dit is ‘n onstuimige nag, die wind waai erg en ‘n storm steek op in die verte. Tussen donker wolke hang die maan spokerig in die lug, die koetsier probeer die perde kalm hou want met elke donderslag runnik hulle verskrik. Die paaie is baie gevaarlik en glad, menigte koetse het al van die gevaarlike bergrand afgestort in sulke storm reën. Die koets stommel en stamp oor die klipperige pad, skuimbekkend jaag die perde tussen die bome deur.

“Hokaai!” roep die koetsier en trek die perde in. Voor hulle lê die kus, hier en daar kan mens ‘n dowwe kerslig sien brand in die dorp. Omdat dit te donker was het hy besluit om in die veld deur te deurnag. ‘n Beeldskone vrou klim uit die koets, haar donker lang hare waai deurmekaar in die wind. Met fladderende wimpers amper swart oë wat glinster in die maanlig, tuur sy oor die vlaktes.

“Waar is ons Frans”? Vra sy met ‘n aksent in haar stem vir die koetsier.

Dit is pikdonker, Frans maak sy gordel los en bêre sy swaard in die koets. Hy kyk met so halwe senuagtige kyk in sy oë na haar voor hy antwoord.

“ Ons het verdwaal, dit is beter om die nag hier deur te bring en dan môre oggend verder te gaan.”

Haar donker oë bly op hom, terwyl sy haar hare uit haar gesig uitvee. Hulle kan die gesuis en gebulder van die golwe hoor, sy tuur weer die bosse in tot by die donker klowe draai om en klim in die koets in. Terwyl die storm woed, gebeur iets verskrikliks. Rowers storm op die koets af gryp die prinses , en hardloop die wildernis in. Die klein kaptein van die seerower’skip is ‘n gedigte bedrieër en plunderaar van formaat, hy lyk na ‘n Franse handelaar. Hy is glad nie vriendelik maar is hoogs in sy noppies oor die beeldskone prinses, wat hy nou aan boord het. Hy vee oor sy ruwe snor, en gluur met sluwe ogies na haar.

“Welkom aan boord skone dame.”

Prinses Monique antwoord hom nie terug nie, sy kyk na die klomp vuil seerowers wat eenkant staan, Frans is ook gevang, hy is aan een van die skip se mas pale vasgemaak. Die see is rof en groot banders ruk die skip heen en weer, hulle het die toue van die stuurspane losgemaak. Vir Monique het dit gevoel of die skip gaan omslaan, met tye het die skip weggeraak tussen die groot branders. Oral was lekgate op die skip, die bemanning het die hele nag deur geworstel om al die water terug in die see te gooi. Die kus het gevaarlike storms en seestrome, en menigste skepe het al in die omstandighede gesink.

“Staan op!” skree die kaptein vir Frans vroeg die volgende oggend.

“Maak skoon die skip se dek, en gaan help jou liewe prinses in die kombuis.”

Frans loer met woede na die kaptein wat wydsbeen oor die dek sit en visvang, sy goue tande blink in die sonlig. Goud is al waarvoor hy leef, oral op die skip is goud, so ook is die losprys op die prinses se kop goud.

Drie maande later kom hulle in Halongbaai aan die ooskus van Viëtnam. die berg Huangshan lyk asemrowend mooi met sonsopkoms, met die mis wat daaroor dryf. Die Chinese skilder die toneel al vir dekades lank. Monique en Frans word van die skip afgelei, geblindhoek en in‘n grot in gelei. Hulle hoor die manne praat maar verstaan nie wat hulle sê nie, ‘n vreemde groep mense het by hulle aangesluit. Die grot is ‘n skuilpelk vir die kaptein en sy rowers, en hier word ook baie transaksies gedoen met die Chinese smokellaars. Hulle lyk snaaks, almal het maskers op en kaal geskeerde koppe.

“Frans, ek het ‘n plan. Ons moet maak of ons slaap, en wanneer hulle begin drink moet ons probeer ontsnap.”

“Prinses Monique, ek dink dis te gevaarlik ons ken nie eers die pad uit die grot uit nie.”

“Ons moet een van hulle agtervolg Frans, en hom probeer oorrompel om sy swaard en pistool by hom af te vat. Jy kan mos met ‘n swaard veg, en ek weet hoe om te skiet”

Daardie aand laat gaan dit baie vrolik, almal drink en teen middernag slaap die meeste van hulle. Dit raak al hoe stiller in die grot, Frans loer deur skrefies oë na die slapende skerminkels, hy druk saggies Monique se arm en knipoog vir haar. Een van die rowers het opgestaan en is oppad uit, hulle volg hom, en naby die uitgang van die grot oorval hulle hom. Buite staan hulle eers ‘n rukkie om die die omgewing op te som, hulle loop na die see se kant en vind ‘n klein roei boot aan ‘n paal vasgemaak. Frans het ‘n kompas gevat by een van die slapendes in die grot, sonder dit sou hulle heeltemal verlore gewees het.

Vir dae lank het hulle geroei op die see, hulle water en kos voorraad was baie beperk. Frans het van die reënwater opgevang sodat hulle kon was, en daarvan drink. Hy het ook vis gevang met ‘n visstok wat in die boot was, dit was met tye so warm dat hy in die see ingeduik het net om af te koel. Monique was egter meer versigtig, die haaie het haar afgeskrik. Een oggend word Frans wakker en skree opgewonde.

“Prinses Monique word wakker! Kyk daar is land voor ons, dit moet ‘n klein kusdorpie wees.”

Monique kan haar oë nie glo nie, hulle het dit gemaak lewendig anderkant uitgekom. Met Frans se vaardigheid op land, en see het sy groot respek vir hom gekry. Hulle het oornag op die dorpie en is vroeg oggend met ‘n groot skip daar weg oppad na Europa. Die seeweg na die ooste is reeds in die vyftiende eeu ontdek, so het die Grieke en die Romeine lewendige handelsbetrekkinge met Indië en China onderhou. Dit was altyd ‘n groot aantrekkingskrag vir die Europeërs om na die warmer en ryker dele in die Ooste te gaan. Dit is vir die Europese volk ‘n groot avontuurlus om die Ooste te besoek.

Die paleis was in rep en roep met die aankoms van Monique en Frans. Paleis van Versailles is geleë in die westelike buurstad van Parys, met ‘n unieke Europese boustyl. Monique en Frans het die warm verwelkoming baie geniet, die ontvoering het ‘n groot opskudding in die paleis veroorsaak. Intussen is die Chinese owerheid verwittig van die gewapende misdaad en kapings. Die seerowers is spoedig vasgetrek, Frans het hulle die plek gaan uitwys.




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    17 Januarie 2020

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2020 projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 382
Kommentaar telling: 354

Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ  

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 119 gaste aanlyn

Bydrae Totale