Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Dartel van die wind

Deur Linda du Plessis
Datum gepubliseer: 13 Desember 2017 Aantal woorde: 203 256 Kere gelees 5

Dartel van die wind

soos die dartel van die wind
sweef jou woorde my kind
oor die sag wit vlaktes in my hart
vergeet ek al my eensame smart

soos die warrel van die wind
die rus van vrede vind
deur die drif van soel waters gaan
soekend op die wind se vlerke staan

Refrein
ek soek die vleuels van die wind
waar ek stilte kan vind
in die dartel van die wind, my kind
na die man op die silwer maan
op my soeke in my wentelbaan
waarop net ek en jy gaan

soos die suising van die wind
dans jy walsend my kind
op die windweg van my lewe
liedjie vir dit waarna ek strewe

op die vlerke van die wind
my kind
sal ek vrede vind
op die vlerke van die wind

soos die fluitspel van die wind
waar die storms kalmte vind
ek die wel en weë kan besing
wat die winde op hul vleuels bring

Refrein
ek soek die vleuels van die wind
waar ek stilte kan vind
op die dartel van die wind, my kind
na die man op die silwer maan
op my soeke in my wentelbaan
waarop ek en jy gaan

©Kopiereg Linda du Plessis 15/11/2017




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. Vonnie

      Desember 13, 2017

      Dis hoe die wind moet waai! Baie dankie vir nog ‘n inskrywing.

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 67
    Kommentaar telling: 2

    Ek was 'n onderwyseres, getroud, het drie kinders en vyf kleinkinders. Ek was vir tien jaar hooforganiseerder en bemarker van die Boertjie Kontreifees op Bultfontein (www.vollaboertjiefees.co.za) en het verlede jaar uitgetree en is nou saam met my man permanent op toer om ons passie vir ons land, die natuur en diere deur fotografie uit te leef. Ek het so twee jaar gelede uitgevind dat ek gedigte kan skryf en het sopas my 200 ste gedig geskryf en my eerste boek "Suid-Afrika deur die oë van ons lense met kiekies en gedigte" voltooi wat binnekort na die drukker gestuur gaan word. Dit het 256 bladsye, 550 foto's met 55 bypassende gedigte. Ek is op Facebook onder Linda du Plessis en Gedigte, Rympies, Foto's en Geestelike pitkos. Ek sal graag wil opgradeer na 'n betalings opsie. Baie dankie en seënwense!

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 2,941 gaste aanlyn

    Bydrae Totale