Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Die Duisendste Keer

Deur André van Wyngaardt
Datum gepubliseer: 31 Mei 2020 Aantal woorde: 172 38 Kere gelees 1

Die Duisendste Keer

Vers 1:
Ek wonder vanaand
Waar is jy
Ek wonder alweer
Dink jy nog aan my

Vers 2:
Of is daar ‘n ander ou
Iemand wat jou styf vashou
Iemand wat jou laat vergeet het van my
Jy sien

Koor:
Dis vanaand die duisendste keer
Wat ek dink aan jou
En ek wens steeds
Om die man te wees wat jou styf vashou

Jy sien
Ek mis jou meer as wat ek ooit kan sê
Ek wil die ene wees
Wat in jou arms lê

Vers 3:
Ek wonder
Of jy dink hoe ek lyk
Ek wonder
Of jy ook só na hom kyk

Vers 4:
Of het jy my in jou hart
Verlange maak so seer
Ek belowe jou vanaand is die laaste keer
Jy sien

Herhaal Koor (X2)

“Die Duisendste Keer” is geskryf en gekomponeer deur André van Wyngaardt©
Dit is vrygestel op die “Die Engele Haal Asem” album in 2017, en is ook beskikbaar op alle goeie digitale platforms
Kyk gerus na die musiekvideo op YouTube:




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 25
Kommentaar telling: 1

Welkom by my Ink profiel. Ek is André van Wyngaardt en ek is 'n Afrikaanse liedjieskrywer, komponis en sanger. As 9 maande oue baba, het my ma en tannie op my afgekom waar ek "Stille Nag" geneurie het in my kot. Musiek is in my are ... Aan vaderskant het my pa se twee broers bekendgestaan as Die van Wyngaardt Broers; hulle het musiek gemaak en langspelerplate vrygestel in die jare 70's. My musiek is beskikbaar op alle goeie digitale platforms, o.a op YouTube, Spotify, iTunes en Google Play Music. Kom luister gerus.

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 48 gaste aanlyn

Bydrae Totale