
wanneer die bosveld voor jou uitgestrek lê
en die wolke krabbers saam pak
beleef jy die grootheid van ons Vader se weë
terwyl die druppels fyn sifreën op jou venster lê jou voertuig se wiele saggies neurie op die pad
raak gedagtes diep en staan ons verleë
want min sê ons dankie Heer om dit te hê
‘n land aan ons boere toevertroue
soos afrikaans so deel is van ons
strek plaashekke voor jou uit
gryp n opgewondenheid ons harte beet
voel dit jy het tuis gekom
die bosveld word gekoppel aan ons land
waar ons taal die beste is ooit
verstaanbaar sonder aggressie
vandag word plase verlaat
terwyl daar n bangheid ingesluip het
want wreedheid het in die bosveld gaan lê
soos afrikaans in my kom lê het
so sal die bosveld aan my kleef
vir ewig die bosveld in afrikaans
waar groen die lewe spreek
en berge en klowe ego’s gooi
diep ek in liefde uitgestrek
die lafenis van lewe wat praat
tussen windpomp en vee
landerye met hande hard geswoeg
my lewe, my land Suid Afrika
waar liefde swewe
dit is my lewe in afrikaans
© Louisa van Vliet