Jongste aktiwiteit:

Die Mis (silwer)

Dit het ons drie dae geduur voordat ons vorms in die mis begin sien het. Alhoewel ek die ander met toorkrag aan my vasgemaak kon voel, kon ek hulle nie sien nie; selfs my eie hande was ‘n wasige gemors – my oë help my glad nie.

Die mis het op ons neergedaal die oomblik toe ons bos vir veld verruil het en het ons sedertdien nie verlaat nie. Ek het geweet dat dit nie natuurlik was nie: ek kon die toorkrag voel waaruit dit bestaan.

“Kyk! Dit is Gladys,” sê Emile, sy stem effens gespanne.

Ek draai na hom, maar kan hom nog steeds nie sien nie. Hoe kan hy hoegenaamd gesigstgrekke sien? So hard as wat ek kyk, kan ek skaars iets uitmaak in die vorms voor ons.

“Nee, dit is Frieda,” stry Jack.

Koue vee oor my. Die klamheid wat nog heeltyd teenwoordig is sedert die dag dat die mis ons gedaal het, is in vergelyking hiermee warm.

“Kom nou, hou aan loop!”

Maar ek kon nie. Die besef het my te laat getref. My hart het amper ophou klop. Met my towerkuns draai ek ons om; almal skree in protes.

“Hardloop!”

Hulle het geen ander keuse as om my magiese opdrag na te kom nie.

En die Nagmerries sit ons agterna.

(214 woorde)




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed