Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Die hangman

Deur morne du preez
Datum gepubliseer: 13 Oktober 2019 Aantal woorde: 93 60 Kere gelees 2

Daar is ‘n langtou vir my en jou
hy is gehang in die donkerboom
daar is nie groen gras onder hom
net ‘n graf en ‘n gat

met ‘n wurgstrop om die nek
hang ons voeitjies vir die gek
ons tonge verstop
vertrap en verguis

die staatsklaer het ‘n semi-automatiese geweer
die straatveer het die magasyn
almal gerig op ons stil
maar stil sal ons nooit bly

ons sal gedories
en stories
allermintigse koenkies
uit ons taal brou

hou maar jou tou
hangman …
my woorde wil nog jou
duiwels verjaag

©Morné du Preez.




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 68
Kommentaar telling: 43

n dromerkind van oud nuut in skryfkuns maar die woorde hou my snags wakker,kunstenaar. Leser,loper advontuurus,hengelaar. ek hou my asem op om die hemel te kan vind waar ek nie anders is nie maar een wat nie anders is as ek myself nie.

Gebruikers Aanlyn

4 Lede, 109 gaste aanlyn

Bydrae Totale