Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: DIE ONTHEEMDE

Deur Margaret Cordier
Datum gepubliseer: 13 Mei 2019 Aantal woorde: 178 236 Kere gelees 1

Ek het jou eeue terug
in Mesopotamië uit die wieg gelig.

Daar is van jou dogters in mausoleums,
terwyl kinders opgekrul op matjies kreun.
Daar die pyn nog plofbaar in handgranate skuil,
lê stukkendes in smart herderloos verstrooi.

Jy was ‘n heldin, ‘n moeder van geloof
– die Moabiet.
jy het my dikwels herinner aan Jerigo
-al die glorie van ‘n Israeliet.
Jesurin was versier met goud, koraal, robyne,
my Sulamiet, wonderskoon – net myne.

As koningin van Persië gekroon,
onder appelbome, siterspel en tamboeryn,
het ek jou gevoed; geklee – my *Safryn.

In jou bloedrooi Ragabsrok, waar jy nog woon
dra jy steeds jou tulband van Turkoois.
Jou hals is ‘n uitgekapte kapiteel,
jou voorhoof gesny uit klip van kei.
Wanneer jy jou hand uitsteek
na die spoel sien ek in jou oë
die liefde wat jy voel.

Daar sal in daardie Dag
‘n grootpad van Egipte loop.
Ons sal lang gesprekke voer
‘n Duisend jaar op paaie van weleer,
langs die Tigrus en Eufraat,
sal ek jou alles van My leer.

MCDb
*Safryn: gawe van God.




TEMAS
4 Kommentaar
  1. Palet

    13 Mei 2019

    Mooi

  2. Kiekies

    13 Mei 2019

    Pragtig!!

  3. Margaret Cordier

    13 Mei 2019

    Dankie.

  4. Margaret Cordier

    13 Mei 2019

    Dankie julle.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 31
Kommentaar telling: 18

Ek bly in die Waterberge en is baie lief vir alle vorme van kuns. Vir my gee die skryf van gedigte; prosa; sketse en dies meer, die geleentheid om my diepste belewenisse en waarnemings neer te pen en te deel met lesers.

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 39 gaste aanlyn

Bydrae Totale