Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Die Liefde

Deur Peet
Datum gepubliseer: 7 Junie 2018 Aantal woorde: 88 496 Kere gelees Hou van

Die Liefde

Soos ‘n hert wat smag na stille waterstrome
so smag die liefde in sterk lewensstrome
na respek en aanvaarding
vir sy vele opoffering

Van kindsbeen wil hy ons betower
met ‘n verlange wat ons harte verower
terwyl sy selfsugtigheid
kenmerk ‘n Hemelse waardigheid

Kennis en rykdom gee mag
maar die liefde maak sag
‘n hart gebonde in aardse trots
en verhard aan ‘n tydelike rots

Die liefde kan ons wel verstaan
waar Hy fluister in ‘n Hemelse dialek
wat geloof en hoop wek

 Petrus JS Vermaak




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    7 Junie 2018

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2018 – Poëtiese orde projek

    Ek wil egter ook noem dat jy asb mooi na die projek opdragte sal kyk. Elke maand het ander opdragte en temas

    Beste INKers,

    Ek merk met baie van die inskrywings neig die kommentaar altyd na die estetiese aanbiedings, wat natuurlik spelling, die gebruik van leestekens, ritme en metrum insluit, en verder, die verkeerde gebruik van hoofletters en die basiese reëls wat met poësie gepaard gaan.

    Uit van Wijk se boek (sien verwysing hiernaas) leer ek: “om te dig is ‘n literêre kunsvorm wat van estetiese en ritmiese eienskappe of vermoëns van ‘n taal gebruik maak…”
    [ N. van Wijk (1936 [1912]), Franck’s Etymologisch woordenboek der Nederlandsche taal, Etymologiebank.nl, http://www.etymologiebank.nl/trefwoord/gedic ]

    Hierdie maand is die opdrag om aan hierdie onderskeie aspekte van poësie en prosa aandag te gee.

    VIR DIE DIGTERS:
    Skryf ‘n gedig (nie langer as 15 lyne nie) en implimenteer die estetiese beginsels van leestekens, tipografie en basiese goeie reëls. Die onderwerp van jou gedig is nie voorgeskryf nie, maar jy gaan BAIE streng gemerk word op die bostaande.

    VIR DIE SKRYWERS:
    Skryf ‘n storie of artikel oor enige onderwerp maar pas die reëls soos hierbo vervat streng toe.

    ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

    Skryf in Afrikaans – ‘is mos lekker’
    Projekbestuurder

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 12
Kommentaar telling: 0

Ek is van Oudtshoorn en baie lief vir my taal veral met die skryf van gedigte. Tans is ek woonagtig vir die afgelope 20 jaar in Oudtshoorn en werksaam as Algemene Bestuurder te Wilgewandel Vakansieplaas, 2km vanaf die wêreldbekende Kango Grotte. Ek is getroud met Maureen, my lewensmaat en die grootste inspirasie in my lewe. My gedigte handel baie oor die uniekheid en skoonheid van die Klein en Groot Karoo, daarom my skryfnaam "Kambro Kind". My gedigte is daar om mense te inspireer en te motiveer, daarom is dit altyd my doel om 'n boodskap deur te gee. Ek is ook baie lief om gedigte te skryf met 'n geestelike boodskap. Geniet dit.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 31 gaste aanlyn

Bydrae Totale