Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: DIE DODELIKE SPEL DEEL EEN

Deur neels
Datum gepubliseer: 17 Augustus 2016 Aantal woorde: 3015 884 Kere gelees 8

Jack Scriven se kinderdae was bitter moeilike jare. Hy het op die delwerye langs die Oranje Rivier groot geword waar sy pa op hulle kleim gedurig op soek was na die grote wat hom skatryk sou maak. Dit het egter nooit gebeur nie en moes hulle oorleef op die paar klein diamantjies wat hy op n gereelde grondslag ontgin het. Sy ma het pad gevat toe Jack ses jaar oud was en het hom net so by sy pa gelos in die armsalige kaja waarin hulle op die kleim gewoon het.

Toe Jack bietjie ouer geword het moes hy smiddae in die bloedige son op die delwery help wanneer hy van die skool af gekom het. Hy moes ook huis hou en saans het hy sy huiswerk by n parrafien lamp doen.

Reeds vroeg is sy lewe het Jack besluit dat die delwerye nie vir hom is nie. Om hom verder in hierdie voorneme aan te help was Carol Davies, n kleurling meisie wie se pa as handlanger vir sy pa gewerk het.
Carol was nooit n skoonheids koningin nie maar was daar, tot Jack se pa se ergenis, n baie hegte band tussen die twee en was hulle na skool maar gedurig saam en het sy maar altyd om Jack gedraai..

Saam het hulle besluit dat dat hulle na skool die delwerye gaan verlaat en n heenkome op n ander plek soek. Daar was nooit n romantiese verbintenis tussen die twee nie en het hulle saam na skool gedoen wat hulle besluit het. Hulle het die delwerye verlaat om in n hotel in Kimberley gaan werk, albei as leerling sjefs.

Hulle het gou besef dat hulle hulleself nooit sal kan ryk werk nie en het hulle saam gespaar om hulle eerste diamante te kan koop om weer te kan verkoop en het hulle, nadat hulle tot die smokkelhandel toegetree het, net groter en groter geword. Na tien jaar was hulle gemaakte mense en kon hulle hulle groot droom verwesenlik, hulle eie restaurant.

Vyf jaar verder het hulle die plek verkoop en het hulle n erf gekoop en n spogplek gebou. “Scrivens Inn” het vinnig die plek in die stad geword waar die cremè de la cremè kom eet het.

Hiervoor het hulle vyftien jaar gewerk, nooit gevang gewees vir onwettige diamanthandel nie, alhoewel daar baie noue ontkomings was. Jack het n fyn neus vir n lokval gehad en kon n lokval n myl ver uitruik.

Die gedagte was om die diamant smokkelary te los as hulle hierdie ideaal verwesenlik het maar dit was nie so maklik nie, die smokkelaars wou hulle nie los nie, met die gevolg dat hulle net groter geword het.

Dit was ook in hierdie tyd wat Tanya Greyling by hulle aangesluit het. Tanya was n mooi meisie met n pragtige figuur. Met haar kort swart hare en dromerige oë het sy n soort uitdagende karakter weerspieël en het daar n romantiese verbintenis, tot Carol se groot vreugde, tussen Tanya en Jack ontstaan. Tanya het ook maar arm groot geword en was haar groot voorneme om stinkryk te word. Tanya het vinnig geleer en het sy gou van diamante net soveel soos die ander twee geweet.

Daar was twee groot smokkelaars in die stad wat die onwettige diamanthandel so te sê beheer het, Mario Andretti, n nagklub en gesellinklub eienaar en Sam Bloomberg, die eienaar van n meubelwinkel.

Hulle het glad nie van die gedagte van n derde toetreder tot die top gehou nie en toe Jack Scriven die bestes met die beste diamante na hom toe begin lok het met beter pryse was die gort gaar.

Hulle het met Jack gaan praat maar dit het niks gehelp nie. Jack het hulle uitgelag en hulle reguit vertel dat hy nie kan help dat hy beter pryse betaal nie.
Daar was nie veel wat die twee kon doen nie en moes hulle maar tevrede wees met die omstandighede. Dit het gou bekend geword dat Jack net die top diamante koop en het die ander diamante nog steeds hulle weg na die ander twee toe gevind.

Toe ontdek Jan Plaatjies die grote. Hy kan sy oë nie glo toe hy die sif omkeer en, asof die steen hom roep, lê die blou-witte heel bo op die hoop gruis. Jan se oë het vinnig heen en weer geglip maar het dadelik opgemerk dat niemand vir hom kyk nie en het hy die diamant in sy sak laat glip. Hy het goed geweet dat die kleim eienaar hom sal vergoed vir die steen maar gierigheid het die oorhand gekry. Hy het ook gedink dat hy op die onwettige mark baie meer sal kry as wat die eienaar hom sal vergoed. Jan Plaatjies het diamante geken en het hy geweet dat hierdie n uitsonderlike steen is, die tipe steen wat elke delwer van droom.

Ander oë op die buur kleim het egter gesien en het gierigheid weer die oorhand gekry. Willem Adoons het dadelik besluit dat Jan Plaatjies nie hiermee gaan wegkom nie, hy gaan in hierdie rykdom deel.

Die aand het Willem vir Jan gekonfontreer met wat hy gesien het en het hy sy ultimatum gestel, of hulle deel in die rykdom of hy gaan die kleim eienaar vertel dat Jan die diamant gesteel het. Jan moes ingee alhoewel hy baie bitterbek was oor die feit dat hy sy rykdom nou teen wil en dank moes deel.

Na hierdie ooreenkoms het die twee besluit om hulle nuwe rykdom te vier met n bottel brandewyn wat Willem gehad het. Drank is nie n man se maat nie en besluit Jan later in sy dronkenskap hy gaan nie sy rykdom deel nie. Ten spyte van sy toestand gaan vermoor hy Willem in sy kaja en vat die pad om sy roes in die veld te gaan lê en afslaap. Die Blou-Witte het sy eerste slagoffer ge eis.

Dit was nie die eerste keer dat handlangers op die delwerye sommer net verdwyn nie. Ondervinding het egter geleer dat wanneer n handlanger so skielik verdwyn hy met n redelike steen verdwyn het. Nie veel wat n delwer daaraan kan doen nie maar toe hulle die middag Willem se lyk in sy kaja ontdek moes hulle die polisie inroep.

Baie gou het die speurders agter die waarheid gekom want van die ander het vertel van die gedrinkery en spogtery die vorige aand tussen Willem en Jan en het die jag na Jan Plaatjies in alle erns begin.

Jan het egter nie stil gesit nie en met so n diamant is daar net een man om dit aan te verkoop, Jack Scriven.

Jan het die oggend so tien uur by die resatuarant opgedaag en het dadelik aangedring om Jack te sien. Die verkopers het ook al geleer dat hulle Jack nie sommer net te sien kry nie. Hulle besoek eers die restaurant om n afspraak te maak. Hierdie afspraak is gewoonlik op n afgeleë plek gemaak. Dan sal Jack hulle op die afgesproke tyd op die plek ontmoet saam met Carol.

Gewoonlik het hulle eers baie seker gemaak dat dit nie n lokval is nie en sodra die transaksie voltooi is het die diamante blitsvinnig tussen Carol se groot borste verdwyn en het die terugtog begin. Dit het n paar keer gebeur dat hulle voorgekeer is maar met de diamante veilig tussen Carol se groot borste was die soektog tevergeefs. Die speurders het nooit daaraan gedink om daar te kyk nie.

Jan wou egter niks weet nie en het daarop aangedring om Jack dadelik te sien en om gewig by sy versoek te sit wys hy die diamant vinnig vir Tanya. Tanya het net haar asem ingetrek en gaan roep toe vir Carol. Carol het dadelik besef dat hierdie steen n fortuin werd is en neem sy Jan deur na Jack se kantoor. Die deure is dadelik gesluit en het Jan die diamant voor Jack op sy lessenaar neergesit.

Jack het sy asem stadig ingetrek want hy kon nie glo wat hy sien nie. Die steen voor hom is n paar miljoen werd. Hy het sy diamantskaaltjie in die kluis gaan haal en die diamant geweeg. Toe die skaal op net oor die duisend karaat tot stilstand kom het hulle geweet, hierdie is n unieke steen sonder weerga. Maklik n paar miljoen werd. Jack het die steen versigtig in n tangetjie vasgeknyp en die diamant deur sy vergrootglas bestudeer. Vlekkeloos, n fortuin wat hy na kyk. Daar is net een probleem, niemand in die sluikhandel sal aan so n steen raak nie. Op een of ander manier sal die steen weer in wettige kanale moet kom.

Jack het die steen versigtig neergesit en toe vir Jan gevra: “Hoeveel wil jy hê vir die steen ou grote. Jy moet net onthou dat hierdie steen weer sal moet in wettige kanale kom anders is hy niks werd nie”.

Jan Plaatjies het goed geweet dat die polisie vinnig op sy spoor gaan kom oor die moord op Willem en dat hy nou dadelik van die diamant moet ontslae raak dat hy kan padvat uit die stad uit en is daar nie tyd vir praatjies nie: “Ek sal honderd duisend vat vir hom”.

Jack kan sy ore nie glo nie en is sy eerste gedagte lokval maar antwoord hy tog toe dit by hom opkom dat hierdie nie n lokval diamant kan wees nie: “Ek het nie so baie geld hier by my nie. Ek sal moet gaan geld trek”.

“ Is reg ek sal wag”, het Jan geantwoord terwyl hy weer die diamant in sy sak druk. Geen diamant voor betaling nie is die algemene beleid. Jack is vinnig bank toe om die geld te gaan trek. Dit is nou die rekening wat apart gehou word. By die bank het dit vinnig gegaan sonder vrae want die tak is gewoond daaraan dat groot bedrae deur die diamanthandelaars getrek en inbetaal word en is die transaksie vinnig afgehandel nadat hy terug is. Jan kon nie vinnig genoeg wegkom nie maar in hierdie spel is daar oë wat dophou en is Jan ook gesien. Die oë wat Jan Plaatjies so vinnig by Jack sien uitkom het het ook gehoor van die groot diamant en die moord op Willem en is die oë ook n polisie spioen wat dadelik afsit polisie toe.

Intussen verdwyn Jack met die diamant plaas toe; “Carol hierdie diamant moet weg van ons af. Ek het net die gevoel dat die storie oor so n seldsame vonds gaan gevolge hê. Ek gaan hom in die beeskraal begrawe en die beeste daaroor jaag. Dan kan ons, as die stof gaan lê het, hom gaan uithaal en van hom ontslae raak”, is sy afskeidswoorde voor hy ry.

Jack is skaars terug of twee speurders stap by hom in die kantoor in. Hulle is ou bekendes en is voorstelling nie eers nodig nie. Een van hulle val sommer dadelik met die deur in die huis: “Jack, daar is stories wat rondloop oor n groot blou witte wat gister op n kleim gevind is en nou net verdwyn het. Kan jy ons dalk iets daarvan vertel want ons het gehoor dat jy vroeër vandag besoek van Jan Plaatjies gehad het wat op die kleim gewerk het en nou verdwyn het”.

Jack kyk hulle ewe verbaas aan: “Nou hoekom sal ek iets weet menere. Jan Plaatjies was wel hier maar ek is uit die bedryf uit en het ek hom weggestuur”.

Die een speurder kyk Jack stip aan; “Jack, ek koop dit nie. Sal jy omgee as ons jou kantoor deursoek en sommer in jou kluis ook kyk. Ons sal graag by jou huis ook wil gaan kyk. Terloops ons soek Jan Plaatjies vir moord ook.”

Jack kyk hulle glimlaggend aan: “Julle is welkom om te soek net waar julle wil menere. By my gaan julle niks kry nie. hoekom gaan besoek julle nie vir Mario Andretti en Sam Bloomberg nie”.

Die speurders skud net kop; “Jack hulle het nie besoek van Jan Plaatjies ontvang nie. Hulle is ook nie inderhaas bank toe om honderd duisend rand te gaan trek nie. Waar is daardie geld heen Jack”.

Jack staan agter sy lessenaar op: “Luister menere dit is my geld en het niks met julle te doen waar dit is en wat ek daarmee gaan maak nie. Ek het reeds gesê julle is welkom om die sogenaamde diamant te soek want by my sal julle dit nie kry nie”.

Na die deursoeking is die speurders se afskeids woorde: “Fyn trap Jack. Ons weet jy het daardie diamant Een of ander tyd sal jy dit probeer verkoop en dan het ons jou”.

Ook Sam Bloomberg en Mario Andretti hoor van die diamant en tussen hulle twee besluit hulle dat, siende dat hulle nie die diamant het nie Jack Scriven dit moet hê en dat hulle graag so n waardevolle diamant self wil hê. Na n lang vergadering tussen die twee is Mario Andretti die een wat met n oplossing vorendag kom.

“Sam ek gaan n vriend in die onderwêreld in Johannesburg kontak om vir ons iemand te reël om Jack dag en nag op te pas.Een of ander tyd gaan hy ons na die diamant toe lei, al vat dit n jaar maar kry gaan ons hom kry. Dan kan ons sommer vir Jack Scriven permanent uitskakel” is sy oplossing.

Tussen die twee besluit hulle om die onkoste te deel en maak Mario n oproep terwyl Sam nog by hom in sy kantoor sit. Na die gesprek sit hy die telefoon neer en glimlag vir Sam; “Ons man sal oor twee dae hier wees. Jack sal nie voor die tyd n skuif maak nie, daarvoor is daardie diamant te warm”.

Twee dae later stop n Toyota Corolla voor die nagklub se deur. Twee manne stap Mario se kantoor in en stel hulle self voor as Jakkals en die slang. Slang is werklik n slang met sy naby ogies en oliehare.

Gedurende die gesprek irreteer hy Mario grensloos omdat hy gedurig sy vinger oor die snykant van n mes sit en trek. Toe Mario hom vra om die te stop bêre hy die mes en begin met sy pistool speel. Toe die twee loop is dit n verligte Mario wat sy asem stadig uitblaas, hierdie twee is duidelik beroeps moordenaars maar dit is ook dudelik dat jakkals die slim een is.

Vir drie maande gebeur daar niks. Jack word twee keer in n polisie blokkade voorgekeer as hy Johannesburg toe gaan maar kry die speurders niks. Sy agtervolgers is ook maar gedurig op sy spoor maar Jack kom niks agter nie. Toyota Corrolas is volop en die twee menere het n hele paar vals nommerplate in die bagasiebak wat hulle kort kort omruil.

Jack het in hierdie drie maande nie stil gesit nie. Hy het sy reëlings getref om die diamant te verkoop en toe kom die dag wat hy besluit dit is tyd om die diamant Johannesburg toe te neem waar hy die diamant aan n oorsese kontak by die juwelier wat altyd sy diamante koop gaan verkoop.

Jack het sy reëlings deeglik getref. Sy agtervolgers het hulle nie meer veel aan sy plaasbesoeke gesteur nie. Hulle kon ook nie werklik op die plaas self kom nie want dan sal Jack hulle sien. Jack kon dus die sakkie met die diamant en n klompie ander diamante gaan opgrawe en is die diamante saam met hom in die spesiale plek in sy Isuzu bakkie waar geen mens sal soek nie.

Vroeg die volgende oggend is sy drywer in die pad met die Isuzu en hy n rukkie later agterna met sy Merceds 450 SLC. Die Toyota getrou op sy hakke.

Vir die drie maande het Jack nie een keer diamante vervoer nie en het die speurders al redelik mak geword en hom met rus begin laat. Sy agtervolgers was dus ook nie bewus van Jack se werkwyse nie om die diamant uit die Isuzu, wat later gelaai met groente gaan terugkom, te kry nie.

Jack stop altyd by n vriend op n plaas net buitekant die stad en dan word die diamante uit die Isuzu verwyder en oorgeplaas in n kompartement in die Mercedes. Die twee het dit nog nooit gesien nie en toe Jack dus afdraai na die plaas toe het hulle geweet, hier is iets aan die gang. Hulle het die Iuzu vroeër sien ry en is dit die eerste keer wat hulle Jack ook by die plaas sien indraai.

Hulle het ook geweet dat Jack gewoonlik by die Ultra City, net voor die stad, brandstof ingooi en besluit hulle om hom daar te gaan inwag terwyl hy op die plaas is.

Jack stel hulle nie teleur nie. Hulle het die Corolla in die parkeerterrein geparkeer en het hulle geduldig gewag tot die Mercedes by die brandstofpomp stop. Nadat Jack klaar is stop hy ook in die parkeer terrein. Wat hulle saak vergemaklik is toe Jack n draai gaan loop. Nadat Jack klaar is en sy hande was skuif Jakkals agter hom in en druk n pistool in Jack se rug: “Nie n verkeerde beweging nie mnr. Scriven. Jy het iets wat ons graag wil hê en ons gaan n draai ry. Terloops ek is nie alleen nie. My maat sal ons volg en ons die hele tyd onder skoot hou. Jy moet ook aan die twee dames op Kimberley dink. As jy nie jou samewerking gee nie kan hulle dalk iets oorkom”.

Jack is lam en besef dat al is dit net ter wille van Carol en Tanya, hy sal moet saamwerk. Toe hy buite kom klim hy saam met Jakkals in die Mercedes en ry hulle met die Corolla op hulle hakke.

By n grondpad na n verlate mynskag word Jack beveel om in te draai en n ent verder word hy beveel om te stop. Teen hierdie tyd weet Jack presies waaroor dit gaan maar ook dat verset nie sal help nie. Hy sal die diamante aan hulle oorhandig want hy moet aan Tanya dink wat hom vanoggend gevra het dat hy versigtig moet wees want sy is swanger.




TEMAS
6 Kommentaar
  1. neels

    17 Augustus 2016

    Ek hethierdie boek van my in twee dele opgesom. die werklike verhaal is baie langer

  2. Anze

    17 Augustus 2016

    Ek onthou hierdie een, dit was sommer lekker om dit weer te lees dankie vir die deel Neels

  3. Arnold

    18 Augustus 2016

    Ja Neels, diamante en meisie is soms net moeilikheid.

  4. neels

    18 Augustus 2016

    dankie Arnold dit is en bly n dodelike spel

  5. Kiekies

    1 September 2016

    Ha ‘n bekende een wat lekker is om te lees!!

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 214
Kommentaar telling: 1107

Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 141 gaste aanlyn

Bydrae Totale