Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: DIE DAG DAAR BY ‘HABAKKUK HERBS AND SPICES’

Deur GhwarriegatQueen
Datum gepubliseer: 4 Julie 2019 Aantal woorde: 2112 151 Kere gelees 1

DIE DAG DAAR BY ‘HABAKKUK HERBS AND SPICES’

My woordemaak gaan jou seker vandag verveel, Bokkie my babie; maar my wise-ass hart wil hulle maak en sy laat haar nie deur my voorsê wanneer om te tula en wanneer nie.
Ek kan nie help om weer te dink aan teetyd in die Hemel nie; op my Meneer se skoot en al sy mooi stories. Seker maar omdat en oordat my hart en siel en gees; my lyf so onsettend verlang na ‘n klomp goeters wegverloor in die mistieka van my vrouwees se labirinte. In my vreeslik-alleen-voel…….So scroll maar verby; en laat my hart konsert hou op die verhoog in Faikonta geplet..
…….Liewe Jesus, nê; was eers ‘n slim, soet seuntjiekindmens gewees toe Hy op die aarde moes gebly het. Hy het baie goeie maniere gehad en Sy ore het eers gewerk. Is!
Uhmmm. Net een amperkeer het Hy in grooooot moeilikheid gekom. Nee, man, nie toe Hy aspris per ongeluk in Jerusalem agtergebly het nie. Oordat Hy ander werk vir Meneer moes gedoen het nie. Is eers waar – Hy moes. Dit was ‘n anderkeer gewas.
Dit was die anderkeer in die strate van Judea toe Hy saam met sy mamma gaan kruideniersware koop het. En dít was oordat Hy vir ‘n kerkfariseër aspris skeefbek getrek het! Hy moes eers, oukay. Oordat daai kerkfariseër-oom bo-op ‘n ander mooi tannie gespoeg het toe sy verby hom geloop het. Sy het hom eers helemal niks gedoen nie, en hy het lelik met haar gepraat én vir haar ‘n klomp vloekgoeters gesê. Sommer net oordat almal geskinder het dat sy eers ‘n baie slegte sondarestannie gewas het wat vreeslike lelike vieslikegoeters gedoen net….. ‘Nighttime in the city; magic’s in the air’ – die tannie se naam was Maria Magdalena; ‘the action starts at midnight.
She’ll be there.’
LIewe Jesus het sommer gevaarlik kwaad geword, al was Hy eers nog ‘n kinders. Is; Hy het sy mamma se hand dadelik probeer los. Oordat en omdat Hy met daai kerkfariseër-oom wou gaan baklei het.
Nee man; Liewe Jesus het eers nie Sy maniere vergeet nie. Maar Hy het geweet dat daai kerkfariseër-oom honor bright niks reg of mooi gemaak het nie. En dis hy wat eers die vieslike fieta gewas het. Is! hy was. Al het hy gemaak of hy die tweedebeste ding sedert peanut butter gewas het en of hy my Meneer se eie, persoonlike bestemaatjie gewas het. En al het hy geprobeer maak of daai mooi tannie sommer net ‘n slegte vuilgoedgemors gewas het; en sy was eers nie aspris nie!…… ‘Dance me very tenderly and…….
Dance me very long,’ Here my God.
‘ Dance me to Your Beauty with a burning violin’ – sien, kyk. My Hero se hart was propvol magic! Huh-uh, dofnic, nie magic soos hekse wat op besemstokke rondvlieg en mense in paddas toor nie. Dis eers vreeslikbaie simpel en blêrrie stupid én dis ‘n tamaai liegstorie ook nog – is! Vra maar vir Liewe Jesus agter my rug…… ‘Dance me to Your Beauty when the witnesses are gone.’
Die magic wat my Hero se hart voller gemaak het as wat ant Doris ‘n teebeker kon volskink….. Was wonderwerkgoeters van uit die Hemel. Sy eie, persoonlike hart kon die grooteina uit die hart van aardemense dêps en binne-in Syne bêre. Sommer oordat Hy die heelbeste Hero in die grootste en wydste wêreld gewas het. Honor bright en njannies en rêrig-êrig Hy was eers. Cross my heart and hope to die and if I lie you can stick your vinger in my eye.
En, nê, my Hero was sterretjiebaie se baie liewer gewees vir aardemense met groot en seermaak-einas in hulle harte as vir kerkmense wat stuck-up dink hulle is eers baie beterder as ander mense met grooteina-harte en wat maak asof hulle van Meneer hou. Maar eintlik maak hulle sommer net Sy hart se Naam tweesent. Is! Honor bright, hulle doen aspris so.
‘Dance me on.
And on’ …… Blikkies vol ronde klippies, Maria het Hom net-net (en net betyds) ingehardloop. Hy was al ampertjies tot regvoor daai kerkfariseër-oom se lyf! Maar Sy eie persoonlike aardemensmamma het Hom styf aan die hand weggetrek tot langs ‘n klein kruiewinkeltjie: HABAKKUK HERBS & SPICES
….. Sy neusie het so tussen die kwaadwees deur gewikkel van die snuif-snuif – my Hero was eers vreeslikbaie lief vir die reuk van roosmaryn, tiemie en kaneel en al die ander kruie se ruik. Nes Meneer. Koljander en gemmer; ‘my nooi is in ‘n nartjie.
My ouma is in kaneel;’ en my ouma is in Meneer se Hemel….. Maria se stem was mooi en saggies, al het sy so halwe se kleinbietjie met Hom geraas. Oordat en omdat – sy het vir Hero vertel dat mens nooit-ooit en nimmerimmer met ‘n kerkfariseërs-oom mag baklei nie! Mens mag ook nie vir (stuck-up) kerkmense sê hulle doen eers verkeerde of slegte goeters nie. Enne mens mag ook nie vir daai kerkmense sê hulle lieg soos ‘n vlieg of jok soos ‘n bok nie….. Jokmond.
Jokmond; bek vol…….Ag, man; sommer vol…. hmmm; vol bokdrolletjies met Mrs Balls – ekke lief Mrs Balls oordat sy amper kestamper net sulke lekkerbek chuntney kon gemaak het as my eie, persoonlike mamma….. ‘Dance me.
Dance me to the end of love.’ Maria het vir Hom vertel dat kerkfariseërmense altyd en altyd-altyd reg gewas het. Sien en kyk; dis oordat en omdat hulle eers baie langkere bid én partykere eet hulle ook nie kos nie – nie eers ‘n broodkorsies se krummels nie; al is dit net om shine te vang by Meneer. Kerkfariseërmense werk vir Meneer en hulle ken Sy hart en hoe Sy kop werk. Higgajon, sela.
Maria het nie aspris gejok nie – honor bright, sy het nie. Is; sy het net nie helemal reg geweet van al die Hemelgoeters en van Meneer se hart nie. Maar Liewe Jesus het eers alles helemal reg en goed geweet! En toe Hy eenkeer groot gewas het, nê; het Hy vir Hom ‘n lekker, sterk slaansambok gevlegmaak van toutjies en daai spul kerkfariseërmense binne-in die kerk se agterwêrelde vir hulle bloedrooi gesiepsopbraaiboud! En Hy het aspris nie eers vir hulle Vaseline gegee vir die eina nie. Sommer. Sommer oordat hulle gemaak het of Meneer se aardehuis dieselfde gewas het as Maria Portugees-hulle se kaffee. Waar mens kon swiets en lucky packets koop (en partykere het Maria Portugees se sussie ‘n mens aspris probeer kroek met mens se kleingeld – simpel blêrrie meisiekind!) en sulke lang, slap tjips met eers baie sout en asyn.
Louwarm asyn wat tussen mens se vingers deur kon padjies kriewel….. Nes kinderspeel se stofpadjies in die grond vir speelgoedkarretjies se grootmensspel; ‘join the Joyride.
Maar die pennies op die spoor het ek kleintyd al verloor,’ saam met ‘n paar ander goeters, nê, Hero! Maar Hero het eers geweet toe Hy daai eendag al grootgewas het dat daai klompe kerkfariseërmense en hulle tjommies wegkruipertjie met Meneer se hart wou gespeel het. Honor bright, hulle wou eers. En hulle het gedink Meneer (en Liewe Jesus) was te stupid om dit te kon agterkom het. ‘Jamblikke. Visblikke.. Drie by Drie. Ons is Ons is weet julle Wie?
Ons is Ons is kan julle raai,’ maar Liewe Jesus en Meneer se harte se magic het wegkruipertjie met hulle Hansie Slim berg wil klim gespeel. Oordat hulle nie eers per ongeluk of aspris geweet het dat daai magic nie net grooteina uit mense se harte kon gedêps het nie, maar slegte dinkgoeters ook! Lekker uitgevang!!
Het jou, jou tweegat jakkals met jou ingroei toonnael. Liewe Jesus het geweet dat daai klompe kerkfariseërmense nie honor bright liefgewas het vir Meneer nie. En dat hulle aspris verkeerde en lelike goeters gedoen het. ‘n Klomp jokmond grootmense wat eers baie lekker heilig-heilig gespeel het en geglo het Meneer en Liewe Jesus sou gedink het hulle is die tweedebeste ding sedert peanut butter. Al was daar toe nog nie eers peanut butter gewas nie, maar; ‘wie sal my kan stilmaak? As my voete in dans wil los wil breek!’ Toe trek Hy vir daai vir daai kerkfariseër-oom die lelikste skewebek wat enige Israeliet of heiden nog ooit in hulle lewens gesien het…….Ekke dink Petrus het Hom gewys hoe voordat Hy op die aarde gebore moes geword het? Vrek! Petrus kon eers die heelbeste en die lelikste skeefbek getrek het (sommer net speel-speel en kammalielies) in die Hemel én in die aarde. Gelukkig het sy ma Hom nie gesien nie. Maar ongelukkig het Sy eie, persoonlike Pa Hom gesien!…. my Redder aan ‘n Houtkruis vasgeslaan.
Toe Klaasvakie net so amper kestamper klaar gewerk het; toe het Meneer Sy tweedebeker warme, lekker tee met Mildridmelk in gebêre vir later en afgekom aarde toe – I came down from Heaven and danced on the earth; Hy het eers Sy eie, persoonlike Seuntjiemens ‘n stywe vashoudrukkie gegee. En ‘n soentjie bo-op Sy kroontjie se deurmekaar-hare. Hom toe hooooog in die lug gegooi en ampertjies sou Hy Sy kop teen die son gestamp het, maar Migael het eers gekeer; en toe het Meneer Hom weer binne-in Sy arms raakgevang. Hy was eers die liewerste lief vir Sy donkeroog Seunskindmens! En Liewe Jesus het met ongeskonde skaterlag Sy Pappa vasgehou en sterretjiestof uit Sy baard gedêps. Sy Pappa-lief!
En Meneer het op die bed gaan sit met Sy Seunskindmens bo-op Sy skoot. Toe met Sy anderster Pa-stem begin praat. Alle pa’s het hulle eie, persoonlike pa-stem. Is! Man, dis hoe pappagoeters werk – al kom ‘n Pappa dan nou ook uit die Hemel uit….. Meneer het gesê dat Liewe Jesus eers ‘n goeie plan gehad het om met daai (stuck-up) fariseër-oom te wou gaan praat het. Oordat ‘n mens (al was Jy nou ook eintlik ‘n HemelHero gewas) nie sommer vir jou stupid en heilig hou as jy sien dat iemand (selfs ‘n tweegat jakkals fariseër-oom) iemand anderster aspris seermaak; of lelike goeters sê en doen aan daai iemand anderster nie. Niks! Nie eers as daai iemand anderster ‘n duiwel se kind gewas het nie. Is eers! A notorious sinner (a social outcast, devoted to sin) Oordat Meneer lankal geweet het dat die kerk Sy Lieflingkind sou morsdood gemaak het; self vir die duiwel se kinders.
And He said to her, your sins are forgiven….. Maar daai skeefbektrekkery het Meneer helemal en glad geen niks aangestaan nie! Hy het Sy oë sommer vrekkwaai geverf en met Sy Pa-stem nog so halfies kwaaier (en Sy Seunskindmens se groot, donker oë het sommer halfies groter geword – blikkies; hier kom ‘n ding met ‘n blessitse bloedrooi bas aan!), het Meneer vir Liewe Jesus goed laat verstaan dat ‘n geskeefbektrekkery eers vrekvreeslikbaie en nog ‘n tiekie se bietjie ongeskik gewas het!
Sommer ‘n hele groot-groot emmer vol onmanierlikheid. En. En dis ‘n respektelose besigheid waarmee nie eers die vieslike ou duiwel hom mee moet ophou nie – al doen hy eers. Oordat sy hart lankal helemal wegverloor het en sy eie, persoonlike siel so sterretjiebaie se baie propvol vuil-vieslike, liederlike vlekke gewas het dat nie eers die heel beste Dry Cleaners op aarde dit sou kon skoongekry het nie. Nie eers Liewe Jesus en Meneer se Hemelmagic sal vir hom werk nie. Rêrig-êrig nie….. en sy ore is sonder jok vas aan sy gat…… agterwêreld vasgesweis. Genuine, vra maar vir enige iemand wat in die Hemel bly. Jy kan maar my woord daarvoor vat – al bly ek nog nie in die Hemel nie.
….. ‘But You love me, Daddy’ – gelukkig het Liewe Jesus nie siepsopbraaiboud gekry nie. Sjoe, dit was ampertjies; maar daai sagte-groot, donker oë van Sy Seunskindmens – dit was maar altyd Meneer se hart se kwaaigeit se einde. Sy liefde vir Sy Seuntjiemens. Die Kind. Sy Kind wat eendag nog soos ‘n properliese gemors aan ‘n stuk Vervloekte Hout moes gaan hang het. Vrek soos ‘n weggooi dier – Love is a Beautiful Song; met die dood en duiwel. ….. Millions of people all over the world know that love is a beautiful song.
I am the Lord of the Dance, said He….. Meneer het Liewe Jesus vinniger as ‘n leeu se hardloop vergewe, dan gooi Hy al die verkeerde goeters wat jy gedoen het op die see se Ghwarriegat….
…..En hier sal ek maar liewerster stop; oordat en omdat ek nie dink jy rêrig-êrig die relaas verder wil lees nie, Bokkie my babie. Sal maar verder alleen saam met my hart konsert hou.
Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en mag jou dag ‘n stukkie Hemel-plagiaat wees.
©Liza Daniells




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 68
Kommentaar telling: 21

Vergun my net so n skeutjie se agtergrond; seblief - Ek sal dit kort hou. Ek was vir 26 jaar (van ouderdom 8 jaar) vasgevang in prostitusie, delms, satanisme; ens. Ek sal jou nie opsaal met die detail nie. Ek is nou al 21 jaar deur God se genade vrygemaak van daai boeie van die verlede; maar ek ervaar steeds baie vervolging en verwerping van kerk en Establishment. En - verloor om n laaang storie kort te maak, ek het net mooi ALS - letterlik en figuurlik verloor. Hoeveel maal in die winter moes ek fisies op straat slaap; enne is nou een keer gegangrape......nou sit ek met serviks kanker. Maar dis nie die punt nie. Nie nou nie, in elk geval. Ek wil nie chemo of n hospitaalbed he nie. Ek wil weer die seesand onder my voete voel; die see sien. Ek is onherroeplik mal vir die see; vir mooi, ou Kaapland. Ek wil waag om te glo in die gebeur van n wonderwerk. Weer geluk vind; liefde. Ek wil LEWE!!!

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 37 gaste aanlyn

Bydrae Totale