Jongste aktiwiteit:

Die ongewenste vryer

Die ongewenste vryer

‘Dringend opsoek na dubbelloop haelgeweer
om aspirant vryers mee af te weer.’
so lui my advertensie in die plaaslike koerant
vroegoggend kom kuier die polisiesersant
verneem verraderlik vriendelik hoe dit gaan
voor hy dreigend vir my vermaan:
“Jou advertensie is by my gerapporteer,
as iets gebeur gaan ek jou arresteer!”

Maar sal ek in my koffie verstik
sy knaap veroorsaak dan my ongeluk
daai aand staan ek wag met my rekker
sy rek is styf en hy skiet tog te lekker
die rooihakskeen knaap kom aangestap
tot die klip hom teen die bobeen klap
hy gee ʼn gil wat bloed laat stol
voor hy kruppel-kruppel daar weghol

Toe die polisie later by my huis opdaag
moet vroulief my kamstig uit die bed kom jaag
die sersant wil my net daar arresteer
skynbaar is sy seun se been beseer,
maar niemand kan na my ʼn vinger wys
my skuld die kan hul nie bewys.
Sy seun sukkel egter om uit sy seer te leer,
want die volgende aand toe gebeur dit weer!

© Stephan Uys 2018/06/15




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Fanus Strydom het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak