Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Die langbeen Perd

Deur morne du preez
Datum gepubliseer: 6 Augustus 2019 Aantal woorde: 115 65 Kere gelees 1

Die langbeen Perd
het uit ‘n mandjie geklim
en van sy stert ‘n kwas gemaak
die langbeen Perd
loop nou sonder stert
om ‘n winkelhaak draai
stories té ry

Die langbeen Perd
hou nie van outokrate nie
hy praat sonder tong
hy het na die maan gebeuk
oor sy heimwee

Die langbeen Perd
het saam Jan en Lucifer pyp gerook
en nes ‘n wolkspook verdwyn
in ‘n spookwit gordyn

Die langbeen perd
is minute sonder daad
dae met geen raad
geboortes en kruisigings

Die langbeen Perd
staan poedelnaak
en offieer sy poeskas
aan al die vernietnaaiers
wat rinkink en rinnewaas

Die langbeen Perd
is poegaai genaai
die langbeen Perd
het voetspoorloos verdwyn.

©Morné du Preez




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 48
Kommentaar telling: 25

n dromerkind van oud nuut in skryfkuns maar die woorde hou my snags wakker,kunstenaar. Leser,loper advontuurus,hengelaar. ek hou my asem op om die hemel te kan vind waar ek nie anders is nie maar een wat nie anders is as ek myself nie.

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 114 gaste aanlyn

Bydrae Totale