Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Die pouse

Deur Alkallie Viljoen
Datum gepubliseer: 30 April 2019 Aantal woorde: 205 150 Kere gelees 2

ek darteldans die veertigs in –
noú gaan my lewe mos begin,
vol pittigheid en stoutigheid –
spieël ek my status: prima steak

terstond plonk my euforie tot ‘n halt
toe die eerste hittegolf my slat –
Pappie moet in die boosdoos bly,
tot die kinders is skielik bang vir my

in die nagtelike uur
skrik ek wakker van die vuur,
kole sweet kruip van my krop
verby my oksels tot my kop

komberse af en dan weer op
jammerlappie op my kop,
bepeins ek wat is fout met my-
perdalks daar’s pes in die pastei

dokter sê ek oordryf nou sommer,
drink ‘n pil en hou op kommer –
voordat jy vir jou kan kry
is hierdie pouse ook verby

ek traan my lot by ‘n vriendin
my depressiesessie wil net begin,
toe sy ‘n ander bom laat val:
“Suster, jy is nog lank nie mal!”

Manlief het die Corvette sindroom,
‘n nuwe haarstyl en vogroom –
hy dink hy is ‘n donderdaan
met sy turbotjor – ‘n regte kapokhaan

ek giggel-lag my skete weg –
hierdie pouse is tog nie so sleg nie –
ek bly nog steeds ‘n prima steak:
volmond wyn met ‘n tikkie stoutigheid!

(c) Erika Viljoen (Silwer)




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    30 April 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2019 projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 24
Kommentaar telling: 13

Ma van 2. Praktiserende prokureur. Passie vir woorde en musiek. Filosoof.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 98 gaste aanlyn

Bydrae Totale