Jongste aktiwiteit:

Die Retard Spesjil

Wie is die mens
wat alewig so sit en glimlag?
Dié wat so met homself praat
en vliegtuigies heen en weer beweeg?

Wie skuil agter sy oë-
die wat als probeer inneem
maar sy DNA by ‘n goudvis kry?
Hy wat nie kan skryf of lees?

Die mense gebruik hom as
hul eie sirkus-
moedig hom aan om toertjies
te doen vir hul eie genot.

Hy raak dronk op hul gekekkel
en hoog op die briesie
van hul applous-
harder en harder probeer hy.

Dag na dag bestel hul
die Brekvis Spesjil
want sy een breinsel
verhoog hul ego van net 5 sel elk.

Te dom om te weet
wat hy doen.
Tog is die Verstoteling
eensaam in sy eie wete.

Wat is hy nou eintlik?
Té min mens, té veel baba?
Hy is ‘n monster in die
oë van Genotsoekers

heen en weer, weer en heen
beweeg hy sy vliegtuigie
glimlag na glimlag
mors hy suurstof.

Hy’t emosies, hy’t gevoelens wat dreig om gehoor te word
maar ‘n sirkus is tog
al wat die Retard Spesjil is.

_Récayla Blom_




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed