Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Die Masker

Deur Janita
Datum gepubliseer: 12 Oktober 2017 Aantal woorde: 86 99 Kere gelees 4

Die masker

Ons almal dra ‘n masker,
of bêre hom in die kas.
Haal hom uit wanneer die geleentheid jou pas.

Die masker het ‘n hele paar gebruike,
beskerm ons teen die wêreld se misbruike.
Ons skuil daaragter,
dan is die seer net sagter.

Maar wanneer die masker afkom,
staar die naakte waarheid jou in die gesig.
Die masker kan nie vir ewig hou,
jy sal dit tog berou.

Want wie is die ware jy,
wanneer die masker van jou gesig afgly?
©Janita Rossouw




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 13
    Kommentaar telling: 4

    Gebruikers Aanlyn

    3 Lede, 98 gaste aanlyn

    Bydrae Totale