Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Die Mag Van Die See

Deur Woordsmous
Datum gepubliseer: 10 Januarie 2019 Aantal woorde: 132 380 Kere gelees 2

Wind se witperd loop
op blougroenbranders
as hul bakkop vreesloos
strand toe storm
pletterloop teen natswart rotse
skuimend tuimelval en voortrol
asemloos oor sand versteen
‘n Oomblik dan weer t’rugval
spoelend sleurend
rots halsstarrig weierend bly staan

Trek terug
laat nog ‘n aanvalslinie
bruisend brullend
pletterloop tot missproei
skuimend kolkend hergroepeer
en uur na uur en dag na dag
volhard die stryd teen rots
wat trots en swart bly staan
maar eeu na eeu meedoënloos
word laag vir laag gestroop…

tot eendag onbelemmerd
golwe teen die sand uitspoel
om laggend spelend sonder seermaak
om my voet te spoel
die groot geheim
van donker drif en drang
diep opgesluit vir mense-oog
wat omdraai wegloop sonder dink
en net die soutsproei eers nog klam
word stadig in die seewind droog…

©17/01/2011 Anton Bosch




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 110
Kommentaar telling: 42

Ek is 'n gebore Boerseun uit die ou Wes-Transvaal. Alhoewel ek die afgelope twaalf jaar in Ierland woon is ek steeds in murg en been en bloed 'n Afrikaner. Weens die liefde vir my taal het ek die pen opgeneem en dig hoofsaaklik in my Afrikaans. Ek is maar 'n groentjie in die digwêreld, het nog nooit 'n bundel gepubliseer nie, maar my passie vir Afrikaans sal sorg dat ek die pen nie weer neerlê voor ek my kop in finale rus neerlê nie. So, tot dan smous ek maar met my woorde...

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 102 gaste aanlyn

Bydrae Totale