Jongste aktiwiteit:

Die ideologie van taal

Morfologies ‘te vind
in bekken
soos vakterminologie
‘te ondersoek

‘n liefde vir woorde
uit beuk’end
getong en rond
van mond

rap,kap,slat
en vat
spring die kat

maar die mat
lê plat

so raak ek in
woorde wêreld
verslaaf sy is
my beminde

die vuur wat na my
hemel aan’gluur
en spits op my tong
rond spring

kiewie die diewie
het met sy kierrie
my kom kielie
soos ‘n bielie
boelie kon kielie

en die soek na
ander se woordegedagtes
wat tot in my bekken
kom lê en vergadering
hou in my gees

wipper’end
wapper’end

teen himself beveg
beul’end
bevry’end

ad perpe’tuam memo’riam
sê ek
ad perpe’tuam memo’riam

©morné du preez




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed