Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: DIE OUBAAS

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 19 Junie 2019 Aantal woorde: 75 104 Kere gelees 1

DIE OUBAAS

as die Oubaas
kromrug nader skuifel
die son net so effens
so deur die ylgrys hare
so op sy bleskop blink
hoor ek hom grom en kreun
sien hom norsrig op sy kierie leun
my asem, die koue wasem
wat deur sy neusvleuels wolk
dis soos ‘n somber misfloers om my
en ek voel
sy kille oë my siel in priem

die Oubaas is moedwillig
ja, hy mors met my gemoed

© Barbara Smit – 19/06/2019




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    19 Junie 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2019 projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 60
Kommentaar telling: 44

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 49 gaste aanlyn

Bydrae Totale