Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Die donkerdag

Deur morne du preez
Datum gepubliseer: 23 Julie 2019 Aantal woorde: 90 145 Kere gelees 1

Rou is ‘n kleur
grys met roet gesméér
onderstebo in-mekaar-geblik
met ‘n leë dorwe kreet

die hemel,bruis ,knel en skor
wolke drup losbandig
so asof die vuilheid net wegspoel
uit na die see

Verorber sal dit tog net weer word
met hoek en lyn
op-ka-trol-op-ka-trol
deur die branders se breek
oor die kole
tot op ‘n bord

Daar steek hy weer sy kop uit
skande en smart
donker-rou
wie sou wou lag
te’ denke aan ‘n druppeltjie dou
net ‘n boer se smart
kon reinig.

©Morné du Preez




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 41
Kommentaar telling: 22

n dromerkind van oud nuut in skryfkuns maar die woorde hou my snags wakker,kunstenaar. Leser,loper advontuurus,hengelaar. ek hou my asem op om die hemel te kan vind waar ek nie anders is nie maar een wat nie anders is as ek myself nie.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 64 gaste aanlyn

Bydrae Totale