Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Die glimlag

Deur Gerda-Marié
Datum gepubliseer: 4 April 2019 Aantal woorde: 928 190 Kere gelees 4

Die glimlag

Sarie sien op teen die tee-kuier saam met haar ouma.
“Ouma Saartjie is cool en alles, maar daar is ander goed wat ek moet doen, Ma.” Sarie doen sowaar wat sy vir haar ma beloof het om nie te doen nie. Sy praat oor haar telefoon terwyl sy bestuur. Maar wat doen ‘n mens as die karre om jou, jyself in kluis, teen die spoed van ‘n slak beweeg omdat een of ander dronk Piet waarskynlik weer die robot uit sy nate gery het?
“Ja, Ma. Ek weet familie kom eerste, maar ek skryf môre ‘n groot semestertoets en volgende week moet ek drie take inhandig,” probeer sy verskoning soek.
Sarie skrik haar koud toe Ruan en Jacob langs in die stoetvloeiverkeer beland. Die ouens lyk diep in gesprek, maar toe hulle sien dat sy vir hulle in hul Golfie kyk, waai hulle ter gelyke tyd. ‘Presies my geluk’, dink Sarie. ‘Op die dag wat ek skaars my hare kon borsel beland ek langs die twee.’
“Askies, hoe het Ma gesê?” Sarie weet sy het konsentrasie verloor. Hoe anders as die outjie waarop jy smoorverlief is uit die middel van nêrens langs jou stop?
“Ek sal gou vir haar blomme by Spar koop en dit gaan afgee… Ja, Ma-a-a-a.”Die motor agter haar druk die toeter toe dit haar beurt is om te ry. “Ek moet ry, Ma.” Met ‘n kus in die gehoorbuis lui sy af. Sy kan seker wees haar Ma het so paar woorde in die proses gesê.

Die ouens het na regs gedraai. Seker op pad kampus toe, dink sy terwyl sy beplan hoe om die maklikste by die winkel uit te kom. Sy koop vir haar en haar ouma komkommertoebroodjies en net voor die kassiere gryp sy ‘n bos daisies. Kleurvolles, soos nes haar ouma daarvan sal hou. Terwyl sy in die ry wag – wat is dit vandag dat almal so poer-poer? – sien sy haar dosent twee rye van haar af. Meteens bloos Sarie, want sy is van plan om prof. Rademeyr se klas te mis sodat sy by haar ouma kan gaan kuier. Sy buig haar kop, maar dis te laat. Prof Rademeyer ken haar derdejaars se gesigte. Sy waai met groot bewegings vir Sarie. Sarie knik bedees en waai vinnig vir haar dosent.

Soos oudergewoonte wil oom Ben eers ‘n paar woorde oor sy mak lammetjie met Sarie wissel. Sedert sy eerstejaar is en vir haar ouma by Rusgerus kom kuier, knoop hierdie oom wat diens doen by die hek al geselsies met Sarie aan. Volgens die oom laat Sarie hom baie aan sy kleindogter in Engeland dink. “Sy het net sulke rooi hare soos jy. Is jy ook so vurig soos sy?” het hy eens gevra. Ouma Saartjie is nie op haar mond geval nie en het hom sommer daar en dan gewaarsku: “Ja, Ben. Sy aard na my. Ons sit nie op ons monde nie, ons gebruik dit. En ons hou nie van orige mans nie, so moenie die kind moeilikheid gee nie, hoor?” het sy hom waarskuwend met haar kierie gedreig.

Vandag praat oom Ben oor Valentynsdag wat om die draai is. “Kan jy glo, die mense hier stuur nog vir mekaar blomme en kaartjies. Klomp tortelduifies hier. Jy moet sien hoe loop hul hier verby die die hande in die hand. Mense van oor die tagtig. Kan jy glo?”Oom Ben lyk baie entoesiasties. Dalk selfs ‘n tikkie jaloers. “Gaan oom ook vir iemand ‘n kaartjie en blomme stuur?” vra Sarie belangstellend. “’n Man praat mos nie eintlik uit oor die goed nie, maar die voordeel is dat ons mans kan kies en keur, want hier is baie meer vroue as manne.” Hy giggel so dat Sarie opnuut opmerk hoe skeef sy voortande is.

Dis al twaalf jaar sedert oupa Wim se dood, maar oupa Wim se kiekie pruik steeds in ouma se klein voorportaal van haar huisie op Rusgerus. Ouma ry ook steeds sy Merc, hoewel haar dogter, Sarie se ma, nie meer wil hê sy moet nie. “Ag, dis net vir so bietjie uitkom. Ek kan nie heeldag allee hier in my huisie sit nie en Sarie is so besig,” is altyd die verskoning wat ouma Saarie gee vir die antieke motor.

Ouma Sarie het net van die kombuis af teruggekom toe Sarie Jnr die skinkbord met die tee en broodjies aan kom. “Eet hartjie. Ek het sommer jou blomme in die water gesit.” Jong Sarie is stil. “Wat is fout hartjie? Wat pla?.” maar Sarie bly voor haar uit staar. “Ek dink ek is verlief, Ouma,” glimlag sy skelm voor haar wange weer rooi en warm voel. “Wat is sy naam? Ken ek hom?” Sarie vertel oor hoe sy en Ruan gister by die biblioteek ontmoet het. Sy glimlag onbeheers. “Ek kan sien jy hou van hom. Anders sou jy nie so gelag het nie. Is ek reg?”
“Ja, Ouma,” antwoord sy skaam.
“Jy hoef nooit skaam te wees oor hoe jy oor iemand voel nie. Ek self is verlief. Dis ‘n geheim né. Net tussen my en jou?” Die ou vrou fluister in Sarie se oor. Sy skuld haar hand teenaan haar dogter se oor. “Dis oom Ben, maar moenie jou ma sê nie, reg?”

Sarie knip. “Ek is verlief op Ruan, maar Oums moet ook niks sê nie.” Die twee vroue glimlag tevrede vir mekaar. ‘Dis ‘n tipiese teekuier,” dink Sarie toe sy weer in haar Golf na die kuier klim.

Sy glimlag by haarself toe sy aan die opwinding van die week verre Valentynsdag dink.




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 9
Kommentaar telling: 0

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 42 gaste aanlyn

Bydrae Totale