Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Deel 1 van Wonder Woman vs Diamant Diva

Deur Lynelle
Datum gepubliseer: 13 Augustus 2019 Aantal woorde: 1268 85 Kere gelees Hou van

Ek hou van die Marvel karakters, spesifiek die verskillende lede van Avengers. Ek het natuurlik my voorkeure soos Thor, Iron Man, Pepper Pots – alhoewel sy nie ‘n fisiese Avenger karakter is nie is sy tog deel van die storie en staan sterk in haar ondersteuningsrol. Captain America is ook ‘n gunsteling maar Wonder Woman is beslis die karakter wat my die meeste aantrek. Haar lewe staan vir iets meer as net ‘n vrou met bonatuurlike kragte. Die vrou, Gal Gadot, wat die rol speel is self ook merkwaardig afgesien van haar uiterlike skoonheid.
Wonder Woman straal ‘n selfvertroue uit wat sy net kon kry deur opleiding en die wete wie sy is. Tog kom sy ook nederig voor selfs by tye naïef. ‘n Ander belangrike faktor uit haar lewe is dat sy besef het om die wêreld te verander moet sy ook verander. Jy mag een feit glo maar realiteit vervang dit met ‘n groter waarheid. Dit is daardie waarheid wat jou dan vorm en in jou doel in vat.
Ons het oor die naweek weer na die fliek gekyk en ek het ‘n hele paar dinge raak gesien wat ek voorheen gemis het. Haar opleiding as klein dogtertjie, tiener en jong vrou het vir my die meeste uitgestaan die keer. Haar innerlike gemoedskwellinge was ook ‘n groot faktor. In die eerste plek het sy geglo dat dit wat sy geleer het tydens haar opleiding reg was. Maar hier op aarde, gekonfronteer met die daaglikse probleme moes sy haar innerlike oortuigings vervang en toepas om werklik ‘n verskil te maak. Niks is ooit in klip geskryf nie daarom kan dit verander word.
Vir 30 jaar het ek sekere goed geglo, en dit toegepas. Dit het my hard en ongenaakbaar laat voorkom. Maar toe, agv veranderinge in my persoonlike lewe, verander my uitkyk. Ek kyk met meer meegevoel na ‘n situasie, juis agv die pad wat ek gewandel het. Net so met Wonder Woman. Dit is ‘n paridigma skuif in jou kop as te ware. Dit kos gewoonlik intense sielsveranderinge om dit te weeg te bring.
Sy het baie goeie opleiding gehad aan die hand van haar tante, die Generaal van die weermag, die suster van die Koningin van die Amazons en haar ma. Die twee vroue het ‘n groot rol gespeel in haar ontwikkelings jare. Sy het ‘n merkwaardige vrou geword, ‘n dapper vrou wat nie weg geskram het van gevare om die regte ding te doen nie. Niks was te moeilik nie en, gewapen met haar swaard, skild en sweep het sy koeëls weerstaan, die hoogste torings bestyg en agter die lyne van die vyand ingegaan op soek na die ware vyand. Sy het verby die onmiddelike gekyk en geweet wat sy fisies sien is nie die werklike probleem nie.
Die stories wat sy gehoor het van die groot gevegte tussen haar mense en die god van oorlog was nie net stories vir haar nie. Sy het in die basiese goed geglo, soos goedheid, dapperheid, regverdigheid en liefde.
Snaaks genoeg het ek dit die week ook raak gelees in 2 Petrus 1: 5-9.
Haar eerste ontmoeting met die buite wêreld was met ‘n jong Britse vegvlieënier wat ook ‘n spioen was. Met die intrapslag het hy die 2de Wêreld oorlog na haar wêreld gebring. In sy lelikste gewaad van onregverdigheid, moord, haat, onverdraagsaamheid en bedrog. Presies die teenoorgestelde van wat sy geleer en geglo het. Sy was stom geslaan oor wat sy gesien het en moes ‘n besluit neem wat haar weg sou vat van die veilige eiland waar sy gebly het. Toe sy die ander helde ontmoet het hulle almal in haar eerste aanblik gefaal. Sy kon nie verstaan hoe ‘n leuenaar, of dronklap deel kon vorm van die span wat saam haar moet gaan nie. Sy moes ook verby hul foute kyk en besef dat hierdie mense werklik iets kan bied wat sy nie kan nie. Ons prentjie en die werklike prentjie verskil en so plaas Vader mense op ons pad om dieper te kyk, verby die eerste indrukke. Om dan ons doel ook op daardie manier te kan bereik. Dit is min wat ons iets kan vermag op ons eie. Daar is altyd ‘n span nodig, wanneer daardie span mekaar verstaan dan werk hulle goed saam. Dan is die fisiese probleme nie ‘n struikelblok nie.
Geen hindernis was te groot vir haar om te oorkom nie. Sy het reëls en natuurlike wette eenkant gesit vir die liefde wat haar gedring het om op te tree. Klink soos ‘n ander Persoon wat ons ken wat alles eenkant gesit het vir my en jou se verlossing.
Kom ek lees gou vir jou die skrif gedeelte.
5 For this very reason, make every effort to supplement your faith with virtue, and virtue with knowledge, 6 and knowledge with self-control, and self-control with steadfastness, and steadfastness with godliness, 7 and godliness with brotherly affection, and brotherly affection with love. 8 For if these qualities are yours and are increasing, they keep you from being ineffective or unfruitful in the knowledge of our Lord Jesus Christ. 9 For whoever lacks these qualities is so near-sighted that he is blind, having forgotten that he was cleansed from his former sins. 10 Therefore, brothers, be all the more diligent to confirm your calling and election, for if you practice these qualities you will never fall.
Bibles, Crossway. The Holy Bible, English Standard Version (with Cross-References). Good News Publishers. Kindle Edition.
Hierdie innerlike oortuigings het haar indestructible gemaak net soos wat dit Jesus, die Seun van God gemaak het.
Maar hierdie pad was ook ‘n ontnugterde pad, ‘n pad waar sy die harde werklikhede van nydigheid, haat, moord, leuens en algehele onvermoë moes raak sien in die hulpelose mense wat vasgevang was in die kloue van die oorlog. Sy het gesien wat dit doen aan mense wat graag net hul lewe wil lei, kinders wil groot maak en ‘n ordentlike bord kos op die tafel wil sit. Om in menswaardigheid die lewe vierkantig in die oë te kyk. Sy was plat geslaan toe sy agtergekom het dat die storie in haar kop en haar indrukke nie met mekaar ooreengekom het nie. Sy het die sondebok op die verkeerde plek gesoek en nie besef dat evil vermom kan wees nie. Is dit nie ‘n les wat ons almal leer nie?
Hierdie besef het haar grootword jare bevraagteken. En vir ‘n oomblik het sy verswak en was plat teen die grond. Maar toe die ware god van oorlog voor haar verskyn en haar konfronteer met allerhande vrae, wat op die oog af na waarheid geklink het, het sy besef wie die ware vyand van die mensdom was.
Daardie besef het haar weer op haar voete geplaas. Dit het als in perspektief gebring en toe sy teen hom baklei en weerstaan toe kom haar ware kragte na vore.
Dit is net wanneer ons platgeslaan en op die grond is wat ons die werklike dinge raak kan sien.
Net soos Jesus het die duiwel die vrou die wêreld gewys deur sy oë. ‘n Verwronge wêreld soos hy dit sien, ‘n plek waar geen liefde geduld sal word nie. In die woestyn was Jesus gekonfronteer. Al wat hy moes doen was om sy knie te buig. Die 3 versoekings het hy teengestaan op ‘n baie wyse manier. Jy sien, Jesus en Wonder Woman het die breër prentjie gesien, verstaan en het daarom besluit om nie die knie te buig nie. Jesus se besluit het my en jou gered van die ewige verdoemenis. Wonder Woman se besluit het die 2de Wêreld oorlog gestuit volgens Marvel.




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 67
Kommentaar telling: 14

Ek het my eerste boek in 2012 gepubliseer en my tweede in 2014. Ek hou van nuwe uitdagings en is gereeld besig om my skryfkuns te beoefen. Ek is woonagtig in Alberton, Gauteng.

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 112 gaste aanlyn

Bydrae Totale