
saggies neurie sy ‘n lied
die onthou van gisters so vars
wanneer sy tuur deur die venster
oor die plaas heen soete gedagtes
onthou sy hope van grondboontjie lande
koringare so deur vingers geglip
waar die stroom water eens was
lê nou net n droë paadjie
geroes staan hy daar by die dam
die ou windmeul en ‘n water krip
beleef sy elke bees wat kom water drink het
krale is leeg en voerbakke verwyder
besef sy die aandlied roep
aandagtig beleef sy boekevat
almal om die tafel terwyl oupa bid
wink ‘n traan stadig oor haar wang
gedagtes van verlange ruk uit die keel
draai sy versigtig om en stap stilweg weg
dit was die laaste sien van hierdie erfenis
weet sy die aandlied sal altyd bly roep
©Louisa van Vliet
11/2/2020