Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Die Paaslam

Deur Stephan
Datum gepubliseer: 20 April 2019 Aantal woorde: 263 73 Kere gelees 2

Die Paaslam

Isak vra Abraham: “Waar is die lam wat ons gaan offer?”
“God sal self ʼn lam voorsien” het Abraham in geloof geopper.
Op ʼn berg in Moria maak Abraham gereed om Isak te slag,
maar die engel roep uit en sê: “Abraham wag!”
Abraham kyk op en sien ʼn skaapram in die bos vasgevang,
God gee aan Abraham die lam wat hy van Hom verlang.

Israel smeek vir iemand wat hulle uit slawerny sal bevry
en God stuur vir Moses om Sy volk uit Egipte te kry.
God sê: “Julle moet die paaslambloed aan deurkosyne smeer.”
Dis daardie bloed wat die Doodsengel van hul huise weer.
Met sononder word die paaslam geslag en haastig verslind
daardie aand red God elke Hebreeuse man, vrou, en kind.

Amper eenduisendvyfhonderd jaar na die gebeure beskryf
hang ʼn man kaal aan ʼn paal met ʼn gebroke en bloedbelope lyf.
As hy net na drieuur luid uitroep: “Dit is volbring!” en dan sterf,
slag priesters vir elke gesin hul paaslam in die Tempel se erf.
Terwyl die paaslam geëet word net voor die son begin sak
word Jesus se liggaam agter ʼn groot klip in ʼn graf weggepak.

Maar hier is ʼn waarheid te vind wat ek skaars kan begryp
Jesus sterf op die selfde berg waar Abraham sy mes vir Isak slyp.
Israel moes deur die paaslambloed stap om die dood vry te spring
so het Jesus se bloed vir ons verlossing van sonde-dood gebring.
Hy is die Weg, Waarheid en die Lewe deur wie ons na God gaan,
deur Sy bloed kan ons met vrymoedigheid voor ons Vader gaan staan.

©Stephan Uys 2019/04/20




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. Kiekies

      April 22, 2019

      Halelujah! Puik gedig.

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 89
    Kommentaar telling: 5

    Ek is 'n skrywer, digter, publieke spreker, prediker. Ek is gek oor woorde. Ek is lief vir mense. As ek die twee bymekaar kan bring is ek in die wolke!

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 2,859 gaste aanlyn

    Bydrae Totale