Jongste aktiwiteit:

DIE MAAN SE EENTAND GLIMLAG

Verdwaalde wit maanligstrale
kwyl oor sy lippe verby sy eentand glimlag
en plof soos kwiksilwer
op die plaaspad se sinkpad boggel ruggies neer

Skaam trek die maan
wolke voor sy een tand glimlag mond
en tel sy wit hoes asem skaduwees
tussen die krakies van ‘n kakiebossie vir nog ‘n glimlag op

Ek loop vanoggend
en soek gisteraand se sproete maanligstrale
loop en vra die kakiebossie raad
kyk verby die son se knipoog
en soek die maan met sy eentand glimlag

… en toe onthou ek
ons het gisteraand belowe
hy bring sy eentand glimlag oor ‘n maand
as ek belowe om met my eie by die kakiebossie stil te wag
en ons dan saam kan glimlag
op die boggelrug sinkpad se plaaspad voue




Gebore by die see, verlief geraak op die berge / platteland en woon nou in die Vrystaat saam met my vrou Charmaine en 11 maande dogter Katelyn. Was deel van WOES se eerste bundle uitgawe van 2008 onder my tweede naam Gerhard. Vroeg "afgetreë" en hou myself besig met my "kunswerke". Werk ook deeltyds aan my eerste digbundel. Alle hulp en raad sal goud werd wees ...Ag en dan die legal ding: alle regte word voorbehou op geplaaste werke

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed