Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: DIE MAKER

Deur Margaret Cordier
Datum gepubliseer: 13 Mei 2019 Aantal woorde: 119 345 Kere gelees 2

was reeds aan die Begin
profeet, digter, beeldhouer en musikant.
Skepper van ‘n kosmos uit jou hand.
Uit alles woes en leeg –
antimaterie; water en jou gees
roep die Woord: “Laat daar wees”
Uit jou siel se dors
breek daar atome
uit ‘n miniskale kern.
Stof ontplof tot verheerlikte
kroonskepping van jou lof.

Helaas klim eie wil op die leer
teen die boom van kies en keur
en aan die lat van self regeer,
(in vrywil onder self beheer)
–het bittersoet en wrang
die vervloekte vrug
van self gaan hang.

In die plek wat was
het ‘n nuwe lat gegroei;

hang aan die boom;
die wonder;
die water;
die balsem aan die bas,
die gom;

die Maker.

MCDb




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 31
Kommentaar telling: 18

Ek bly in die Waterberge en is baie lief vir alle vorme van kuns. Vir my gee die skryf van gedigte; prosa; sketse en dies meer, die geleentheid om my diepste belewenisse en waarnemings neer te pen en te deel met lesers.

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 83 gaste aanlyn

Bydrae Totale