Jongste aktiwiteit:

Die plaegeteisterde plek

Die plaegeteisterde plek genaamd Paarl
is vol knakke en knoeste
in sinkhokkies met toegeplakte
vensters is vroueslaeners wat
verbryselende trauma aan hul gesinne
toedien; slagoffers van verkrag
se fragmentariese harte huil om te heel,
fnuikend worstel met die droewigheid.

terwyl moordernaars
tot die tong gewapen is
en by hofverhore vlug op vryvoet
soos liggaampies ledig le by die lykstoet.

Paarl word met dood gedreig
en die moremaal van moordernaars
is die onskuldige mens.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed