Jongste aktiwiteit:

Die Liefde

Die Liefde

Soos ‘n hert wat smag na stille waterstrome
so smag die liefde in sterk lewensstrome
na respek en aanvaarding
vir sy vele opoffering

Van kindsbeen wil hy ons betower
met ‘n verlange wat ons harte verower
terwyl sy selfsugtigheid
kenmerk ‘n Hemelse waardigheid

Kennis en rykdom gee mag
maar die liefde maak sag
‘n hart gebonde in aardse trots
en verhard aan ‘n tydelike rots

Die liefde kan ons wel verstaan
waar Hy fluister in ‘n Hemelse dialek
wat geloof en hoop wek

 Petrus JS Vermaak




1 Kommentaar

  • Anze

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2018 - Poëtiese orde projek Ek wil egter ook noem dat jy asb mooi na die projek opdragte sal kyk. Elke maand het ander opdragte en temas Beste INKers, Ek merk met baie van die inskrywings neig die kommentaar altyd na die estetiese aanbiedings, wat natuurlik spelling, die gebruik van leestekens, ritme en metrum insluit, en verder, die verkeerde gebruik van hoofletters en die basiese reëls wat met poësie gepaard gaan. Uit van Wijk se boek (sien verwysing hiernaas) leer ek: "om te dig is 'n literêre kunsvorm wat van estetiese en ritmiese eienskappe of vermoëns van 'n taal gebruik maak..." [ N. van Wijk (1936 [1912]), Franck's Etymologisch woordenboek der Nederlandsche taal, Etymologiebank.nl, http://www.etymologiebank.nl/trefwoord/gedic ] Hierdie maand is die opdrag om aan hierdie onderskeie aspekte van poësie en prosa aandag te gee. VIR DIE DIGTERS: Skryf 'n gedig (nie langer as 15 lyne nie) en implimenteer die estetiese beginsels van leestekens, tipografie en basiese goeie reëls. Die onderwerp van jou gedig is nie voorgeskryf nie, maar jy gaan BAIE streng gemerk word op die bostaande. VIR DIE SKRYWERS: Skryf 'n storie of artikel oor enige onderwerp maar pas die reëls soos hierbo vervat streng toe. ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING Skryf in Afrikaans - 'is mos lekker' Projekbestuurder

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed