Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Deel 2 Toksiese verhoudings is stille sluipers van die nag.

Deur Lynelle
Datum gepubliseer: 21 Augustus 2019 Aantal woorde: 478 63 Kere gelees 1

My droom vir Diamant Divas. Dit is my hartsbegeerte om Diva huis te begin. Hoe meer ek met vrouens te doen kry wat hul eie stryd stry hoe groter groei die begeerte. Ek sien ‘n plek waar heen ‘n vrou kan gaan om genesing te ontvang. Mense wat bereid is om haar aan die hand te vat en weer haar te help skitter. Met ‘n inwonende pastorale sielkundige tot hul beskikking of selfs ‘n lewensgids. Daar moet bekostigbare regshulp tot hul beskikking wees, asook finansiele bystand om die vrouens toe te rus vir die werkersmark. Hulp vir hul kinders indien hulle het; skole ens. Dit moet ook ‘n veilige hawe wees en daar moet defnitief ‘n sekuriteitswag diens doen. Sy moet leer van selfverdediging, die binnewerke van ‘n kar, basiese elektriese vaardighede en dan moet daar vir haar gehelp word met werk. Miskien selfs blyplek, soos deposito en eerste maand huur, vervoer ens. Die behoefte lys is geweldig lank maar wanneer ons kan begin om vrouens weer hul menswaardigheid terug te gee het ons al ‘n groot behoefte vervul. Die bekommernis van waarheen en hoe nou verminder en hulle ontvang weer hoop vir die toekoms. Hierdie tye is vir ‘n vrou baie onseker en omdat ek self daar was verstaan ek die vrese en frustrasies van hierdie tydperk, die te korte en die vrae. Diva huis moet daardie beskerming bied en die wegspringblok wees en meer.
Om saam te vat:
Toksiese verhoudings is glad nie goed vir jou nie. Dit breek jou af en om jouself dan weer op te bou vat baie tyd waarin jy swak gewoontes moet afleer juis om te kon cope in hierdie tyd. Gun jouself die tyd om goed oor ‘n saak te dink. Moenie sommer net boots-en-all in klim sonder om die saak eers goed te bekyk nie. Wees paraat, vernaam as jy afhanklike kinders het. Hul welstand hang van jou af, as jy verkeerd besluit betaal hulle die prys daarvoor. Jou taak is om gebalanseerde kinders groot te maak en in die wêreld te stuur. Jy wil hulle die beste moontlike geleenthede gee en indien hulle met seer sukkel is hulle klaar agter en moet juis soveel harder werk om bo uit te kom. Net soos jy as diamant moet skitter moet jou kinders ook daardie geleentheid kry, en hulle kan dit net kry wanneer jy die regte besluite neem.
Lorinda Maritz het op FB die volgende plasing gedoen
As jy nie met liefde en respek behandel word nie, kyk dan na jou pryskaartjie. Miskien het jy jouself afgemerk. Dit is JY wat mense vertel wat jy werd is deur die dinge wat jy aanvaar. Klim af van die uitverkoping rak en klim in die glaskas waar hulle die waardevolle artikels hou!
Kortom: waardeer jouself meer! As jy dit nie doen nie, sal niemand anders nie! ~ Onbekend
Kopiereg Lynelle Clark




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 64
Kommentaar telling: 12

Ek het my eerste boek in 2012 gepubliseer en my tweede in 2014. Ek hou van nuwe uitdagings en is gereeld besig om my skryfkuns te beoefen. Ek is woonagtig in Alberton, Gauteng.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 83 gaste aanlyn

Bydrae Totale