Jongste aktiwiteit:

DIE DAGGA EN DIE DWELM KULTUUR IN SUID AFRIKA

(Hierdie is my eie ondervinding van ‘n Suid Afrikaanse dwelm kultuur waarvan ek deel was vir ongeveer 35 jaar, hierdie is ‘n uitreksel uit my biografie REDE OM TE GLO)
DIE DAGGA EN DWELM KULTUUR IN SUID AFRIKA
Vanaf die sestiger jare tot in die laat sewentigs het die dagga en dwelm wette swaarder geword en dit het die dagga gemeenskap verder ondergronds gedryf. Tot in die tagtigs was die wette so swaar dat ‘n mens selfs net vir dagga rook ‘n 12 maande tronkstraf kon kry, dan ‘n twee tot vier jaar en die derde keer ‘n vyf to agt jaar gevangenis straf. Indien jy die eerste keer gevang was met te veel was jy aangekla vir handel in dwelms en kon jy die eerste keer vyf to agt jaar kry. Om tronk toe te gaan het jou dadelik ‘n baie groot agterstand in die lewe gegee want behalwe ‘n kriminele record was jy blootgestel aan baie donker en duister dinge wat jou psige en uitkyk op die lewe verander. Dit was warm daarbuite en nuwe en vreemde mense was altyd met agterdog behandel want ons het nooit geweet of dit poliese was of selfs net iemand wat as die poliesie hulle warm klap jou sou weggee nie. Vreemde mense en mense wat nie vertrou kon word was nie in ons kringe toegelaat nie en ons het by ons soort gehou. Hierdie was ook die rede hoekom die dagga en dwelm kultuur baie afgesonder was endit het so te sê in geheimhouding afgespeel het. Hierdie was ook die rede hoekom “straight” mense altyd sulke snaakse en way out stories versprei het en baie misverstande het geheers want mense het nie regtig geweet wat daar gebeur nie. Die poliesie het ook met die stigting van die “drug squad”, SONAP prober om ons linnies te infiltreer maar nie met baie groot sukses nie. Die meest Rokers wat gevang was, was deur ander rokers wat ‘n ooreenkoms by die poliesie gekry het om te pimp (om ons te verraai). Maar daar was te veel klein goedjies wat iemand wat nie regtig ‘n regte Roker was nie weggegee het, ons het ook altyd wakkker geloop vir sulke mense want hulle was ‘n gevaar vir ons. Dit het ook beteken dat party poliesie manne self boom begin rook het en Rokers geword het om ons te kon vang maar hulle was nie so baie nie, die “undercover” het nie so lekker soos in die movies gewerk nie want jy was nie sommer as ‘n vreemde Roker oornag aanvaar nie, almal het jou dopgehou om te kyk of jy foute maak. Omdat nuwe Rokers nie baie welkom was nie was dit maar altyd moeilik om net in te kom maar as jy in was was jy in en kon jy orals oorleef want jy het die taal van die Rokers geken. Sodra iemand egter in die dorp of voorstad gevang was het niemand goed geslaap nie an almal het maar altyd daardie vrees gehad vir die harde klop aan die deur, veral in die middle van die nag. Ons het maar altyd die “Boere” gevrees en ons het baie voorsorgmaateëls getref om nie gevang te word met enige dagga in os person of in ons besit nie, sie strawwe was net te erg.

Dit was sleg want dit het ‘n alreeds geheime kultuur nog net verder van die samelewing af weggedryf waar vreemde mense en jong Rokers nie sommer net in ons kringe toegelaat was nie. Toe ek in die Army gevang was het ek gekwalifiseer vir 5 tot 8 jaar gevangenis straf en selfs erger want ek is in die Army gevang met baie dagga en is aangekla vir handel dryf of soos ons maar gesê het vir smokkel. Om egter Greefswaldt to gestuur te word wat ‘n rehablilitasie sentrum was, was vir my ‘n uitkoms en ‘n baie groot geluk in die lewe waaroor ek vandag nog dankbaar is want dit was beter as tronk en dit het nie op my siviele kriminele record gekom nie. Oor Greefswaldt of die Vault gaan ons nog baie praat want vir almal wat daar was was dit ‘n groot keerpunt in hulle lewens al het ons dit nie toe geglo nie. Die mense wat Dagga en dwelms verkoop het was ook baie geheimsinnig en skelm omdat dit gekriminaliseer was, maar as dit nie ‘n kriminele oortreding was nie sou ons baie meer kinders vernietig het want baie min mense hou slegs by dagga. Dit is ‘n gateway dwelm en sadra dagga “normaal” begin word word alles getoets en so is baie kinders vernietig. Vandag gaan dit erger maar in amper al die gevalle begin alle dwelm misbruik by dagga. Omdat drank wettig en maklik beskikbaar was het dagga en drank saam baie verdriet veroorsaak want as jy die twee meng kry jy ‘n ander mens, baie moored is al hier gepleeg. Dagga en drank het alle sinne verdoof en in so ‘n toestand was ons tot enige iets in staat.

Een van die ergste gevare was egter dat as die poliesie jou gevang hetwou hulle altyd met jou ‘n deal te maak om die mense waar jy jou zol koop of selfs jou tjommies weg te gee en dan sou hulle jou laat wegkom. Daar is ook die wet wat jou beskerm het indien jy as ‘n staats getuie teen die ander sou optree, maar dit was bietjie te publiek en dan het almal geweet jy is ‘n pimp en pimps was baie seer gemaak of self dood gemaak. As jy eenkeer gebrandmerk was as ‘n pimp was jy nerens welkom nie en dit wou niemand gehad het nie. Hierdie het die dwelm gemeenskap eintlik net sterker gemaak want ons het ‘n soort van trots gehad wat maar net bepaal het dat jy niemand pimp nie, al klap die poliesie jou hoe warm of al belowe hulle jou wat. Hierdie het die hele kultuur net meer geheim en baie sterker gemaak. Dit was ‘n harde lewe en ‘n harde kultuur en natuurlik was ons beskou as kriminele want die meeste “ou Rokers” was al ‘n paar keer in die tronk al was dit net vir dagga. Hierdie het ‘n bose kringloop gehad want as ‘n mens uit die trunk uit gekom het kon jy nie sommer werk kry nie, wel niemand wou regtig werk nie en as jy nie werk nie het jy nie geld nie. So jy begin smokkel met dwelms om jou eie dwelms te betaal of jy begin steel en inbreek of ons het geroof om ons self aan die lewe te hou, ek meen gewoonlik het die Rokers lewe maar aan die armer mense behoort. Die ryk mense se kinders het wel tussen ons gekom om hulle twak te kry maar hulle kon nie in ons sort lewe oorleef nie, wel die meeste kon nie want hulle was te sag. Ons was ook gebrandmerk as kommunisties omdat ons ‘n ander siening in die lewe gehad het en ons was nie rasisties nie en ander kleuriges was ons vriende want ons was ook verwerp. Ons het die regering en die beleid gehaat want in die begin het slegs die wit jong seuns weermag toe gagaan en wie wou nou dit doen as jy heeldag kon sit en zol rook of trip terwyl jy cool musiek kon sit en luister het die hele dag lank.

Omdat ons as uitgeworpenes van die samelewing gesien en behandel was het ons te goed verstaan dat dit baie onregverdig was om mense volgens hulle geloof, kleur en oortuigings te skei van ‘n samelewing was as “normaal” beskou was. Hierdie was ook die rede hoekom ons in hierdie kultuur vasgevang was want ons was hier tuis in wat en hoe ons wou glo. My generasie was ook die kinders van ouers wat die tweede wêreld oorlog oorleef het en baie van ons Pa’s was self in die oorlog en die meeste van ons was van die middelklas wit Afrikaners. Hier was ook weer ‘n ander tipe mens betrokke want ons ouers het in die laat veertigs en vyftigs gelewe en mense was baie anders met ‘n kultuur van hulle eie. Die ander groot problem was harde dwelms wat beskikbaar was maar nie so volop soos vandag nie, LSD en alle ander vorms van “speed” was redelik beskkbaar dit hang maar af van waar jy was en so het elke tyd maar veskillende dwelms voortgebring. LSD was maar die keuse en die vroër weergawes was baie meer “cool” as die acid wat vandag op die mark is en ons sou enige iets doen om te kon trip, vir dae of maande aanmekaar. Morfien in al sy vorme was ook redelik beskikbaar en alles wat in ‘n apteek beskikbaar was kon ons in die hande kry. Later het die LSD verander en drank het ‘n groter rol gbegin speel saam met die dagge en dit het in ‘n meer geweldadige situasie verander want drank en dagga was nou eenmaal nie maats nie. Antiphetimines het ook in baie vorms die land binnegesuipel en elke dorp het sy eie keuse van dwelms gehad en ontwikkkel maar eintlik was die drank saam met die dwelms die probleem en drank is wettig en vrylik beskikbaar. Later jare het die Obex (‘n verslankingsmiddel wat in groter hoeveelhede jou op ‘n buz gesit het wat dae lank geduur het en jou eindelose energie gegee het). Toe die mandrax craze begin wat vernietiging gesaai het onder die Rokers en in ‘n groot mate is die Roker trots met die jare verswak en baie Rokers het Hobos en blou trein junkies geword. Mandrax het jou eintlik verdoof en meer dronk as gerook gemaak en met ‘n vinnige rush (‘n totale euforiese lam gevoel) het dit jou net verdof, baie verdof.

Daar is egter iets wat ek moet noem wat tipes delms en dwelmslawe betref, van die honderde dwelm slawe wat ek deur my lewe mee deurmekaar was en ek was die hele land deur. Die meeste van my tyd se Rokers was uit middle klas en arm huishoudings. Daar was ryk mense se kinders maar hulle was in die minderheid maar hulle was in hulle eie reg daar maar daar was altyd daardie verskil. Ek het baie van hulle ouers ontmoet en ek het gesien die kinders wat uit goeie en gegoede huise uitgekom het met baie goeie ouers was nie dieselfde as ons nie. Die meeste van hulle het ook nie lank gehou nie, hulle het bietjie gerook, bietjie getrip en sodra dinge warm geword het met die gereg het hulle die tipe lewe verlaat en baie het ‘n sukses van hulle lewens gemaak. Nie dat ons ouers noodwendig sleg was nie, dit was maar die gedrinkery van die die middelklas lewe in daardie tyd en die huislike probleme wat maar met die spoorweg, myne en vissers soortgelyke gemeenskpappe saamgegaan het. Baie min van die kinders wat in huise met sekerheid en vastigheid grootgeword het het in die gutters beland want hulle het sekerheid gehad, hulle het altyd geweet Mammie en Pappie sal more nog daar wees en dit het ‘n baie groot verskil gemaak.

Daar was baie min kinders wat in huise grootgeword waar daar nie drank misbruik was nie en waar die ouers gelukkig getroud was en waar hulle sukuriteit gehad het. Hulle was daar, Dominies, Dokters en gesiene mense se kinders maar die wat gebly het het erg geraak maar die meeste het verbygegaan want hulle was anders. Die laaste ding wat ek wil doen is om ouers en omstandighede te blameer maar dit speel ‘n groot rol maar soos van ons uit my soort agtergrond die pad geloop het het daar ook baie kinders uit ons geledere ‘n baie groot sukses van hulle lewens gemaak. Dit is maar net dat die geleenthede vir dwelm en dit sluit drank misbruik in maar net baie groter en makliker was. My Pa was ‘n tweede wêreld oorlog veteraan, hy het elke dag gedrink en die ou tannie geslaan as hy gesuip was, dit is genoeg om enige kind se lewe hel te maak en die meeste van my naby vriende het uit dieslfde omstandighede gekom want ons het mekaar verstaan. Dit is hoekom sukuriteit so baie belangrik is vir kinders, hulle moet weet hulle ouers is elke dag daar vir hulle, hulle gaan nie skei of mekaar vermoor nie want dit kan ‘n kind vernietig nog voordat hulle dwels gebruik. Die dwelms word ‘n toevlug vir geluk vir so ‘n ongelukkige kind en dit is gewoonlik sulke kinders wat verslaaf raak om nie op te hou nie. Baie kinders gebruik of toets dagga uit maar hou nie van die effek wat dit op hulle het nie en hulle loop ‘n ander pad veral met drank en hier is’n ander duiwel wat nie beter as dwelms is nie want eintlik is dit een van die gevaarlikste dwelms wat daar is en dit is wettig. Alkohol het meer lewens vernietig as dwelms en dit het dwelm slawe gekweek in ongelukkige huis gesinne. Geen ouers of vir daardie argument is geen mens inherent sleg nie, maar ons is komplekse wesens met baie ingewikkelde sielkundige probleme en afwykings en ons verstaan nie altyd nie. Ons het ons eie raamwerke van hoe ons die lewe sien en dit is tweede natuur om dit op ander mense en veral ons kinders af e druk, kinders is afhankilik van ons wat hulle gewoonlik as hulle rolmodelle kies en hier kom groot probleme in want die lewe verander die hele tyd.
Ons lewe ons lewens soos ons grootgeword het en soos ons situasies in ons lewens hanteer het, ons het nie ‘n maklike lewe gekies nie, net om die lewe as ‘n Roker te kies het baie pyn en lyding gekos. Eerste met die dwelms, die polieseie en die Roker en dwelm lewe want dit is ‘n kultuur op sy eie en daarom moes jy maar doen wat die Rokers maar doen. Dit is ‘n self vernietigende tipe lewe waar jy altyd afhanklik was van jou vriende wat op die ou end jou ondergang kan beteken afhangende van hoe vining jy kon leer. Dit was baie sleg om in een dorp te bly vir ‘n lang tyd want sodra die poliesie jou geken het moes jy versigtig wees want as jy eers gemerk was was die lewe maar moeilik. Die gevolg was dat jy die hele tyd op die pad was, van die een dorp na die ander en gewoonlik het jy nooit lank gewerk nie en moes maar oorleef soos die kultuur wat jy gekies het. Ek meen waarom wou jy werk en gebind wees, daar was te veel zol om te rook en plekke om te sien. Die tye wanneer ons gewerk het het ons jobs soos visvang op die see, die Spoorweg, Konstruksie en sulke tipes werk aanvaar waar dagga aanvaarbaar was. Jou “home town boys” het maar gewoonlik ambagte geloop en maar die poliesie ding probeer oorleef en soos ek reeds gesê het, dit was maar ‘n oorlewings stryd, om dagga te kry en te rook en om nie gevang te word nie. Die ander dwels was maar gevat en geniet soos ons dit in die hande kon kry en gewoonlik waar daar baie Rokers bymekaar was was ook ander dwelms en dit was maar deel van die hele kultuur. Baie boom rokers het nie van ander dwelms gehou nie maar die meeste van die kere het alles gegaan, veral vir die kringe wat ek in beweeg het. Ons was maar reisigers wat nooit lank in een plek gebly het nie en het maar altyd net “uitgeslaan” waar die dinge gebeur het en weer verdwyn as die poliesie warm geword het, “as die blok benoud geword het”. Die ander groot verslawing was egter vriende, tjommies, bra’s want ons wou behoort, ons wou aanvaar word en hierdie aspek was net so verslawend en gevaarlik as die dwelms self en dit is gewoonlik waar dit begin. Hulle het gewoonlik bepaal waarheen jy gaan en wat gedoen word as daar nie geld is nie en die lewe het bestaan uit “make a plan” dit was maar die roep van die straat, maak ‘n plan my broer. So het ons vriende kringe bepaal waarheen ons gaan, wat ons doen, so as jy deurmekaar was met geweldadige vriende was jy geweldadig, was jy tussen still Hippie tipe vriende dan was jy soos hulle. So het ons maar aangepas en ingepas want in die hele Dagga en dwelm kultuur was baie soorte Rokers en dagga het ook nie altyd dieselfde uitwerking gehad op verskillende mense nie. Saam met drank was dit gewoonlik ‘n bakleiery en rowwe besigheid, saam met LSD of iets soortgelyk was dit altyd lekker rustig veral as almal sit en musiek luister iewers op ‘n strand of naby die see. Later het die hele Mandrax beweging die Dagga kultuur kom deurmekaar krap want Mandrax het ‘n totale ander uitwerking op jou sisteem gehad, dit was maar meer soos Crack of Tik, dit het jou totaal deurmekaar gemaak en baie roekelose gevolge gehad. Maar wat dit op neerkom was dat die kultuur amper meer gevaarlik as die dwelm geraak het en baie Rokers het in die tronk beland vir vanaf steel, roof en inbraak tot moord as dinge die dag skeefgeloop het.
As ‘n Roker het jy altyd geleer om nuwe en vreemde Rokers dop te hou en te meet as ‘n mens dit so kon noem want dit was dalk die ou wat jou sou weggee as julle gevang sou word. Jy het gekyk hoe rol hy sy zol, hoe haal hy die pitte uit en hoe byt hy die puntjie af, lek hy die zol reg as dit skeef brand. Daar was baie klein dingetjies wat mense weggegee het en jy het jouself ook daaraan herhinner as jy in vreemde rokers se geselskap was. Krismis rokers was ouens wat nie of nog nie die lang pad geloop het nie en vir hulle was jy baie versigtig, want party van hulle het krismisrokers gebly. Dit het maar net beteken hulle was wanne bee’s wat wou ou rokers wees maar kon nie maar hulle was gevaarlik veral as die poliesie begin klappe uit deel. Hulle was ook partykeer nodig om twak in die hande te kry want hulle was gewoonlik in hulle hometowns en was in bereik van geld of selfs zol. Dit was ‘n harde pad en nie almal was ou rokers nie, baie rokers word doodgesteek of geskiet of toegesluit vir een of ander misdaad so die oorlewings frekwensie was maar laag. Veral in plekke soos Johannesburg en Kaapstad moes jy uithaal en wys want hier was jy doodgemaak as jy net effens nie reg optree nie en hier was ander wette en reëls aan die orde van die dag. Veral in Kaapstad was dit erg met al die bendes want elke gebied word beheer deur een of ander bende en ons as wit ouens moes weet waar ons kon gaan en waar nie. Die beste zol was by hierdie plekke beskikbaar en ons moes daar ingaan maar nie enige roker kon nie want die bendes was gevaarlik want hulle het nie geweet of jy ‘n boer (polisieman) was nie. Jou tattoos moes op die regte plek sit, jy moes reg praat en as jy vrees gewys het het jy klaar die toets gedop en jy is huistoe sonder jou geld of die zol wat jy kom koop het as jy in een stuk was. Dit was nie moontlik om jou as ‘n ou roker voor te gee as jy nie was nie, daar was net te veel dingetjies wat jou weggegee het en orals waar jy gegaan het moes jy wys jy is ‘n man van die pad anders kon iets lelik met jou gebeur.
Maar die anderkant van die storie was maar ook die menslike aspek, as jou vel op die lyn was het jy baie vining ‘n plan gemaak en so het niemand eintlik niemand vertrou nie want almal het geweet, as jou bas aan die lyn is maak jy ‘n plan om te oorleef. Die vonnisse was baie hoog en sodra jy gevang is het jy ‘n kriminele rekord gehad en die samelewing het jou so gesien en behandel. So hierdie was ook die rede hoekom jy nie met die krismis rokers en die jong rokers gemeng het nie want hulle kon jou laat vang want hulle was not “dom”. Dit is ook die rede hoekom die dagga kultuur so geheimsinnig was want hulle wou nie gevang word nie. Die poliesie kon ook nie die smokkelaars maklik vang nie en het die rokers gevang sodat hulle die smokkelaars kon weggee en nog meer rede vir die geheimsinnigheid en die versigtigheid vir die jong en dom rokers. Maar juis as gevolg van die kriminalisasie van dagga rook was baie rokers tronk voëls en hier het baie misdadaad loopbane begin, hierdie ouens was ons rol modelle en hulle het ons grootgemaak. Ons moes hulle respek kry en dit was nie maklik nie, eers as jy hulle respek gehad het was jy in hulle kringe toegelaat totdat jy later maar net een van hulle geword het. Ons wou soos hulle wees, glibberig met die bek, bang vir niks en niemand en jy moes die poliesie haat, dit was maar hoe dit gewerk het. Alles wat ons gedoen het as jong laaities was om hulle respek te probeer wen en hier het dinge partykeer lelik skeef geloop. Mense was ook bang vir die rokers want hulle was onvoorspelbaar en gevaarlik want dit was ‘n gevaarlike lewe waar geveg moes word om te oorleef.

As jong rokers wou ons in wees by die ou rokers en van ons was gou in maar baie van ons maatswas nie, dit het ons laat goed voel want ons was daar. Die grootste toets was dat as jy gevang word jy niemand weggee nie en dit was nie baie lank voordat ons daar was nie en ons het hulle lewens gedeel. Ons het hulle zol, hulle meisies en baie van hulle kriminele aktiwiteite gedeel, alles vir hulle respek en daar is baie slegte goed wat ons gedoen het om daar te kom. Laasgenoemde was maar moeilik in die begin, as ons iets sleg gedoen het het ons die volgende dag sleg gevoel maar hier na die tweede en derde keer was dit maklik en niks ernstig nie, so is dit maar met slegte dinge doen. Jou gewete was in elk geval dood gerook deur van die oggend tot die aand net te sit en rook en af en toe ‘n ordentlike trip te hê en ons het self begin om ou rokers te word al was ons nog baie jonk, maar ons het jonk begin. Die dagga het ook nie meer so lekker gewerk nie en ons moes meer rook, beter kwaliteit rook en so begin die ander dwelms maar anders was dit ‘n gerook en gedrinkery wat op ‘n bakleiery en messtery uitgeloop het. Die volgende oggend moes jy maar hoor hoe ‘n groot vark jy eintlik is maar niks kon ons keer nie, ons was waar ons wou wees. Elke dorp, stad of area het verskillend reëls en karakters gehad en onder die ou rokers was legendes en bakleiers asook weird en wonderlike mense, rokers was ‘n kleurryke kultuur met net sulke kleurryke karakters en ‘n mens hoor baie stories oor rokers, LSD was een gedeelte van die lewe wat niemand wat dit gebruik het sal kan vergeet nie, dit was om soos in ‘n super mens te verander. Jy kon letterlik elke sweetgaatjie in jou liggaam voel asemhaal, alles was lekker en sensasioneel. Elke soort acid het anders, elke trip was anders en as jy so paar weke getrip het was daardie vrede gevoel oor mens ‘n gebring en ek glo ook dit is waar die hele Love and Peace bewing sy oorsprong gehad. Hierdie is nog ‘n rede hoekom ek nie dagga sal wil wettig sien nie want as ‘n mens eers by dwelms soos LSD en Coke uitkom begin dit ‘n chemise verandering in jou sisteeem mee te bring wat jou weerstand soos in totaal net wegvat. Jy kry rokers wat net zol rook wat tevrede is met dagga, maar hoe sal mens dit kan bepaal. Party kinders soek net meer en higher and higher en hoe stop mens deur alles behalwe om alles in die begin te stop en dit is by dagga want alles begin hier. Met swaar dwelms word die kinders se brein vernietig en baie sterf aan oordosis of selfmoord en alles begin by dagga so ons moet dit weghou van die kinders af en as dit wettig is gaan ons baie meer kinders begrawe. Die hartseer wat dwelm verslaafdes agter laat is erger, hele gesinne word uitgewis en die skade wat sulke kinders doen in terme van wat hulle doen om dwelms te bekom is harverskeurend.
Binne in die dagga en dwelm kultuur was ook verskillende sub culture, my gunsteling was die hippies van die sestiger jare wat maar eintlik afkomstig is van die LSD manie wat daar geheers het. Flower power, liefde en vrede wat tog sin gemaak het al was hulle nie baie gewild nie. In Suid Afrika was daar die Ducktails was oorgespoel het van die “Tedie Boys” in Engeland, hulle was baie geweldadig en het later die beatles look aangeneem want alles het maar so saam met die musiek en die toestand van die wêreld gegaan,. Vir hulle was dit motorfietse, vinnige karre, los shielas, knuckle dusters, messe en fiets kettings as wapens, hulle wou mense baie seermaak. Hulle was rof en elke dorp en stad het weer sy eie sub kultuur binne in hierdie kultuur gehad, snaaks genoeg kleiner dorpe was erger want dit was asof hulle meer spasie as die ouens in die stad gehad het. Die Hippies was heeltemal anders, hulle wou net gerook wees en in vrede gelaat wees. Hierdie twee culture het mekaar verdra alhoewel die ducktails nie baie van hulle gehou het nie want hulle het so bietjie later ontstaan met die hele Vietnam proteste. Die musiek wat op hierdie wêreld deurmekaar spul gevolg het het ‘n baie groot invloed op jong mense gehad en almal wou die bom en geweld verban en terugkeer natuur toe. Die Hippies het ook Budisme aangehang en gedeeltes van die geloof as hulle eie geneem en dit was cool vir hulle. Later jare het van die Hippie’s Jesus freaks geword want in Jesus se lerings is daar vrede en liefde wat hulle so na gesmag het en so het die kultuur ook stadig gesterf of verander met die loop van die tyd en na die tagtigs het weer ander tipe rokers uit die houtwerk gespring waarvan ek nou nie veel van weet nie. Dan in Kaapstad was die gangster kultuur, dit het begin in die tronk en hierdie was ‘n baie besige, wrede en geheime beweging en iemand kan ‘n boek oor dit skryf, dit is baie intens en wreed. Ek verstaan daar is ‘n boek met die naam van “numbers” of so iets wat die detail van hierdie tronkbende mooi beskryf, net iemand wat self ‘n nommer Ggeneraal was sal werklik die hele storie waar kan vertel, al die ander stories oor dit is soos ons dit ondervind het. Ons wit Rokers was uit dit uit gehou as gevolg van apartheid want selfs die tronke het apartheid gehad en soos ek verstaan het dit ook verander en die wit rokers het ook hierdie linies begin inneem. In Kaapstad tussen die wit rokers was daar ook ‘n reuse verskil tussen die engelse en die afrikaanse rokers en daar was nie eintlik baie liefde verlore tussen hulle nie. Rokers soos ek het tussen al hierdie kulture grootgewrd en het geleer om orals te oorleef en dit was eintlik maar net om altyd meer te rook en altyd boom te hê.
Maar Jy was ook nie net aanvaar deur jou zol reg te rook en die goed wat jy reg gedoen het nie, maar jy moes die pad kon loop en die praat kon praat jy moes straat wys wees. Omdat ons tussen die ou rokers grootgeword het was ons altyd die teikens van hulle woede en frustrasies en ons was nogal verniel maar dit het ons grootgemaak en dit het vir jare aangehou. Hierdie kringloop is eers verbreek toe ons begin moeg raak het vir hulle tiranies en ons begin terug baklei het en eers toe is ons werklk aanvaar. Maar dit het baie moed gekos, hulle was almal of sal ek sê die meeste van hulle was nie baie lekker nie en eintlik was van hulle nogal vrees aanjaend. Baie jonger rokers het net nie daar gegaan nie, hulle het by die Hippie tipe lewe gehou wat hulle beperk tot waar hulle kon beweeg in die dwelm wêreld veral tussen die gangsters en hierdie was waar ons die “goeie goed” gekry het. Daar was no go areas soos tussen sekere gangster areas en vir ons afrikaanse rokers was die engelse area redelik taboo. Vrydag en Saterdag aande was die fight nights in Kaapstad en dan het ons na die engelse nagklubs toe gegaan of hulle het na ons toe gekom en dit was suiwer om moeilikeid te maak en dit was soort van ‘n Kaapstad tradisie.
Dan was daar die hele apartheid ding in Suid Afrika, maar die meeste rokers kon in altwee wêrelde beweeg. Ons was afhanklik van die swart en bruin areas vir ons dagga en ons het baie gou geleer, hulle is mense soos ons. Vir hulle gaan dit meer oor oorlewing as vir ons want werk was skaars en die lewe was swaar as gevolg van armoede en ellende en in die Kaap is baie, eintlik net te veel. Die tronk bendes het buitekant die tronk floreer met die vrees wat hulle ingeboesem het met die geweld wat saam met hierdie kultuur gegaan het maar die lewe het aangegaan. Die Kaapse bendes is van die ergste in die wêreld as gevolg van die tronk bendes wat buite koning gekraai het in elke voorstad van Kaapstad. Hulle het al die dwelms en onwettige drank handel beheer asook al die misdaad en in Kaapstad is baie en dan praat ek nie eers van gewone huisbraak en sulke misdaad nie. Ek praat van groot gewapende rooftogte waar dood betrokke is en hierdie is en was baie gevaarlike plekke en situasies. Die bende gevegte was en is tot vandag seker die grootste kopseer vir die owerhede en duisende onskuldige kinders het al hulle lewens verloor. Hier het ons wit rokers vir ‘n tyd ‘n baie groot rol gespeel, die Generaals of die huisbase, dit is die tronk bende leiers het ons om hulle gesoek. In die jare was vuurwapens skaars en wapens het vir hulle mag beteken. Ons het toegang gehad tot wapens, gewoonlik gesteelde vuurwapens en weermag toerusting. Ass daar net baie whiteys elke dag by die smokkelhuise was het die ander bendes areas se huisbase versigtig opgetree want dit het maar gegaan oor whiteys en wapens. Die whiteys was ook gebruik in rooftogte en was baiekeer gebruik as undercover cops want die bendes het mekaar geroof van dwelms en daar was altyd baie geld betrokke. Want as jy in die Kaapse vlaktes en omliggende voorstede ‘n wit ou gesien het was die eerste gedagte boere, “poliesie” en dit het nogal ‘n veeldoelige gebruik vir wit ouens gehad. Vir ons wat die guts gehad het om daar uit te hang het dit vry dagga en dwelms beteken en dit is hjoekom ons hier gelê het. Ek het selfs vir lang tydperke self dagga verkoop en omdat ek redelik donker is kon ek deurgaan vir ‘n kleurling en dit het baie deure oopgemaak. Ek onthou my Pa se jonger broer het in Woodstock gebly en die eerste keer toe hy my saam met my Pa sien het hy en sy familie hulle amper dood geskrik want ek het altyd in die lower Mainroad by die stasie tussen die rokers gebly. So met al die tattoos en kaapse maniere het ek altyd by een of ander smokkel nes gebly en self baie keer boom verkoop om te oorleef maar dit was nie ‘n probleem nie. Maar niks in hierdie lewe is ooit verniet nie en ons moes ook maar partykeer uithaal en wys anders was jy nie meer welkom nie, jy kan mos nie net eet en eet en niks op die tafel sit nie.
Die ander slegte ding van die whiteys was dat ons moes op sewentien registreer vir die weermag en niemand van ons wou gaan nie maar dit was ‘n wet en jy het net geen keuse gehad nie. Dit was die tyd van die Angola grens oorlog and duisende wit kinders is hier doodgeskiet of in die weermag omgewing dood aan een of ander iets. Eers in die laat sewentigs het die Kleurlinge as die Kaapse Korps begin weermag toe gaan en ek moet eerlik sê, dit was werklik ‘n baie goeie ding vir Suid Afrika. Eers was die oproep vir nege maande, toe vir twaalf maande, later vir agtien maande en op die end vir twee jaar. Twee jaar van jou lewe in ‘n plek was jy glad nie wou wees nie, dissipline was ook een ding wat rokers nie wou hê nie maar dit was maar deel van die pakket. In hierdie tyd het jy aan die regering behoort en jy moes doen wat hulle sê en vir die meeste van ons was dit soos ‘n tronk vonnis wat glad nie ‘n plesier was nie. Dan na die oorspronklike basiese opleiding wat later tot twee jaar was moes jy elke jaar eerder vir drie mane of vir een maand weermag toe gaan tot vir tien jaar lank en dit was glad nie lekker nie veral as jy dalk dood terug huistoe kon kom. Nou in die Weermag was die dwelm kultuur nie ‘n goeie ding nie, maar hier het ook baie jong seuns begin om dagga te rook. Hier was hulle blootgestel aan ‘n geheime kultuur want hulle buddies het zol gerook en nuuskurigheid het baie keer gelei tot sulke jong seuns wat self begin rook het. Die nadeel was dat dagga nie aanvaar was in die breë Suid Afrikaanse gemeenskap nie en ook nie in die Weermag nie. Maar die Weermag het met hierdie probleem gesit en moes iets aan dit doen want dit was aansteeklik. Maar daar was rokers orals, in elke peleton en in elke battaljon en hierdie probleem was redelik ernstig vir die owerhede. Baie rokers kon hulle stil gedra maar die probleem was van ons was by die tyd al ou rokers en ou rokers wil daardie title en respek afdwing by jonger rokers en dit het hulle in die oë gesit by die Weermag en dit is hoe hulle gevang was, die weermag het selfs later hulle eie drug squad gehad om die rokers te vang. Daar was seker omtrent maklik 20 of meer bataljonne wat elke ses maande nuwe troepe of soos hulle genoem was, nuwe rowers ingekry het en die rokers was orals. Omdat die rokers street wise was was dit ook nie baie maklik om hulle te vang nie en slegs ‘n baie klein persentasie was eintlik gevang, soos ons altyd gesê het, jy was dom of jou geluk was maar net nie daardie dag met jou nie want die ding van dagga was, jy wou rook, elke dag, baie keer op ‘n dag en hoe meer jy kon rook hoe lekkerder was die lewe.
Die Weermag het dokters in elke dissiplie gehad en dit het beteken Psigiaters ook en Dokter Levin was die hoof van die SADF psigiatriese afdeling. Sy twee twee grootste probleme was die dwelmslawe en die Gay’s, dan was daar nog dinge soos troepe was aan Post traumatic stress of soos ons dit sommer “bossies” genoem het. Baie jong seuns kon nie die intensiteit van die weermag hanteer nie veral of die grens en hulle koppe het uitgehaak. Maar Levin en sy span moes iets doen aan die rokers en die gay gemeenskap want onthou, ons moes volgens wet almal weermag toe gaan. Die enigste groep wat nie opleiding gekry het nie was die Johova’s maar hulle moes hulle tydperk in die Weermag tronk die DB (Detensie Barrakke) deurbring. Maar die Rokers, waar gaan ons met hulle heen, die Gay outjies en die rokers was opgeneem in Een Militere hospital in die berugte Saal 22. Hier het hulle allerhande toetse en onderhoude met ons gevoer. Die Gay outjies is anders behandel, van hulle wat maar seker te ver heen was volgens die sielkundiges is uit die wermag gesit, party het geslags oorplantings gekry en ander was onderworpe aan elektriese skop terapie wat blykbaar baie erg was. Maar die rokers is ook onderwerp aan allerhande toetse en daar was drie opsies vir ‘n roker in saal 22. Een jy is nog nie so ver heen nie en jy gaan terug na jou eie kamp, of jy is rehabiliteerbaar en jy gaan Greefswald toe, of jy kan nie rehabiliteer word nie en jy kry ‘n mediese ontslag. Dit is die een wat ek wou hê toe ek gevang was, maar dit het nie so uitgewerk in en ek moes maar na die gevreeste Greefswald toe gaan, die Vault soos ons dit genoem het en die naam wat ek sal gebruik in die boek. Hierdie was ’n plaas op die grens waar destydse Rhodesië, Suid Afrika en Botswana bymekaar gekom het. Hierdie was ‘n plaas wat deur ‘n sekere Mr. Greef aan die weermag geskenk het en wat so afgeleë was dat dit aan die vereisete van so ‘n strafkamp voldoen het. Die idée was om na baie wetenskaplike keuring al die dwelm slawe uit die samelewing uit te verwyder en almal in een plek te sit waar jy hulle besig hou, so besig dat hulle nie aan dwelms kon dink nie. Die besig hou was die problem want ons het nie snake en ladders gespeel nie, ons is gejaag en gejaag en opgefoeter om ons besig te hou, ons is gedryf totdat dit gevoel het ons gaan mal word.
So van omtrent 1968 was die jong mans wat gevang was met dagga of dwelms nie deur die siviele wet aangekla nie, jy was gerigistreer as ‘n tipe van ‘n staats pasient en is Greefswald toe gestuur as jy jou toer deur Saal 22 gemaak het, hier het hulle bepaal wat hulle met jou gaan doen.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed