Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: DIE DANS GAAN AAN

Deur GhwarriegatQueen
Datum gepubliseer: 23 Junie 2019 Aantal woorde: 574 130 Kere gelees Hou van

DIE DANS GAAN AAN

Baie onsêbare emosies en ongesensorde voelgoedters eb en vloed nou dwarsdeur hierdie wise-ass hart van my…Hier waar ek op my gunsteling ou boomstomp op my geliefde ou Ghwarriegat sit; beker vuurwarme tee in die hand.
Kyk na die lig wat flikker-flonker op; oor my Swaard wat voor my voete lê. Ja; die branders rol in.
En die branders rol uit – stilsag streel my vingers oor die glimmende lem enne…Ek moet erken; as ek geweet het wat ek nou weet. Net geweet het van die helfte wat ek sou moes verloor; moes opoffer – dan sou ek seker nooit my mond oopgemaak het oor dae tussen Satynlakens nie. Sou steeds vir Righ als vertel het; maar ek sou nooit so openlik getuig het soos nou nie. Maar ja; ek het nie geweet nie.
Ek sou nou saam met my stukkie persentgekry Liewe Jesus in n mensvel en ons kinders daar by die see in mooi ou Kaapland kon bly. Daar onder die berg wat hulle die Tafelberg roep. Ek sou kon liefhê, liefgehê word. Kon droom. My Sprokie kon leef.
Daar aan die begin (na my wonderwerk bekering) was my vrouwees nuutgemaak, nog onaangeraak – helemal ongesensord. My menswees het gesmeul in die rou passie van Bloed en Hout. Sonder om 2keer te dink het ek daai Swaard gevat wat Hy na my toe uitgehou het; en ekt die geveg begin veg sonder om rerig ‘n benul te he van net presies hoe wreed; hoe absoluut meedoenloos die aanslag gaan wees. Nie net van elcheappo en sy cronies nie; maar veral van hulle wat ek geglo het aan my kant moes wees – ja, veral van hulle.
En toe ek Righ verloor en…Hoe gou het ek nie agtergekom dat behalwe vir my Hero ek stoksielsaligalleen op daai Ghwarriegat staan nie. Dat ek nie net in die bres moet staan vir die dregs of humanity wat so gevoelloos deur establishment en kerk weggesmyt word op daai einste Ghwarriegat nie; maar…..Maar dat ek ook vir my eie wickets moet keer of ek gaan my amagatta sonder n spieël in hoofletters sien!!…Ja, die branders rol in.
En die branders rol uit…….ek sit en kyk na my splinteruit vrouweesgemaak in stukkies kleur mosaiek voor die Kruis. Kyk na die stukkies van my menswees wat so koelbloedig oor die jare vermoor is. Weet dat die aanslag, die vernederings; die vervolging nie minder gaan word nie. Dat ek per dalks tot my doodgaandag uitgelewer gaan wees aan dit; sonder om ooit my Sprokie terug te kry. Sonder om ooit weer geluk te vind.
Ek kyk na my swaard; wens ek kon weghol. Maar ek kan nie. My passie se vuur brand buite beheer. Anders as veg kan ek nie. Omdat ek die Kruis bly sien en wegdraai kan ek nie van die MessiasMan wat daaraan gehang het vir my en als en almal op my ou Ghwarriegat nie!!! …. Die branders rol in.
En die branders rol uit…….My vrouwees; my menswees is nie meer daai ongeskonde mooi glas teebeker nie; orals is daar stukke uitgetjip. Eintlik is dit nou ‘n sterk ou blikbeker – dis seker maar al wat sal hou op my ou Ghwarriegat.
Rak Chazak Amats – daai ou Hebreeuse strydkreet. Die geveg gaan aan.
Die Dans gaan aan!!!
Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; mag jou dag in bloeisels geskryf wees.
©Liza Daniells




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 68
Kommentaar telling: 21

Vergun my net so n skeutjie se agtergrond; seblief - Ek sal dit kort hou. Ek was vir 26 jaar (van ouderdom 8 jaar) vasgevang in prostitusie, delms, satanisme; ens. Ek sal jou nie opsaal met die detail nie. Ek is nou al 21 jaar deur God se genade vrygemaak van daai boeie van die verlede; maar ek ervaar steeds baie vervolging en verwerping van kerk en Establishment. En - verloor om n laaang storie kort te maak, ek het net mooi ALS - letterlik en figuurlik verloor. Hoeveel maal in die winter moes ek fisies op straat slaap; enne is nou een keer gegangrape......nou sit ek met serviks kanker. Maar dis nie die punt nie. Nie nou nie, in elk geval. Ek wil nie chemo of n hospitaalbed he nie. Ek wil weer die seesand onder my voete voel; die see sien. Ek is onherroeplik mal vir die see; vir mooi, ou Kaapland. Ek wil waag om te glo in die gebeur van n wonderwerk. Weer geluk vind; liefde. Ek wil LEWE!!!

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 86 gaste aanlyn

Bydrae Totale