Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Die oorlog

Deur Toppie@44
Datum gepubliseer: 29 April 2019 Aantal woorde: 3748 198 Kere gelees 3

Series: Die oorlog

Episode 1: Verlore soldaat

Sy hande is plat teen die wit teels gestut, sy liggaam vorentoe gelê. Dit lyk asof hy die muur wil om stoot soos Simson in die tempel. Die water van die stort hardloop oor sy kaalkop, die druppels jaag soos formule 1 motors by sy gespierde lyf af tot op die vloer. Stoom hang oor die hele luukse tent, en laat mens terug dink aan ‘n 80’s nag klub. ‘n Mense kan nie uit maak of dit water of trane is wat teen sy wange afhardloop nie. Hy loer skielik na die bed, verlange kruip soos ‘n skelm in die nag deur sy hart. Hy dink weer aan haar, sy nooi! Hy sien haar lê en vir hom kyk. Haar oë skitter soos sy hom van bo na onder bestudeer. Haar lip word gebyt en die mooiste, tog stoutste glimlag breek uit op haar gesig soos die son opkoms agter die see se horison. Sy staan op, loop versigtig op haar tone nader na die stort… Tring….tring….tring….’n outydse telefoon geluid skreeu soos die van ‘n mosque in oostenryk oor sy foon. Sy oë skiet oop, hy weet daar is moeilikheid. Die luitoon van gevaar is spesiaal op sy foon gesit.

Hy droog homself af, maak die handoek vas om sy kranige lyf. Hy antwoord die foon “De Vos hallo”…. Pierre De Vos, ‘n 38 jarige man, forensiese speurder vir die SAI(Suid-Afrikaanse intelligensie). Die kommer trek oor sy oë soos wolke wat saam pak net voor ‘n donderstorm. “Ek is nou daar” sê hy met ‘n verm stem. Loop hy by die deur uit, met sy Adidas hiking boots, khaki kort broek, en groen kay-way knopies hemp. Sy wit short wheel base land rover defender staan soos ‘n gemsbok in die pad, twee Jerry cans van vrede langs die kante en roof rack van braafheid op die dak. Hy maak die deur oop en soos ‘n seerover op sy skip met een been in die “landy” en die ander een op in die stof, kyk hy na die bos met ‘n bekende seer en sug, “my vriend, ek sien jou gou gou weer”.

“Dankie tog jy het gekom, ek is baie jammer om jou op verlof te pla, maar sonder jou kan ek nie hierdie doen nie” sê ‘n man op die misdaadtoneel. Daar is geel toneelband orals gespan, en polisie wat van die publiek terug probeer hou. “Geen probleem Swannie, jy weet mos tjom, vir jou doen ek enige iets ” Ernst Swanepoel, kort, blonde hare, sigaret in die mond en sonbril wat op sy neus sit terwyl sy blou oë soos meerkatte in die bosveld oggend opstaan opsoek na kos, vir hom loer. De Vos se beste vriend en ook mede kollega by die SAI. Hulle bynaam in die kantoor is vonkel en koljander, bak en terie of die nuutste een Sherlock en Watson. “Waar was jy so by the way” vra Swannie terwyl hulle onderdeur die toneelband buk. “was in een van daai luukse tent kamp plekke in die wildtuin” so assof De Vos weer geboei word met hierdie wêreld se beheer.

Hulle loop by die deur in, De vos wat ‘n geleerde oog het vir fyn besonderhede, sien die koesyn was oop geskop. Daar is modder voetspore oor die wit mat, “nuwe skoene” mompel De Vos vir homself. Die mat lyk soos miljoene watte wat aan mekaar gestik is en die reuk van laventel hardloop soos ‘n naelloper verby sy neus. “Is dit nou die tyd om hier op te daag?” Met sy moed wat sak soos ‘n sinker aan die einde van ‘n vistok, forseer hy sy kop stadig en ongewillig op. Die stasie kaptein met haar hakskoene en ‘n swart nommertjie, half blond en brunette gekleurde hare, Elizabeth Botes, “juffrou” soos sy onder die manne bekend is. “Dag kaptein” sê die twee terwyl hulle die omstandighede in neem. Swannie loop oor om meer inligting te ontvang, terwyl De Vos se oë dwaal soos ‘n arend op die top van ‘n boom wat soek na ‘n veldmuis. “Tjom, lyk my ons sit met ‘n ontvoering hier. 11 jarige seun Jacques Van Niekerk, en daai is sy ouers”. De Vos draai sy kop en staar na die twee op die bank. Die ma se trane stroom oor haar wange uit, sy sukkel om asem te haal, haar man se arm oor haar skouer terwyl hy haar troos. Met sy sjarmante self en borrelende persoonlikheid kyk De Vos vir Swannie “Hoelaat?”. “Hulle sê in die vroeë oggendure, om en by half 5” antwoord Swannie terwyl hy na een van die polisie beamptes se nota boek deurwerk.

Die ondervraging is verby en almal behalwe “Sherlock en Watson” is in die huis. De Vos is nou soos ‘n klein seuntjie voor kersfees. Hierdie is sy tyd, hy staan in die middel van die eetkamer, oë toe en jy kan die konsentrasie op sy gesig beleef. Hy speel elke sekonde af, beplan die skouspel soos wat dit kon gebeur het. Soos altyd mompel hy woorde wat klink soos ‘n man op n veiling. Geen mens kan verstaan wat hy sê nie. Met ‘n paar bewys stukke, handskoen en voetspore loop hulle die deur uit. De Vos stop en draai na die vloer toe, op een van die stukkies watte sien hy n ligte rooi kol. “Bloed” roep hy na Swannie. Hy buk af om die stukkie robyn uit die mat te sny, sy hout kruis ketting met die woorde “forgiven”, hang eweskielik vanuit sy hemp en swaai soos ‘n pendulum oor die spatsel, so asof die hand van God hom lei. Met Swannie se mes sny hy die bloedbelope deel uit die mat, gereed vir toetse.

Die koue van die laboratorium het De Vos nog altyd laat dink aan ‘n lykshuis, voeg nog vir juffrou daar by, en jy het ‘n resep vir spook stories. Agter die rekenaar met swart krul hare, lang wit jas, en ‘n dik bril sit Kumar Pjelakun, noem hom sommer “pjel” (een eindjaar funksie se katastrofe waarby De Vos hom beskerm het in dronkenskap). Nadat die orkaan sy tuisdorp in Sri Lanka verwoes het, was die SAI sy redding en De Vos kon nie sy naam uitspreek nie, en het hom sommer net pel genoem. Soos die maan nie sonder die sterre kan asem haal nie, so is die twee vir mekaar bedoel. Pjel se vingers hou op tik, asof hulle gevries is van die laboratorium se koue front, sy kop lig op, sy steenkool kleur oë toegevou met die laken van sy oeglede, ‘n glimlag soos die stoutse skoolseun op sy gesig, haal hy stadig maar diep asem deur sy neus. Die manlike parfuum van De Vos vlieg soos ‘n F16 Tomcat deur die gange. Hy draai sy stoel nog voordat De Vos sy mond kon oopmaak. “De Vos, what can I do for you my friend?”. Soos ‘n kabeldief wat die verkeerde draad sny, staan De Vos verstom in die deur, sy asem weg geslaan soos ‘n swaargewig bokser. “How do you….never mind” sê hy in ‘n halwe aksent. Om Pjel is daar geen mure nie, daar is geen pretensie nie.

Sy oë se gordyne word oopgetrek terwyl hy op sy maag lê en na die kussing langs hom staar. Na ‘n lang dag was die nagrus ongeskik, en sy gemoed soos die van ‘n herfs boom, die blare is maar min. Met sy vellies, stywe blou jean, en ligte groen kraag hemp wat se moue opgerol is tot by sy elmboë, loop hy na buite. Daar staan sy, “outjie”, sy donker blou 1967 Mustang, hy stop om haar wonders te aanskou, hy kniel voor haar neer en vryf sy hand soos ‘n ma wat n pasgebore baba room smeer oor die metaal. “More outjie” sê hy met ‘n ligte glimlag. Niks in hierdie lewe gee hom meer genot of vreugde soos sy nie. Hy maak die deur oop, sit, en onmiddelik vou haar arms hom om die lyf, hy hoor ‘n fyn stem “môre my lief”. Hy draai die sleutel en hoor haar gedreun. Die glimlag op sy gesig is nou so groot en wyd gestrek soos die oewers van die Zambezi rivier.

De Vos het heelaand deur die ontvoering saak en bewyse gewerk. Die ondervraging notas, die handskoen, voetspoor en bloed het hy soos ‘n duisend legkaart stuk bymekaar probeer sit. Stief pa, kerswas in die handskoen om die vingerafdrukke te vermom, nommer 11 Timberland boot, en die bloed uitslae wat nog uitstaande is. Hy stop by die misdaad toneel in, Swannie is nie ver agter hom nie. Soos hulle in die huis staan en rond kyk, vra De Vos met ‘n moedeloses en raaiselagtige stem “Wats fout hier tjom?” “Wat mis ons?”. Swannie kyk hom aan asof hy die wiskunde eindeksamen vraestel aangluur, trek sy skouers op en knak sy kop effe na reg. Hulle deursoek die huis vir verdere leidrade. De Vos, gebuk met sy hande op sy knieë voor die eetkamer kas vol familie fotos, maak weer sy oë toe “Here, wys my asseblief wat U wil hê ek moet raak sien”. Hy maak sy oë oop en kyk na die fotos, eweskiel kry hy die antwoord, amper soos ‘n verlate lig wat vanuit die dak in ‘n pikdonker en afgeleë spook huis aangaan.

“Swannie!” Roep hy uit met opwinding terwyl sy hart vinniger klop soos ‘n stadion vol mense wat hande klap na ‘n vertoning. “Yes tjom, wats fout?” Vra Swannie terwyl hy om die hoek loer met afwagting. “Hier is nie een foto van die seun en die stiefpa aleen nie. En as hulle op ‘n foto saam verskyn, kyk hoe ver staan hulle van mekaar af”. Swannie kom nader en bestudeer die fotos so asof hy in ‘n kuns museum is, “waaragtig, De Vos jou flippen leeu”. Terwyl daai woorde oor Swannie se lippe rol is daar weer ‘n ernstige Tring….. Tring…. Tring….. De vos kyk na sy foon, hy lig hom op na Swannie, skud om liggies links en regs “Dis ons ou pjel, wet jou dis die bloed uitslae”. Die nuus is uit, en De Vos kry ‘n glimlag van absolute satisfaksie op sy gesig. ‘n warm gevoel tref sy liggaam amper asof hy in ‘n borrelbad in die winter in klim. “Dis die stiefpa se bloed” sê hy vir Swannie wat sy hande in sy hare het. “Maar hoe? Hoekom? Wat die hel gaan hier aan?” Vra Swannie met ‘n frons op sy verstomde gesig.

Die gluur van sy vuurige oë is onmisbaar, en sy hande in vuiste op die klein tafel tussen hulle neer gestempel, soos plaashekke weerskante van Mr. Jacobs is hy vasgevang in De Vos se greep. Met hulle neuse wat mekaar amper groet, fluister De Vos met ‘n woedende stem “waar is hy?”. Sy oë, padkaarte van woede, sy gesig is rooi van wraak en enige oomblik kan ‘n ontploffing in die SAI se ondervragingskamer wees. “Ek… Ek…. Ek weet nie waarvan jy praat nie” hakkel Deon Jacobs. 51 jarige man, getroud met Nina Van Niekerk 2 jaar gelede. Sy het haar man verloor na ‘n lang geveg met kanker. Jacobs was op daardie stadium ‘n rep vir mediese toestelle om bloedtoetse meer akkuraat te maak. Hulle het mekaar in die hospitaal ontmoet. Hy was nog altyd ‘n man met donker planne. Swannie het hierdie situasie al te veel van vore gesien, en hy weet die dinamiet van De Vos se gif gaan enige oomblik skiet, en dit is iets wat hy nie weer wil sien nie. “Kom ek vertel jou hoe hierdie alles gebeur het” onderbreek hy met ‘n sarkastiese stem. Swannie was nog altyd kalm, rustig en in beheer. Hy spandeur meeste van sy tyd agter die rekenaar, besig om dinge te ontleed en om inligting soos ‘n drip uit te tap. Een ding wat hy wel kan doen, en waarvoor De Vos hom altyd sal prys, is sy vermoë om informasie te bekom.

“Jou besigheid was in die knyp, besig om sy gat te sien. Jy was in die hospitaal met ‘n desperate poging dat jou masjien sal verkoop. Jyt ‘n geleentheid gesien toe jy uitvind Nina se man is op sterwe en sy polis gaan uitbetaal. Julle het vriende geraak, en jouself soos ‘n slang stilletjies sy prooi bekryp. Jyt geweet sy is kwesbaar, en so jouself in gewurm”. De Vos staan met ‘n vreemde uitdrukking op sy gesig, hy is verbaas in Swannie se stem toon en optrede. Hy gee hom die podium sodat hy sy ding kan doen, ‘n hond op n bloedspoor is Swannie se gemoed. “Jacques was nie beindruk hiermee nie en hyt deur jou gesien. Julle het dag en nag baklei, en hy het met jou planne in gemeng. Sê my Deon….. Het jy hom vermoor?” Deon se lippe begin te bewe, sy bril se glasies wasem op, “Sherlock en Watson” het hierdie al baie gesien, amper soos twee leeus op ‘n kudu kalf, sien die manne hulle kans. “Waar….is…hy! Skreeu De vos met donderweer klanke. Deon se oë flits toe en hy hop in sy stoel. Hy het wel slankse planne, maar hy is ‘n bangbroek vanuit natuur. Met ‘n huilende stem, en hande in boeie skreeu hy uit “weg, hy is weg okay! hy moes sy neus uit my besigheid gehou het!” Die donderstorm het uiteindelik sy ramp laat los, uit die bloute tref die vuis van De Vos hom op die wang. Die stoel val om, en Jacobs is uit soos ‘n kers. Swannie spring op “wat die donner doen jy? Is jy mal?” Soos ‘n lang afstand atleet oor die wenstreep wat hyg na asem, staan die monster figuur van De Vos oor Deon se lyf.

Hy staan daar soos ‘n glas water wat gevul is met enos “Ek sal hom dood maak tjom” sê De Vos vir Swannie terwyl die emosies borrel. “Is jy van jou dak af, ons gaan jare se stront kry hiervoor”. Net soos ‘n bul in die arena in storm, gereed om die vegter met sy horings in stukke te skeur, stap Juffrou in die kamer in “De Vos, uit…. UIT!!! Vet in die moeilikheid sit en wag hy, die herinneringe van sy skooldae in die hoof se kantoor, ‘n gevoel al te bekend vir De Vos. Sy ou rympie, gereed om uit sy mond te spring “Jammer meneer Burger, dit was nie my skuld nie”. Maar hierdie keer is hy skuldig, en geen woorde of aksies gaan die regter kan oorreed nie. “Wat het jou besiel? Die keer het jy die kersie op die koek gesit! Wat die moer De Vos!” Haar woede is so duidelik soos die son opkoms in die bosveld, glad nie so mooi nie, maar tog so duidelik! “Hy het die kind vermoor kaptein!” Skreeu De Vos terug, en hy kan nie sy emosies in toom hou nie. ‘n Ruiter op ‘n perd wat die wild wild west in jaag sonder plan of rigting. ‘n Tornado van opgewondenheid storm die kantoor in “Die plaas tjom!! Die donnerse plaas!” Juig Swannie uit soos ‘n rock star by ‘n musiekfees.

Terug by die toneel op ‘n reënerige dag, mistig en koud. Die druppels hardloop teen die vensters af en die geluid so hard soos klippe val op die dak, amper asof “Bak en Terie” aangeval word deur ‘n bende misdadigers. Die huis ruik na skuldgevoel en geldgierigheid, en die gange proe soos vernedering. De Vos staan weereens voor die eetkamer kas “dag my vriende, vertel my die storie” sê hy saggies vir die fotos. Hy draai om en staar die wit mat aan wat voor hom lê soos ‘n lyk. Hy sien Jacobs wat die deur die oggend oopmaak vir ‘n man in ‘n swart masker en kort haelgeweer in die linker hand. Sy regter palm tref Jacobs oor die gesig en die bloed spatsel trek in slow motion mat toe. Die man loop tv kamer toe waar Jacques sit, gryp hom aan die hare. Daar is ‘n klein stoei geveg, Dawid teen Goliat. Hy trek hom by die huis uit terwyl Jacobs op sy knieë oor die mat soos ‘n hond sy wonde lek. Hy het opgestaan, die deur geskop en ‘n klomp luiperd note vanuit sy oë gesien. De Vos se gesig kry ‘n glimmer van genot, “hierdie vent gaan ek met my eie hande verwurg ” sê hy vir die fotos wat met toe oë na hom kyk. “Hys plaas toe met hom, hy gaan of het hom daar vermoor”

Sy maak die stort deur oop. Die hitte, wasem en haar naakte lyf slaan sy asem skoon weg. Met sy linkerhand op haar rug druk hy haar verm nader. Sy regterhand agter in haar hare, trek hy haar kop liggies agteroor. Hy soen haar op die ken, en dan in haar nek. Skielik draai hy haar om en druk haar teen die muur. Haar hande en bene wyd uitgesprei. Hy byt haar oor en fluister “is hierdie okay”, sy hande vryf oor haar groot borste terwyl sy saggies van plesier uit sug. Die water hardloop oor hulle lywe, en sy stywe boude trek saam. Hulle lywe groet soos twee vriende wat mekaar jare laas gesien het. De Vos skrik wakker, en besef dis net ‘n droom. Hy kyk dadelik langs hom, en sien die bed is leeg. Hy snik na asem en sweet tap van sy voorkop af. Hy gaan lê stadig weer op sy kussing en wens dit was waar. Sy hart klop soos dromme en dit maak die stilte doof. Hy wens die nagmerries sal hom eendag ophou roep. Dat hy kan vrede kry en miskien weer net liefde iewers vind. So groot en hard soos De Vos mag lyk, dra hy binne hom die kleinste en sagste hartjie. Ja hy was dalk in sy jonger jare rof en wild, maar iewers deur die stofpad wat hy gestap het, het ‘n man soos superman uit Clark Kent se werksklere uit geskeur.

“Pjel” se vingers is al stomp potlode soos wat hulle die rekenaar se note tokkel. ‘n Meester in sy veld is daar min dinge onmoontlik, vir die man van die Ooste eiland. Nadat hulle soos klein seuntjies superhero films die verkeer kamera opnames van die Jacobs buurt bestudeer het, kon hulle die voertuie wat die oggend rond gery het se nommer plate een vir een identifiseer. Mr Fourie van Stinkhout 14, Tannie Johanna by nommer 8, asook die tiener rebel Francois Smit wat na ‘n aand uit huis toe terugkeer. Al die karre behalwe een, ‘n wit Hyundai minibus. “This vehicle was rent out 2 days ago by a Mr Opperman” sê Pjel in sy oorsese aksent. De Vos en Swannie is soos weerlig uit die lab, “outjie” beter haar wiele vinnig troos, want tyd is een ding wat arme Jacques nie nou aan sy kant het nie. Hulle kry ‘n kredietkaart nommer wat op Jacobs se naam uitgereik is, met ‘n haastige en ongeoefende engelse stem “pjel, please can yous scan this kaart nommer in the systems, and sees the lasts transaksion” skreeu De Vos oor die foon terwyl die geluid van “outjie” se V8 deur die oop venster brul.

De Vos staan voor die plaashek en staar die lang stofpad wat na die sinkdak huis loop aan. Soos hy aan die yster raak flits die herinneringe van sy verlede deur sy gedagtes. Hy sien die klein seuntjie wat met die trekker rond ry, die oggende van koeie melk, die kleilat gooi by die damwal en hoe hy grootgeword het. Maar die vlamme van die grasdak huis se vuur en die skreeu geluide van haar stem, skiet ‘n pyn dwarsdeur sy liggam en hy val tot op sy knieë. “Tjom!” Roep swannie bekommerd uit. “Is jy okay”. Geen antwoord vanuit De Vos se lippe, net ‘n enkel traan wat sy wang se droogte soos die oggend dou op ‘n blom se dors les. Swannie weet hierdie was nie ‘n goeie idee nie, en voel onmiddellik sy seer. Hy help De Vos tot op sy voete, en met ‘n bewende hand op Swannie se skouers, knak De Vos net sy kop in erkenning. Hy stoot die hek oop, en met hul diens pistool in elke hand, loop hulle versigtig tree vir tree nader na die huis.

Stilte trek die veld en boom takke deur. Voël geluide is nêrens te hoor, en die gevoel van dood hang in die lug. Die groot hout deur kraak soos hulle dit stilletjies oopstoot, met alle aandag op dit wat mag uitspring vanuit die kamers of kombuis. ‘n koerant op die sitkamer tafel, televisie geluide en die klanke van ‘n ketel wat kook wag vir hulle in. Ou taakmag kode word tussen mekaar gebruik, Swannie die kant toe en De Vos daai kant toe. Voetstappe oor die houtvloer word al hoe harder in De Vos se ore. Daar is net een kamer oor waar die skirk kan wees. Hy sien in die spieël ‘n refleksie van ‘n man, en in sy arms die Van Niekerk seun. Geweer teen die kop en ‘n benoude roep “Ek sal hom skiet, bly waar jy is”. De Vos weet hier is net een kans. Swannie staan aan die ander kant van die deur en roep “Opperman, ons kan hieroor praat”

Pjel het vroeër ‘n nommer vanuit Jacobs se selfoon rekords gekry. Swannie met sy foon in een hand gee vir De Vos die teken. “Tring tring” is die geluid op die bed, vir ‘n sekonde sien De Vos die man se oë verdwaal, een tree en ‘n sprong. Bang, bang en ‘n gil oorheers die huis se hart. Swannie hardloop in, en gryp ‘n huilende Jacques in sy arms, De Vos weer op aandag en bekyk Opperman se lyk met woede. Twee skote, soos ‘n jagter sy trofee buffel platgetrek het in die kop, glimlag hy van oorwinning. Dit is alles verby! Vandag was ‘n goeie dag en bak en terie, se wedloop kom tot rus. By die hof kruip daar ‘n groot trots oor sy gemoed soos hy Jacobs in boeie en ‘n oranje pak sien weggelei word “lekker kuier jou nartjie, daars mense wat wag vir ‘n skyfie” sê hy sarkasties vir homself met die Van Niekerk seun se arms om sy lyf. Hy kyk af, “dankie oom, dankie oom”. Met ‘n onsekere hand vryf hy die kind se hare, en Swannie se ligte klap op sy skouer, is die toue wat die dag se grusame gordyne laat af sak.




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 36
Kommentaar telling: 0

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 105 gaste aanlyn

Bydrae Totale