Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Die donker skadu

Deur morne du preez
Datum gepubliseer: 25 Julie 2019 Aantal woorde: 106 94 Kere gelees 1

Swart leemtes
jy kan hoor in hul stemme
donker verdriet
sy gee jou haar rug

Die blik staar wat sy gee
tart sy jou gedagtes meë
in haar dieptes als gesluk
verloor jy beheer

Die snit is te diep
dit bloei jou uit

Soos riviere van water
bloed van hul hande
afgewas en gemaal
nes ‘n leë bord

Wat vergete is sal vergete bly.
Als gepynig,swart
blink gesmeerde woorde.
Blind sal dit jou los

Die sny van haar tong
deurboor my hart
soos ek…
haar rok optrek…
aanbid die siel
geweld in haar naaktheid
in-mekaar ingebind
‘n ewebeeld

Verdonkerde,uitgeholde
verlate stemme.

©Morné du Preez




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 41
Kommentaar telling: 22

n dromerkind van oud nuut in skryfkuns maar die woorde hou my snags wakker,kunstenaar. Leser,loper advontuurus,hengelaar. ek hou my asem op om die hemel te kan vind waar ek nie anders is nie maar een wat nie anders is as ek myself nie.

Gebruikers Aanlyn

5 Lede, 81 gaste aanlyn

Bydrae Totale